Gepubliseer in Joernaal

Shilo het kanker …

Shilo is Maandag in vir ‘n MRI omdat die probleem nie met x-strale opgespoor kon word nie. Die resultate is skrikwekkend.

My baba het kanker. ‘n Massiewe ding het homself tuisgemaak by sy pelvis, en in by die senuwee by sy linkerkantste agterstebeentjie.

Hy is toe nie beseer soos my veearts gedink het nie, die kanker druk teen sy senuwees. En is op so ‘n plek dat dit nie uitgesny kan word nie. Sy pyn kan beheer word, sy kanker nie.

En my hart is stukkend.

Ek het lankal besluit ek gaan nie weer hondjies hê nie. BB, Bekka en Shilo is my laaste kinders. Ook omdat ek self ouer word. Al is hulle my beste maatjies, my vriende wat my nooit verkwalik as ek kwaai was nie. Altyd bly om my te sien.

Ek het altyd gedink hulle sal in daardie volgorde hemel toe gaan. Nie gedink my baba sal eerste gaan nie. Shilo word 23 Februarie 10 jaar oud. Te jonk vir ‘n Schnauzer om hemel toe te gaan.

Ek en die spesialis het gepraat, hy is nog nie daar waar mens ‘n besluit oor lewe of dood moet neem nie. Ek het tuis besluit ek sal my baba oppas tot die tyd op aarde verby is. Ek gaan hom nie laat stil maak nie.

Hy kla nie, hy huil nie.

Nevan was anders. Hy het soveel pyn gehad dat hy dag en nag gehuil het.

Shilo wil net by my wees.

Volg my deur die huis, daarom het ek nou oulike hokkie gekoop waarin ek hom kan laat slapies as ek op en af moet hol.

Want, dit moet tog seer wees om my te volg.

Tog keer dit hom nie.

Ek het hom Maandag hospitaal toe geneem vir die MRI. Toe moet ek hoor dat hy moet oorslaap, dit word eers Dinsdag by ‘n mens hospitaal gedoen. R10 000.

Die dokter het gedink dit is gebreekte pelvis wat die senuwee vasknyp. Ek was reg om R30 000 vir die operasie te betaal.

Dinsdag het ek gewag en gewag en gewag vir die uitslae. Teen vieruur was ek ontsteld, het ek soontoe gery om Shilo te gaan haal. Die uitslae kan maar gepos word. Dokter het vir my gesê gaan een week nodig hê om vir die operasie gereed te maak. Moet skroewe maak en ek weet nie wat alles nie.

Toe ek daar kom, sê hy hy wil my sien. Hy het die MRI prente al gekry, wag nog vir die uitslae. Maar, hy wys koud en kalm vir my die massiewe kanker. Ek was naar van skok.

Hy was half vies dat ek Shiles kom haal. Moet oorbly vir nog uittrek uit die kanker nie genoeg selle gekry het nie.

Ek het Shilo laat oorbly nadat ek eers met hom op die grasperk gaan sit het. Ek het gehuil en hy het my aangekyk asof hy my wil troos. Toe los ek hom vir die nag.

Vandag het ek laat weet, ek kom Shiles halftwee haal.

Wat help dit om hom seer te maak en nog selle te soek?

As daar nie genoeg is nie, is dit nou maar so. Sie MRI het die ding duidelik gewys.

Dit was so lekker om Shiles by die suster te kry. Sy medisyne te neem en huis toe te kom waar hy tussen ons kan wees. Hy is dankbaar.

My eintlike rede was dat ek nie geweet het of hy eet nie. Want die poppie wou sedert die vakansie dat ek hom een een pilletjie voer. Dan raak hy ongeduldig en eet verder. Sou hulle dit doen?

Ek weet nie, maar ek wonder.

Toe ek vanaand die kos in die bakke gooi het hy sy lyfie al om my gedraai, en sy hele bak kossies geëet. En sommer sy mamma se bak ook gaan leegmaak.

En dit laat my opgewonde oor my kind.

Daar is nog baie lewe in die lyfie.

My arme kind.

Foto: November het ons nog so op die strand gestap. Hoe moes ek weet dat iets aan my kind eet? Shilo is die swart en silwer enetjie wat vir my staan en kyk.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Shilo het kanker …

  1. Baie baie Sterkte, ek het 3 dierekinders op die oomblik 1 dapple worshond en 2 katte, en het verlede jaar my baba nr 4 Russian Blue katkind oor die reënboog brug gestuur. Ek mis hom nog elke dag, hy was die enigste ene wat altyd by my kom sit het op my skoot, mens kan nooit daardie gaatjie vul nie, elke siel het sy eie plekkie, ek dink aan jou en geniet jou laaste tydjie, dis sleg maar tenminste kan jy darem ‘n rukkie vat om te groet.

    Liked by 1 person

  2. Ag, my hart is saam met jou seer Christa. Ons 2 spanjoele was ons kinders (en regtig ons kinders omdat ons nie kinders het nie) … my hart was aan skerwe met elkeen wat ons verlaat het. Sterkte, dis nie ‘n maklike pad om te loop nie 💌.

    Liked by 1 person

  3. Ek is so jammer, dis die ergste seer as mens weet jou baba is in pyn. Ek hoop regtig dat julle hom nog ‘n rukkie by julle kan hê. Op ‘n hoop noot – my BRT is seker 7 jaar terug gediagnoseer met heup distrofie, sy was eendag net lam. Ek het haar huis toe gevat om die laaste tyd saam te spandeer en vandag loop en spring sy steeds, sy was 3 dae lank lam en het toe net opgestaan. Daar is hoop, daar is altyd hoop

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.