Gepubliseer in Joernaal

Gastro is nie ‘n speelmaatjie nie

Ek kan nie melk produkte drink nie omdat ek laktose weerstandigheid ontwikkel het. As ek ingekry het, is dit nag, want dan moet ek vir dae lank weet waar die naaste toilet is.

Dit beïnvloed my lewe omdt dit nie net gstro gee nie, maar ook erge pyn veroorsaak. Dus maak ek seker dt ek geen botter, kaas, joghurt of melk inkry nie. En eet ek ook nie koeke en terte nie. Die pyn en ongemak wat daarmee saam gaan, maak dit ‘n baie dom besluit om wel te eet.

So is ons Saterdagoggend in die dorp. My sus en haar kinders kom kuier en ons wil vleis koop. Langs ons gunsteling slaghuis, Mondanette in Irene Link, is ‘n koffieplek met die naam The Daily.

Ek het l vn ons besoeke aan ‘n The Daily in Kathu vertel. Dit was ‘n lekker plekkie. Daarna het ons The Daily by Southdowns getoets, en dit was nie ‘n goeie besluit nie. Die diens was power. Ons het al voorheen by The Daily in Irene Link geëet, en dit was ‘n aangename ervaring.

Ek is al so moeg om rooibos met suurlemoen en heuning te kies, dat ek Saterdag healuit het om hulle Latte met amandelmelk te probeer. ‘n Melk wat niks aan my doen nie. Mits die masjien natuurlik skoon is waarmee die skuim gemaak word.

Daarom het ek gevra of hulle dit skoon kan was, melk maak my siek. Nadat ek hart en mond belowe is dat dit skoongemaak sal word, het ek bestel. Want ek maak dit self met my Nespresso, sonder enige ongevalle.

Wel, hulle het gejok.

Die koffie was skaars in, toe moet ek ‘n toilet in die sentrum gaan soek. En so het my Saterdag en Sondag verloop.

Saterdag het ek in pyn gesit en kuier, gebid my gaste sien nie hoe seer ek het nie. Die hele nag lank moes ek die toilet besoek.

Sondag het manlief gholf gespeel en ek was die hele dag siek in die bed.

Vanoggend word ek weer in pyn wakker, maar ek kon darem geslaap kry.

My normale medisyne werk die keer nie.

Dus sal ek waardeer as jy dalk die name kan gee van medisyne wat ek kan toets. Of selfs medisinale kruie.

Ek is so lus om die bestuur van The Daily te gaan sien. Hulle is onbewus daarvan dat mense laktose weerstandig kan wees. Het tot botter op my geroosterde broodjie gesmeer, wat ek moes terug stuur.

En nou laat dit my wonder. Het die kok of kelner hom gewip omdat ek kos terugstuur en iets aan my kos gedoen? Ek was nog nooit so siek nadat ek melkprodukte ingekry het nie. Moes wel die hele tyd toilet toe hardloop, maar pyn was nie deel van die pakket nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Gastro is nie ‘n speelmaatjie nie

  1. Stem saam met Seegogga. Mense besef nie hoe gevaarlik allergieë is nie. Op die vlug van Schipol en Glasgow was n passasier met neutallergie en die lugwaardin het die passasiers belet om selfs pakkies neute net oop te maak. Maar jy moet dalk ook weer bietjie laat kyk na dit want hoekom werk die meds nie?

    Liked by 2 people

  2. Ek sou maar ‘n woordjie gaan spreek het met die bestuurder – shame, dis baie sleg om so siek te word. Ek het ongelukkig nie raad nie … maar ek kan dit vir jou se: My ouma het geglo aan Lennon se medisyne en ek het altyd ‘n paar verskillende botteltjies hier in ons kas om met alledaagse kwale te help. Sterkte, ek hoop jy voel teen die tyd al beter.

    Liked by 2 people

  3. Christa, konvensionele meds ( en ek sidder om dit te sê) soos Buscopan kan dalk help met pyn, baie sleg en verleng healing proses; beter en gebruik warm water sak. Kruie dinge alles met Peppermint, as jy peppermint olie kapsules kan kry, of drink die tee, soveel koppies jy kan. As jy kan meng met Camomile en sit bietjie heuning ( regte heuning) in. Kry activated charcoal en drink, is ‘n binder en sal alle toxins uittrek, alles lyk swart wat uitkom en is normaal. Warm goed drink help met spasma gevoel, as jy koud drink regte appelsap of peer sap. Kry ook Swedish bitters ( drink in appelsap), help digestive sisteem weer meer normaal funksioneer. Water, water, water- jy moet uit flush, sit knippie pienk sout in elke 500ml bottel wat jy drink vir elektroliete, drink 1 keer per dag rehydrate sakkies. Geen kool familie, bone, lensies nie. Ligte soppe as jy kan, en moenie lag nie- slaap. Sterkte🌻🤗

    Liked by 1 person

      1. Jou sisteem hipersensitief vir laktose, lees ook vir alles met Casein in en vermy. Vlg 3 maande op probiotics ( niks wat in yskas moet gaan nie) en digestive enzymes drink so halfpad wanneer jy eet. Dischem het eie brand met gemmer in, wonderlike produk, kry ook hulle milk thistle met dandelion in, jou lewer ook support nodig vir detox,🤗

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.