Gepubliseer in Joernaal

The Courier Guy

Dit is nie die eerste keer wat ek van hulle gebruik maak nie, maar ek het nog nie oor hulle geskryf nie. Dus gaan ek dit vandag eers gou doen.

Ek het die eerste keer van The Corier Guy gehoor toe Toortsie oor hulle op haar blog gesels het. Sedertdien het ek hier in die Noord-Kaap drie keer met hulle te doen gehad, ‘n vierde keer sal oor die nweek geskied.

Die eerste keer het Carmién van hulle heerlike rooibostee met behulp van hierdie spoedposdiens aangestuur. Dit het al die pad van Clanwilliam af gekom, oor die naweek reeds begin reis en my so drie dae later bereik. In Kuruman. Ek het vertel dat die pakkie eers na Kaapstad lughawe is, daarna na Johannesbur en so om by my in Kuruman uitgekom het.

Die tweede keer het ek ‘n lens vir my Pentax van Johannesburg af bestel. Die lens is sowaar die een middag by die plek gaan haal om die volgende dag voor eenuur by my afgelaai te word.

En toe het ek Donderdag dringend ‘n pakkie van skoondogter af nodig. Ek het die bestelling via hulle webwerf gedoen, die vormpie ingevul, gevra dat dit voor 5 opgelaai word en dat dit die volgende dag voor 14:00 by my afgelewer sou word.

Want … ons het beplan om 14:00 te ry om ‘n laaste wegbreek in die Nood-Kaap te doen voordat ons wegtrek.

Die wegbreek moes gekanselleer word omdat manlief olik is. Hy is al sedert laas week Vrydag olik. Donderdag het hy egter baie sleg gevoel, huis toe gekom en deur die nag ‘n koors ontwikkel. Ek het hom vandag (Vrydag) dokter toe gevat. Net om seker te maak of hy dalk ‘n virus ingekry het.

Die kourier ou is dus verniet aangejaag. Dit het my egter presies laat besef hoe deeglik hulle is. Die pakkie is werklik oornag gestuur, ek het dit reeds voor 11 gekry. Ongedeerd soos al drie vorige pakkies.

Ek kan hulle met ‘n geruste hart aanbeveel.

Hulle is nie noodwendig goedkoop nie, maar ek is altyd bereid om meer te betaal vir goeie diens.

En ‘n maatskappy wat verstaan dat die volgende dag nie voldoende is as ek iets vandag nodig het nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “The Courier Guy

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.