Ons was vir ‘n week see toe, week omdat dit baie ver is om vir naweek te ry. En naweek moes ons daar wees want my dollatjie het 40 geword.
So kuier dollatjie en haar drie seuns by my terwyl mamma weer gaan hardloop.
Ek het wortelkoek kolwyntjies gebak.
Oudste eet daarvan, so sonder versiersuiker. Sê dit is baie lekker.
Middelste sê nee dankie, hy wil nie wortelkoek hê nie.
Jongste verras my uit my skoene uit:
Hy eet nie wortelkoek nie. Eerste op sy lysie is sy ander ouma se kaaskoek, daarna sy ander ouma se sjokoladekoek en heel laaste op sy lysie is my wortelkoek.
Nou ja toe. Sommer so sonder om eens te proe!
Dit was die eerste keer in my lewe wat ek die hand aan wortelkoek geslaan het, ek het nogal van die uitkoms gehou. Manlief ook. En so, sonder om te proe, moet ek hoor dat my wortelkoek heel laaste op sy lysie is.
Ek kan hom seker nie kwalik neem nie?
Sy ander ouma bak vir ‘n lewe.
Ek sal maar aan ander bederfies as koek dink as hy weer kom kuier …
Ek bak selde. Sedert ek in 2018 gehoor het dat ek laktose-weerstandig is, bak ek nie koek nie. Toets ek nie nuwe koeke nie. En dit was my redding in Kazakhstan waar die vrouens blykbaar die lekkerste koeke bak. Ek het nooit geproe nie.
Uit die mond van die suigeling- wat nog nie eers geproe het nie! Gelukkig hou jou man daarvan!
LikeLiked by 1 person
Jong, manlief hou nie van wortelkoek nie, moes maar proe. Maar sy ou oet het sommer meer as een geëet.
LikeLiked by 1 person
Daar is snaaks genoeg heelwat mense wat nie van wortelkoek hou nie.
LikeLiked by 1 person
Ek kan verstaan, ons eet oor die algemeen nie eens wortels nie. Maar, die kind wat nie eens proe nie en dan myne laaste op sy lysie sit, vat die koek.
LikeLike
Jong kinders kan baie eerlik wees 🙂 As jy nie die woord ‘wortel’ gebruik het sou hy meskien wel geproe het en dit lekker gevind 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit is baie waar, my dogter het gesê ek moet sê kaneelkoek, maar ek kon nie jok nie.
LikeLike
Nou ja, die eerlikheid van ‘n kind kan soms nogal ‘n teer puntjie wees, ne 😉. Maar dit is ook so dat of jy hou baie van wortelkoek of glad nie … kan dit wees omdat daar dalk ‘n groentetjie by betrokke is?
LikeLiked by 1 person
Ek wonder ook. Self hou ek nie van die koek nie, ek dink dit is oor die neute daarin.
LikeLiked by 1 person
Wortelkoekies wat nie soet is nie en effens na kaneel smaak is my gunsteling
LikeLiked by 1 person
Jy som diy mooi op. Dit was nie soet nie, maar ek wonder of ek weer sal bak.
LikeLike
Wortel, was die doodslag. Hoe wil ń klein seuntjie nou groete koek eet? My gunsteling koek, na gebakte kaaskoek, moet ek bely
LikeLiked by 1 person
Ek dink mens word net nie daarmee groot nie. Dit was baie snaaks
LikeLike