Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret – die donker bos

Goeie genugtig, ek staan verstom oor die woordeskat van ons driejarige kleinkind, wat maar so pas drie geword het.

So kuier hy gister by ouma terwyl mamma siek by die huis is. Dit is nou nadat beide dokter toe was.

Ons kyk eers Pawpatol (Paw Patrol) – en hy verduidelik vir my hy wil die movie sien en nie iets anders nie. Toe die bladsy wys wie die skeppers is, was hy tevrede, ons kyk die movie en nie iets anders nie!

Later gaan stap ons op die gholfbaan. Ek vra toe ons wegstap dat hy nie vinnig ry nie – dit is afdraende na die t-aansluiting toe. Hy trek weg en die fietsie val om, sy kniegie seer. Ek het gesê hy het darem nie seergekry nie, toe trek hy die langbroekie af en wys vir my. ‘n Babadruppeltjie bloed op die kniegie.

Dit het pleister nodig, volgens hom. Maar ek kan onderhandel dat ons kan plak nadat ons terug is. Ek drukkie en soentjie darem en sê ek is so jammer hy het seergekry. Later toe pappa al hier is onthou ek van die plekkie en sê hy moet gou sy broekie aftrek dat ek die pleister plak. Hy het mos vir my gewys dat sy broek se “mou” nie op kan trek nie toe hy die eerste keer gewys het.

Die onderbroekie, waarna hy as onnie verwys, word ook afgetrek en pappa keer, nee daai moenie af nie, ouma kan die plek sien as die broek af is. Ek lag net lekker, die kind is oulik verby.

So van broekie gepraat, hy het iewers in die middag vir my gesê dat hy ‘n wind gelaat het. Ek wou weet of die laatste letter van poe … ‘n p of ‘n f is. Toe word die broekie en onnie afgetrek, sien ouma, daar is geen poef in my onnie nie!

Van onnies gepraat, moet ek bieg dat die enigste onnie wat ek ken ‘n onderwyser is – onnie. Ons het altyd van onnies gepraat. Maar, dit wil voorkom asof die stad se kinders van onderbroeke ook as onnies praat. So was ‘n klas by Florida Hoërskool baie verras toe ek eendag gevra het dat hulle iets vir hulle onnies moet wys.

Op die gholfbaan het ons lekker gespeel. Hy het tot ‘n sirkel in die sand gemaak, ons mag na die speeldag verby is. Dit word soggens weer glad gestoot.

En toe verras die kind my toe ons terugstap huis toe. Ons stap in die laatmiddagson op die paadjie, daarom was dit nogal donker onmder die bome langs die baan. En toe vra hy:

“Ouma, kan ons in die donker bos speel?”

Ek dog ek eet hom op.

Donker bos!

In die donker bos was ‘n kat wat amper soos hulle Splinter lyk en hy wou net gaan optel. Ek het egter al gesien hoe hulle Splinter hom stukkend gekrap het, dus was die antwoord nee.

Toe sien ek ‘n hoppende dingetjie en sê dat ons na die hasie toe moet stap. Hy het my een kyk gegee en gesê dat dit ‘n hond is. En sowaar, toe ek mooi kyk, is dit een van daardie hondjies metdie lang hare wat baie mense in hulle handsakke dra. Weer wou hy optel en weer het ek gesê ons tel liewer nie ander mense se honde op nie.

Die woef het ook ewe kordaat vir ons gestaan en blaf. Asof ek vir so ‘n klein hondjie moet skrik.

Ons speel steeds negatief. Toe hy in die kar klim, sê hy vir my dat hy NIE die swart kar vir my gaan teruggee NIE! En ek sê hy kan maar lekker daarmee gaan speel, al weet ek dat hy baie karretjies het.

Hy is steeds siekerig, ons kleinkind wat in die drie jaar wat hy by my en mamma gebly het geen siektes gehad het nie.

Ai tog, kleuterskole is nie alleen baie duur nie, die mediese uitgawes per maand is amper net so erg voor die klasgelde.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Kleinkindpret – die donker bos

  1. Ja, as hulle so klein is, is daar elke dag nuwe woorde en sinne. Dis wonderlik om dit te hoor … ek onthou toe my broer se dogtertjie so klein was en elke keer wat sy ‘n nuwe woordjie gebruik het, het ek my oe so groot gemaak en dan het sy gekraai van die lag. My broer het altyd gese ek het haar letterlik aangepor om elke dag nuwe woorde te gebruik, want sy wou sien hoe ek “groot oe” vir haar maak 😁. Geniet jou kleinkind – dis ‘n heerlike tyd!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.