Gepubliseer in Joernaal

1.9 meter water op vloer – vloed 2023

Ons het toe gister gaan kyk hoe erg die huis deur die vloed getref is. Want die Departement van Waterwese se dieptemeters is baie verkeerd, die rivier was by ons nie 6.9 meter diep nie.

Nie volgens ons wat te foto’s nie.

Dit was baie dieper, het nooit so ver in die pad opgestoot na die stoor toe nie. Het nog nooit die wag se huis ingegaan nie.

Foto’s van Vrydag en Saterdag het gewys dat ons tot by die huis sou kon kom. Sondagoggend s’n ook terwyl ons soontoe ry. Die rivier is besig om na sy eie pad terug te keer.

Dit was een morsige gemors om tot by die huis te loop. En dit het nogal gestink. Soos vlei, daardie reuk van nat leemgrond in water waarin visse swem. Nie lekker nie.

En moes om die huis met my skoene aan loop, as ek uittrek wil my voete onder my uitgly. Veral by die trappie op na die stoep. Toe kom ons wag en hou sy skouer vir my dat ek aan hom kan vashou om nie te val nie.

Ek het dit as ‘gentleman” beskou. Die omgee dat ek nie seerkry nie was regtig spesiaal. Hy het ook water gaan haal dat ons voete kan was, dit was die ene modder, maar daai soort wat grys word as dit droog word. En weer glibberig word as dit nat word. Ek verkies rooi grond.

Die kombuiskaste het toe water gekry, die goed daarin is aan gemors. My koppies en pierings en goed het ook rivierwater gekry. Ek sal alles baie mooi moet was as dit eers skoon is.

Hy maak die huis die week skoon, ons sal Saterdag weer gaan en verder skoonmaak. Maar, ek dink hy sal teen dan al goed deur die huis wees met skoonmaak. Want … Saterdag sal ons die woonstel moet skoonmaak. Sy deur was vasgeswel, kon nie oopkry nie.

So lyk dit daar, ek het nie ingegaan nie, was nie lus om in daardie gemors te gly nie.

Iedergeval, die vloed is oor, die water is uit die huis.

En ek bid … kan ons asseblief iemand in die Departement kry wat nie om politieke redes in die pos is nie, maar wat data kan vat om vroeër te besluit om sluise oop te maak.

As daar vroeër oopgemaak is, was die skade dalk gering. Het die water dalk soos November tot by die huis kom, en dan soos ‘n drakie teruggesak.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

21 gedagtes oor “1.9 meter water op vloer – vloed 2023

  1. Maar Christa, jy wéét mos hulle kannie somme doen nie! Ai skuus, ek moes. Ek is regtig so jammer vir julle wat deesdae deurloop agv ander se kortsigtigheid. Ek is net dankbaar julle meubels was nie daar nie. ( ek hoop nou net nie hulle was in daardie stoor nie). Maar kontak joy versekering. Hulle sal alles regmaak. Dit het eenkeer hierop Struisbaai ook gebeur en my vriende se huis is deur die versekering herstel, oorgeverf, ens

    Liked by 2 people

    1. Dankie Seegogga, ek waardeer dit baie. Ek dink die huis is net vir struktuurprobleme verseker, maar ons kan gerus kyk wat die versekering sê. Nee, die stoor in in 2010 gebou na die eerste vloed, baie ver van die water af. Dit was nog ver daarvandaan … en dan moet dit ook klim om in te gaan. Dit was so sleg om nie die regte hoogtes te kry nie.

      Like

  2. Jong, mens speel nie me water nie. Die oopmaak van sluise kon regtig beter beplan gewees het, maar nou ja die water is bo-oor die brug en verby. Dis darem steeds ‘n klomp water wat daar verby is. Dis die slik wat dit so moeilik maak om skoon te kry. Hul het hier nog sewe dae noodtoestand bygevoeg om mense te help wat alles verloor het. Sterkte.

    Liked by 2 people

      1. Het jy nie gehoor van siklone wat heerlik hier amok maak nie. Gabrielle het verwoesting gesaai. Baie mense het alles verloor, nie net inhoud nie maar hele huise wat weggespoel het Dit gaan nou al vir vierde keer wat noodtoestand me nog 7 dae verleng is.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.