Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

So koop ek data goedkoper in SA

Suid-Afrikaanse data is duur. Peperduur. Ek het in die drie weke wat ons hier is R1000 aan data bestee. Wat my pla, is dat ek my foon minder gebruik as in Qazaqstan, waar ek nog in geen maand meer as 5GB data gebruik het nie. Hier trek ek al by 30GB, meer data as wat ek in ‘n maand gebruik het op die fibre-netwerk. Toe het manlief en al ons rekenaars data gebruik. Op ‘n enkele netwerk.

Die bedrag wat ek bestee het, kon En dit sou veel erger gewees het as ek nie per ongeluk goedkoper maniere ontdek het nie.

Data is Qazaqstan is goedkoop. Ons betaal 2590 tenges vir 15G data op my selfoon, ‘n klompie data wat ek net nooit opgebruik nie. In Randwaarde is dit net meer as R100 per maand, wat 300 minute se oproepe na gebruikers van ander netwerke, onbeperkte oproepe na eie netwerke en 1000 SMS’s insluit. Ek gebruik geen van hierdie ingeslote voordele in een maand op nie.

Ons betaal ook 5000 tenges vir ons los modem per maand, met onbeperkte data. Die modem word met onbeperkte data vir een maand uitgereik. Dit is so R200 per maand, afhangende van die wisselkoers. Op die netwerk kan mens nie elke dag staatmaak nie, want die netwerk is Vrydae super stadig of sommer net nie beskikbaar nie. In die week en oor naweke is dit egter ‘n plesier om op die netwerk te wees.

Soos ek gestraft het, het ek hier al by kans R1000 aan data bestee. Ek het eers 1GB data met my ABSA toep gekoop. Vir ‘n hele R149. Dan het ek geen beltyd nie, net data.

Toe laai ek die toep af en speel daarmee en ontdek dat ek data makliker vir baie minder geld kan koop.

Dit werk so. Jy koop ‘n bedrag lugtyd met jou ABSA toep. Ek het R300 lugtyd gekoop. Dan gebruik jy die Vodacom toep om data te koop. Met die beskikbare lugtyd.

Ek het eers ‘n data-bondel vir een maand gekies. Al is ek net ‘n week of drie hier.

Om dit te doen, kies mens buy, vir jouself, dan data, onceoff en die hoeveelheid data wat jy nodig het. As jy so koop, kos 1 GB jou R99, wat baie beter is as ABSA se R149. Dit lyk of die pryse verander, maar ek kon op die dag 10GB data vir R469 kos. Baie minder as ABSA se prys, wat by die R1 500 kan draai as ek die data 1GB op ‘n slag koop.

Toe speel ek met die toep toe ek weer data wil koop.

En kry die verrassing van my lewe. Data kan goedkoper aangekoop word. As jy nie op Buy kliek nie, maar eerder op Just 4 You.

Daar is elke dag ander keuses, wat verval goed is as mens 10GB data per keer wil koop. Ongelukkig verval die 10GB binne ‘n week, maar ek het skokkend baie data nodig gehad. My data was elke keer klaar voor die week ver by was.

Ek het verlede week 10GB data vir R209 gekoop, wat beteken het dat die res van die R300 steeds vir beltyd beskikbaar was. Vandag het ek weer R300 lugtyd gekoop, 8GB + 2GB gratis. Die 10GB data my R189 gekos. Ek kon dit ook vir R159 gekoop het, maar ek het die 5GB + 5GB nie vertrou nie, gedink die 2GB en 5GB is vir die nag, wanneer ek slaap. Dit was toe nie, dus sal ek volgende keer die goedkoper een kan koop. Wat beteken dat data my R15.90 per GB kos. Teen ABSA en FNB se R149 per GB.

Wat my pla, is dat my data so vlieg. My Vodacom data vir my selfoon.

My MTN data, wat ek op my iPad gebruik om Showmax te kyk, vlieg nie so vinnig nie. Ek het ook geld op my MTN nommer gesit en toe die data met my lugtyd gekoop. Die 6,5 GB data was wel duurder as Vodacom data, maar dit hou langer en ek doen meer daarmee. MTN bied egter baie swak aanbiedinge, die enigste keuse vir vandag was 2,5GB data vir R85, wat dit nogal heel wat duurder as Vodacom se aanbiedinge maak.

As jy dus jou data by die bank koop, word jy vreeslik ingedoen. Ook as jy die buy knoppie op die toep gebruik om data aan te koop. Loer dus gerus vir die aanbiedinge op beide toeps om nie deur jou nek vir data te betaal nie.

Die is nou wel net vir 7 dae geldig, maar beslis die moeite werd om die aanbiedinge te gebruik.

Die 20GB wat ek sover aangekoop het, het my minder R400 gekos en minder as R20 per GB.

Ek besef ek kan data teen beter pryse kan kry as ek kontrak teken. Maar ek wil nie. Ek wil nie weer gebind wees nie en ek is nie in die land om die data elke maand te gebruik nie. Kan ook nie my sim by iemand los om dit te gebruik nie, ek het dit in Qazaqstan nodig om in die hande gekry te word.

Ek is ook versigtig vir Vodacom, wat, anders as MTN nie brieke het nie.

Dit help nie om te teken vir ‘n top up pakket nie. Vodacom maak die limiet oop en as ek kla, word daar vir my vertel dat ek my kontrak so mooi hanteer dat hulle dit oopgemaak het. En dan kry en aan die einde van die maand onaangename verrassings.

Ek verkies om in beheer van my uitgawes te wees. Daarom verkies ek die betaal-soos-jy-benodig simkaarte van my. Buitendien, ek het lank gesukkel om uiteindelik uit ‘n kontrak te wees. Om nie aan een gebind te word omdat ek altyd die nuutste foon wil besit nie.

My raad is dus om data weekliks aan te koop. Sodra jy vir 30 dae kies, skiet die prys op na R99 per GB, dus duisende rande vir data wat jou minder as R400 vir 20 GB kan kos.

Doen jy dit ook? En is daar nog beter keuses, want ek kan nie verstaan waarom data in SA so duur is nie.

Nou goed, ek het so pas geleer waarom my data so gevlieg het. So onder my neus het my splinternuwe iPad Pro al my foto’s van iCloud na my iPad afgelast. Dit is nou wel lekker dat die meer as 65 000 foto’s op my iPad beskikbaar is, maar kon sy nie gewag het tot ek in Qazaqstan is waar my data onbeperk is nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “So koop ek data goedkoper in SA

  1. Ek het twee internetgoed na jare se dongeldroogte. LTE-A uncapped van WebAfrica, in wese 10TB per maand @R899 en dit word geborg. Dit is ‘n Telkom Mobile produk en is 99% van die tyd aan en spoed gewoonlik rondom 14.5 mbps/

    Dan koop ek 20GB LTE vir die S7, sodat ek Skype en Zoom vrye;ik kan gebruik vir videocons. Dan kry ek 1500 minite af-net, 500 Telkom, klomp SMS en MMS en baie partytjiedata vir LIT en sulke goed. Dit kos net R500. Tweeduisend praatminute ingesluit. Dis baie redelik en die internet is altyd blitsvinning, amper so goed soos LTE-A of soms beter. Ja, dis steeds te duur maar daardie rooi netwerk is vresslik. op Telkom doen ek baie meer mer 1GB as wat Rooijan in sekondes opvreet. Telkom meet reg, die ander steel jou data baie vinnig.

    Like

  2. Dis nou interessant….ek sal hierdie weer moet lees. Ons vlieg oor ñ week na Suid Afrika….
    Jy’s so reg as jy sè die data “verdwyn”. Hier in China hou die data ook baie langer. Data is tog daar om die tegnologie beter te benut. Dis jammer dat almal dit sien as ñ geleentheid om geld te maak…dis astronomiese verskille in prys.
    Ek dink ek gaan ook meer gebruikmaak van besighede se “gratis” wifi, alhoewel baie dikwels beperk word tot n sekere hoeveelheid.
    Dankie vir die insiggewende stuk…mens kan baie vinnig baie geld onnodig bestee.

    Like

    1. Lig loop vit gratis wifi, dis ‘n gekke paradys vir kuberkrakers wat so graag tussen jou en jou kontakte se banksake wil baljaar, identiteite steel, ens.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.