Gepubliseer in Reisjoernaal

Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan

Ek dreig so lankal om te vertel van hierdie pragtige ski-oord in die Zailiyskiy Alatau bergreeks wat agter ons woonstel die suidelike grens van Almaty ontwikkel is. As ek egter deur my foto’s begin blaai, weet ek nie wat om te vat en te los nie. Dus gaan ek tog nou probeer.

Lees voort “Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan”

Gepubliseer in Reisjoernaal

Ek is nie ‘n vinkwyfie nie …

Ek skryf eergister oor manlief wat nutsman speel en die huis verfraai. Terwyl ons in die stadshuis wat in die mark is, moet bly omdat die verwers verf. Ons kon dus nie rivier toe gaan soos wat ons beplan het nie. Om die eerste twee weke van ons kinders en vriende te isoleer tot ons weet dat ons geen kiem op die vliegtuig opgetel het nie.

Lees voort “Ek is nie ‘n vinkwyfie nie …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom

Ons vlug was vir Sondagoggend, 4 Oktober om 4:45 bespreek en ons sou dieselfde middag land. Die Covid toetse mag nie meer as 72 uur oud wees vanaf die dag en tyd wat ons land nie. Drie dae. Ek wou die Donderdag al laat toets. Maar manlief en die HR bestuurder het uitgewerk ons moes dit Vrydagoggend laat toets.

Lees voort “As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan

Ons het mos die 4de Oktober geland. En toe moet ons twee weke van ons kinders en kleinkinders en naastes weg bly. Net vir ingeval ons ‘n gogga op die vliegtuig kon blyplek in ons lywe gee. Nie dat die staat dit van ons verwag nie, maar ons het dit tog gedoen. Ons bly mos nou permanent en wat is twee weke tussen familie?

Lees voort “Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan”