Suid-Afrikaanse data is duur. Peperduur. Ek het in die drie weke wat ons hier is R1000 aan data bestee. Wat my pla, is dat ek my foon minder gebruik as in Qazaqstan, waar ek nog in geen maand meer as 5GB data gebruik het nie. Hier trek ek al by 30GB, meer data as wat ek in ‘n maand gebruik het op die fibre-netwerk. Toe het manlief en al ons rekenaars data gebruik. Op ‘n enkele netwerk.
Lees voort “So koop ek data goedkoper in SA”Kategorie: Reisjoernaal
Sneeu in Ust-Kamenogorsk
Ek was vreeslik opgewonde om die eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk te sien. Die sneeu kom op twee maniere hier aan.
Lees voort “Sneeu in Ust-Kamenogorsk”Is ek die ewige reisiger?
Ek is gevra om ‘n artikel te skryf oor die lewe hier in Qazaqstan. Vir een van die vrouetydskrifte. Een van die vrae was of ek ‘n reisiger is. Is ek?
Lees voort “Is ek die ewige reisiger?”Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie
Ons woon sedert Maart 2019 in Qazaqstan.
Qazaqstan is die 9de grootste land in die wêreld. Meet meer as 3 000 km van oos na wes, en meer as 1 000 km van noord na suid. ‘n Land met geen oseaan nie, grens wel aan ‘n see.
Lees voort “Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie”My muse het verlof sonder toestemming geneem
Ek lag nou so lekker toe Vuurvliegie my laat weet dat die woorde vir haar woordsnoer die keer nie apart gegee word nie, want haar muse het haar so gelei.
Lees voort “My muse het verlof sonder toestemming geneem”As mens jou ore uitleen …
Jy het seker gewonder waarom ek nie oor ons dik laag sneeu geskryf het nie? En so stil is. Laat ek dan maar vertel.
Lees voort “As mens jou ore uitleen …”