Van kleinsaf fassineer reënboë my. Enige deel van ‘n reënboog. En alles wat daarmee gepaard gaan – gedigte en liedjies en foto’s. Soms het ek net ‘n oomblik om die foto te neem …
Lees voort “‘n Reënboog vir my”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
The Courier Guy
Dit is nie die eerste keer wat ek van hulle gebruik maak nie, maar ek het nog nie oor hulle geskryf nie. Dus gaan ek dit vandag eers gou doen.
Lees voort “The Courier Guy”Ek kyk vir ouma se boude …
San, een van my blogvriendinne, vra dat ons skattighede van ons kleinkinders deel, die meeste van my bligvriendinne is reeds oumas. Daar is soveel skattighede, ek het geen idee waar om te begin en wat om te kies nie. Ek is darem al tien jaar ouma en met vier seuntjies is daar baie skattighede.
Lees voort “Ek kyk vir ouma se boude …”My hart pyn …
My hart pyn … Moet ek dit oorvertel? Gaan jy my glo? Ek is werklik ongelukkig. Dalk moet ek dit net uit my gestel skryf? Dit is mos my persoonlike blog. Nou wonder jy seker waarom my hart pyn? Laat ek dan vertel …
Lees voort “My hart pyn …”As my atlete presteer …
Ek kan nie help om opgewonde te raak as my oud-skoliere en atlete ook naskool presteer nie. En vandag – Saterdag 3 Julie 2021 – is geen uitsondering nie. Ek sit nog so en kyk, toe hardloop een van my hekkiesatlete op die veld – as skeidsregter vir die wedstryd tussen die Leeus en die Britse en Ierse Leeus.
Lees voort “As my atlete presteer …”Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken
Ek het in Januarie 2010 vir myself ‘n Pentax DSLR kamera gekoop. Of liewer, my suster het hom namens my in Amerika gekoop. Ek was nogal ontevrede, want sy het besluit dat ek nie die gewone lens nodig het nie en so onderhandel dat ek eerder ‘n teleskooplens kry. Sy teleskopiese lens kan tot 250m infokus om my te help om goed baie nader te bring. Maar waarvoor sou ek dan soveel wou hê?
Lees voort “Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken”