Gepubliseer in Joernaal

Waarom lees jy my blog?

Ek lees die naweek ‘n mede-blogger se artikel oor blogging. Wat sal die regte Afrikaans wees? Ek dink nie ek hou van ViVa se “werfjoernalis” vir blogger nie, my blog is nie ‘n werf nie. Werf het ‘n ander betekenis as jy op ‘n plaas grootgeword het. Daar is nie ‘n voorstel vir blogging nie. Ek gaan sommer net blog en blogger en blogging gebruik. Alhoewel hierdie blog my persoonlike joernaal is.

Lees voort “Waarom lees jy my blog?”
Gepubliseer in Joernaal

Ons is te besig om huis te groet …

Ek was van Donderdag af stil. Doodstil. Want ek het ‘n wilde naweek agter die blad. En ek voel vandag eers half mens. Steeds doodmoeg. Miskien omdat ek die hele dag gesukkel het om ‘n artikel vir ‘n bloguitdaging te skryf. Nou goed, nie die hele dag nie, maar tot naby 11 uur nadat ek net na vyf al begin het. Omdat die blok-redigeerder van WordPress ‘n nagmerrie is. In my boek voel dit soos ‘n hele dag.

Lees voort “Ons is te besig om huis te groet …”