Gepubliseer in Joernaal

Kleinkindpret: Kaasboot

Ek het nou die dag vertel dat ek ‘n onweerstaanbare kaasterk (kon) bak. Lollasegoete, ek toets, die resep is verlore, maar ek toets. Ek gaan dit een van die dae reg hê, dan deel ek die resep.

So maak ek Sondag melktert (kleinseun melkperd dit steed( en kaastert om saam te vat om by seun-hulle te braai. Ek oefen, daar is ‘n klein klits in die Wes-Kaap wat my koek- en terk maak vermoëns beter gaan moet gradeer as ‘n laaste op my lysie wortelkoek …

Iedergeval, die familie hierdie kant, insluitend sy ander oupa, is beïndruk, hulle sê ek kan maar maak, geen oefen nodig.

Kom die vaardighede net weer terug? Ek weet ek het die melktert resep dadelik herken toe en soek en soek na my ma se melktert resep. Veral toe ek deur die metode lees. Dit is hoe mens dit bak.

Gisteraand bring skoondogter my bakke terug, en sy vertel kleinseun noem die kaaskoek ‘n kaasboot. En hy is mal daaroor.

Hoe gaan ek die twee resepte dan noem wanneer ek dit deel:

Ouma Christa se melkperd en Ouma Christa se melkboot?

Waarom nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Kleinkindpret: Kaasboot

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.