Ek gan nou doen wat ek altyd doen as ek nie tyd het om al die opleeswerk te doen nie. En my probleem stel dat vriende en vriendinne wat reeds deur die proses is my kan help.
Ek kry nou gereeld op my tablet die boodskap dat ek die Jetpack App moet aflaai. Omdat ek nie van baie toeps op my tablet hou nie, steur ek my nie daaraan nie. Ek is heel tevrede met die jetpack wat ek het. Asdie ander een nuwe data gee, gee ek nie regtig om nie. Inteendeel, as ek nie meer daagliks lees dat die twee ongenooide lesers in Griekeland my agtervolg nie, sal dit HEERLIK wees.
Maar, vanoggend gesels vriendinne in ons WA-groep, wat gebeur met hulle webwerwe as hulle na Jetpack oorskakel. Ek wysneus smmer dadelik dat Jetpack net data is, maar een van hulle is steeds bekommerd, wat gebeur met haar webwerf.
Nou kyk, toe moet ek oor die goed gaan oplees, want as daar een ding is wat my rooi laat sien, is dit as tegnologiese goed wat gewerk het deur een of ander belaglike tegnoloog verander is om nie meer te werk soos dit gewerk het nie.
Soos Mendeley. Ek gebruik dit jare om my verwysings vir my te doen en om die bronnelyste saam te stel.Geniet dit so baie dat ek selfs ‘n kursus daaroor geskryf het. En wat doen hulle toe om Gates en Microsoft te probeer beïndruk? Hulle gaan staan en verander daaraan. En skielik werk goed nie meer soos dit gewerk het nie.
Ek kan byvoorbeeld nie meer die bronnelys staties maak nie. ‘n probleem met epidermiese proporsies aangesien ek elke bron oor moet intik. As daar so 70 bronne is, is dit ‘n probleem wat my M@@r-meter die hoogte instuur. So kwaad is ek dat ek vir hulle e-posse stuur en hulle baie mooi vertel hoe pateties hulle is. Om maande later uitgenooi te word om by paneel aan te sluit om te help om probleme op te los. Was daar soveel klagtes dat hulle nou eers by myne uitkom?
Iedergeval, ek var nou hulp en raad asseblief.
1) Soos ek verstaan verander die WP-toep sodat die stats en reader en lesers en bykans alles nie meer deel daarvan is teen Maart nie. Maar, as ek net wil tik, kan ek dit steeds gebruik. Wie de ongeluk het gedink dit is ‘n oulike gedagte? ‘n Moroon?
2) As jy die skuif reeds gemaak het, hoe werk dit. Ek is seker dit beïnvloed nie mens se site adres nie, dit gaan steeds http://christavanstaden.com wees. Soos wat ek dit op http://wordpress.com sien. Sommige van my vriende is bang dat hulle sites se adresse ook gaan verander. Ek is seker dit gaan nie wees nie, maar ek gaan NIE die skuif maak NIE! Nie voordat probleme uitgesorteer is soos wat hulle tans met Mendeley doen nie. Eers nonsens aanjaag en dan stuk vir stuk reg maak. Maar, het jy die skuif gemaak en werk dit reg?
3) Soos ek verstaan is die Jetpack-toep probleem net as ek die toep op my tablet of foon gebruik – dus ON THE GO soos hulle sê. Dit het niks te doen met WP soos wat dit is as ek na http://wordpress.com gaan nie. Indien wel, tik ek veel eerder dit elke keer in Google of Safari in as wat ek ‘n skuif maak.
EK HAAT SUKKEL met goed wat gewerk het.
Help asseblief, werk dit?
Dankie Christa! Kom ons kyk wat gebeur. So nou bly ek ook eers net hier. En ek tik eers my goed op word en copy en paste en as hulle waag om weer my goed af te vee, het ek ‘n backup! (O taal, my taal, my soetste taal….)
LikeLiked by 1 person
So dit is jou probleem vriendin, hulle vee jou goed uit? Is dit daar as jy na https://wordpress.com gaan en daar kyk?
LikeLike
Nee dit was op n ander wordpress blog net vir my akkommosie. Foto’s van Erika nou terug( ek moes dit weer oplaau, en almal nou bo.
https://seegogga.com/accommodation-struisbaai-and-agulhas/
LikeLiked by 1 person
Ek het op ‘n stadium ‘n blog op Maroela Media gehad toe hulle nog blogs aan lede van die publiek beskikbaar gestel het. Hulle doen dit nou glad nie meer nie. Ek onthou ek het op ‘n stadium Jetpack gebruik om van WordPress.com na my Maroela Blog toe te post. Ek het die web weergawe gebruik en nie die selfoon app nie. Dit verander nie jou webwerf nie, so ver ek weet help dit jou om makliker te post na jou selfhosted blog toe vanaf WordPress.com of soiets.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit help baie.
LikeLike
Ek hou nogal van Jetpack, maar ek gaan nie sommer na ‘n nuwe app oorskuif nie.
LikeLike
Ek hou hier dop, om saam met jou te hoor van die volksvreemde goed. En ja, ek stem saam: ek haat goed wat veranderinge bring aan iets wat gewerk het.
LikeLiked by 1 person
Veral as mens dan met sukkel met iets wat gewerk het. Sjoe, dit krap my sommer om net om daaraan te dink dat mens nou weer gaan sukkel. Ek is ook nie so tevrede daarmee om my persoonlike inligting wat ek aan WP toevertrou het met JetPack te deel nie.
LikeLiked by 1 person
Vir die meeste van ons is die gewone WordPress apps heeltemal voldoende vir ons blogging en het ons nie nog goed soos Jetpack nodig nie. Dis maar op die ou einde net bemarking van ons gasheermaatskappy omdat hulle die produk self ontwikkel of oorgekoop het en nou ons wil ooreed om die goed te toets en te gebruik. Dis soms net ekstra komplikasies.
LikeLiked by 1 person
Ek stem, maar lyk my die ou WP app gaan amper onbruikbaar wees. Ai tog, ek hou nie van komplikasies as my lewe reeds gekompliseerd is nie
LikeLike
Ek verstaan nou nog minder as ooit…ek het nog nie weer geblog nie.
LikeLiked by 1 person
Hi, ons mis jou, jy moet weer skryf
LikeLiked by 1 person
Een van die dae🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Ek het geskuif en dit lyk my al my goed is nog hier
LikeLiked by 1 person
Wonderlik, ek sien nie kans om te sukkel nie. Dit is goed as dit werk.
LikeLike