Gepubliseer in Joernaal

2023 – ‘n jaar wat sover net skok …

Sjoe, ek wil nie swartgallig klink nie, maar hierdie jaar het soveel skokke gebring dat ek wonder of dit ons jaar van emosionele stres gaan wees.

Op 3 Januarie 2023 het ek nuus gekry wat my fondamente geskud het, wat alles vooraf soos niks laat lyk het nie, en wat my met nuwe oê na die voorafgaande weke laat kyk het. Wat dit is, kan ek nie vertel nie, want dit is nie my storie om te vertel nie. Maar, die impak daarvan laat my oê traan oral waar ek gaan en sien wat ek liewer wil miskyk.

Einde Januarie, na weke se terugneem na veeartse, kry ek die skokkende nuus. My Shilo, my hart se punt, se been is nie deur iemand beseer nie. Die ding is in hom, kanker eet aan die senuwees in sy pelvis. Hy kan nie eens gered word nie, die kanker sit op ‘n plek waar dit nie uitgesny kan word nie.

So week gelede kry ons die foto’s van die wag op die plaas, Ons huis staan diep in die water, die syfers wat die Departement van Waterwese op die webwerf plaas, is verkeerd. Die water is nie 7 meter hoog nie, dit is veel hoêr. En die water gaan nie vinnig uitgaan nie, die Valsrivier bou dit op waar dit in die Vaal instroom. Ons huis staan steeds in die water, maar dit het al so meter gesak.

En Dinsdag kry ek weereens skokkende nuus. Ook nie iets wat ek hier gaan uitblaker nie. Want ek is blykbaar ‘n onvergeetlike mens, die twee in Griekeland kan my net nie uitlos nie. Hulle lees steeds lustig saam, wil weet wat in my lewe aangaan. Ek wens WordPress wil my nie meer vertel nie ,.,,

Maar, die jaar het ook sy vreugdes, dus moet ek nie teen die donker gate vaskyk nie.

Shilo kan sy pyn steeds goed hanteer, en ek koester sy laaste daggies of wekies saam met my.

Die water is besig om uit die huis te trek, ons behoort teen Sondag tot by die huis te kan kom om skoon te gaan maak. Nie Sondag nie, dit moet maar eers droog word dat ons in die huis kan inkom. Die houtdeure sal nog pof geswel staan.

Ons is gesond, gelukkig, en dit is iets om voor dankbaar te wees. Sommer baie, want dit kan ook in sekondes van ons weggeneem word.

Ons sou einde Januarie in die huis gaan terugtrek het, toe skop ek so ‘n groot kabaal op dat manlief van sy planne afgestaan het. En dit sou twee trekke veroorsaak het, een in en ‘n baie vinnige een uit. As ons sou kon gaan uittrek, want die waterlesings is so verkeerd dat ons te laat sou geweet het daar is die keer gevaar.

Daar is nog tien maande van die jaar oor. Ek bid vir geen verdere skokke nie, my gestel moet nou eers kans kry om te herstel.

Die wat nog kom, is voorspelbaar, ek gaan besluit oor Shilo moet neem as hy die pyn nie meer kan hanteer nie. Daarvoor het ek kans gekry om gereed te maak. Ek is deur stadiums van rou – de ongeloof, die kwaad, die aanvaarding (al kan ek nie aanaar dat ek oor ‘n lewendige woefkind se lewe gaan moet besluit nie …hy is nie sieklik nie,kanker neem sy agterlyfie oor.

Daar is tog soveel rede vir geluk.

My pa was siek en is gesond. My ma het haar vinger amper verloor met ‘n strykplank en sy is aan die herstel.

My blogvriendinne en vriende is daar om te troos as ek hier gesels oor die seer wat my jaar omvou.

Een artikel is deur die eerste fase en die tweede een amper gereed om die proses te betree. En dan het ‘n PhD student wat ek met sy skryfwerk gehelp het, nie alleen geslaag nie. Hy het ook ‘n artikel aan my gestuur wat verder uitgebou moet word – ek moet asseblief sy medeskrywer wees. Dus drie artikels in die pyplyn, waarvoor my inkomste gesny gaan wees omdat ek twee saam met ander mense skryf. Maar wie kan kla – dit tel as drie uitsette en nie twee nie …

Ek is gelukkig.

Ek moet net meer fokus op die gelukkige oomblikke.

Al wil ek die laaste syfer van 2023 nie soos in my prentjie aandraai na 2023 nie, ek wil dit met alle mag terugdraai na 2022 toe, die 16 de Desember om presies te wees …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “2023 – ‘n jaar wat sover net skok …

  1. Soms is dit hoe die lewe draai, ne liewe Christa. Ek het juis nou-net terwyl ek ons bed opgemaak het, gedink hoe moeilik ons jaar begin het … maar ons is nog hier (soms voel dit jy hang aan ‘n fyn draadjie), maar met gebed, geloof en ondersteuning van dierbare mense om ons, haal ons nog elke dag asem. Die uitkoms is nie altyd soos wat ons dit wil he nie, maar daar is gewoonlik ‘n uitkoms. Byt vas en staan sterk ❤️.

    Liked by 2 people

  2. Dis rerig nie ‘n lekker manier om ‘n jaar so te begin nie. 2022 was vir my so jaar, en ek het regtig nie gedink ek gaan oorleef nie, maar hier is ek om jou te bemoedig en aan te cheer. This too shall pass. Sterkte met Shilo, daai ene is baie moeilik. En you go girl, vir die nuwe goed!

    Liked by 1 person

  3. Ons moet aanhou vorentoe kyk. Ek voel elke week asof ek die jaar moet oor begin, want hierdie jaar is vir my ook seker een van die moeilikste sover. Oor ‘n paar maande hoop ek om weer myself te wees … as ons agtertos kyk na ‘n lang tyd besef ons dat wat nou so donker lyk meskien nie so erg was nie. Ek wens jou nog meer gelukkige dae saam met Shilo.

    Liked by 1 person

  4. Mag die maande vorentoe tog vir jou verligting bring, Christa. Mag ons Vader se vreugde en rus jou oorrompel soos net Hy te werk kan gaan. Baie, baie sterkte met Shilo.

    Liked by 1 person

  5. Ek is so jammer om te hoor van al die rampe (seer en ellendes) wat julle getref het. Dat jou hondekind so moet ly. Hulle raak mos soos mens se kinders. Oe, dis so jammer oor julle huis. Ek het die storm foto’s so vinnig deurgescrol saans voor ek gaan slaap het (op Facebook) en almal so jammer gekry en gewonder hoe mens skoonmaak en van voor begin. Dis so mooi en bemoedigend dat jy nog steeds die positiewe in die lewe raaksien. Sterkte en staan sterk met jou positiewe uitkyk.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.