Ons was Maandag 41 jaar getroud. En so stuur die kinders die een na die ander boodskappies om geluk te wens.
Skoondogter sê kleinseun in ‘n stemnota voor wat hy moet stuur.
Sy: “Sê baie geluk ouma en oupa”
Hy: “Nope”
Sy: “Sê baie geluk …”
Hy: “Ek kan nie baie geluk sê nie.”
En toe lag ek alte lekker.
Eers het mens so ‘n beklemming om die hart. Waarom wil hy nie vir ons geluk sê nie? Dalk omdat ons soms so kwaai met mekaar is? Doen ons dit voor hom?
En dan luister ek weer:
Hy: “Ek kan nie baie ELUK sê nie.
Die mannetjie bedoel waarskynlik dat hy nog nie die G in geluk kan sê nie. Maar ek gaan tog mooi luister as ons Donderdagaand weer saam kuier.
Baie geluk met julle huweliks herdenking!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
‘n Huweliks herdenking is belangrik om te vier. Mag julle nog baie jare saam lewe.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anne, dit is waar.
LikeLike
Ja, 41 is ‘n wonderlike mylpaal (en ‘n seen). Ek gaan hard probeer om dit reg te se, baie Geluk 😉 met julle huweliksherdenking!
LikeLiked by 1 person
Jy is dierbaar, baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Ag hy is so oulik! Veels geluk met julle huweliksherdenking, julle is geseend.
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, ons is beslis. Hy is ‘n oulike dingetjie met ‘n woordeskat wat mens verwonderd laat. Hy word eers einde Maart 3.
LikeLiked by 1 person
Ag dis te kosbaar
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek het ook gedink die dingetjie is alte oulik
LikeLike
🌻🌻🥳🥳, baie geluk
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Eluk op 41 jare saam!!
LikeLiked by 1 person
Cute! Baie dankie, ons waardeer.
LikeLiked by 1 person