Gepubliseer in Joernaal

Ek is gedaan in en uit die rivierhuis getrek

Ek weet, ek het manlief aangemoedig dat ons, voor ons see toe gaan, die rivierhuis leegtrek. Maar, ek mag seker ook sê dat ek gedaan getrek is …

Die ding is, die kans is net heeltemal te groot dat ons huis weer, soos in 2010 en 2011 halflyf in die rivier gaan staan weens swak beheer van die Vaaldam.

Volgens die voorspellings gaan dit volgende week weer begin reën in die Vaalrivier se opvanggebied. Tog hou die bestuur van die dam die dam 100% vol. Hulle het ook weer vier sluise toegemaak. Nadat hulle weens swak bestuur 8 sluise die een na die ander op een dag moes oopmaak ‘n week of drie gelede.

Toe, het ons juis by die see gesit en die webwerf dopgehou om te kyk hoe hoog die water styg. Dit het by 5.8 m teen ons stoep gedraai, nog .2 meter en dit was in ons huis. Met al ons meubels in. Sodat dit, soos in 2010, in die water kon staan en vrot terwyl ons ook weg was. Ons was toe in Singapore.

Ons beddens het op die water gedryf, die gordyne moes weggegooi word. Die groot kombuistafel het droog geword, maar as ons dit in die huis terugsit, het dit gevrot. Die baddens was vol slik, dik laag slik wat nie maklik uitwas en wegwas nie het die hele huis vol gelê. En ons moes mooi trap om nie in die stinkende slik te gly nie.

Ek lees vanoggend een van my blogvriendinne se inskrywing oor haar ervaring as sendelingvrou in Mosambiek. Maar, ek lees toe veral die kommentaar raak dat mens oorleef as jy in die krisis is. Dit is so waar, ons het in krisisbeheer oorgeskakel en eers later, as ons so na ons foto’s kyk, besef hoe erg dit werklik was.

Vir ons was dit beter as vir vriende stroomaf. Net hulle houthuise se nokke het uitgesteek. Dit was vrot en moes reggemaak word. Ons huis het die water weerstaan. Sommer net toegelaat dat die vissies in die huis kom swem.

So van vissies gepraat. Ons wag sê dit het die keer verskriklik gestink van visse wat op die gras kom vrek het nadat die water seker weer te vinnig vir hulle begin daal het. Hoop nie daar is ‘n ander rede waarom die visse hier kom vrek het nie ….

Die swak bestuur van die dam het nie alleen veroorsaak dat die rivier teen ons huis kom draai het nie. Maar dit het ook veroorsaak dat die Bloemhofdam sluise moes oopmaak om die geweldige klomp water wat op pad was te kan hanteer. Ek hoor nou die dag op die nuus dat dit stroom af groot skade veroorsaak het … die samevloei van die Vaal- en die Oranjerivier was drie keer soveel in volume as gewoonlik.

Ons het ver van die rivier gebou. Dus was ons veilig met 8 sluise oop. Maar, die rivier is reeds hoog weens die vier sluise wat steeds oop is. Dus kan dit die keer hoër styg as daar weer agt sluise oopgemaak word.

Dus het ons die stap geneem en die rivierhuis kom leeg trek. Gister aangekom, ry vanmiddag terug. Met nog ‘n vrag goedjies vir die seehuis. En so bietjie vir die stadshuis.

En ons drie woewe wat altyd saamkom om in die pad te wees as mens besig is om goed te skuif. …. Hulle is om een of ander rede bang dat ons hulle gaan vergeet.

So van vergeet gepraat.

Waarom kan ek die hele tyd onthou hoe ons by die stadshuis deur een van die ander inwonders vasgeparkeer word? As ek so maklik kan vergeet hoe erg is dit eintlik om te trek.

As dit van my afhang, trek ons nie weer terug in die huis nie. Altans, nie deeglik nie. Sommer net met bed vir ons kamer. En so aan. Ons kan mos beddens intrek as iemand kom oorslaap … Anders bly ons sommer so gereed vir die volgende vloede ….

Hooffoto: Nadat die water al gesak het. Net die boonste ronding van die kraan het uitgesteek toe die water gedraai het om weer te begin sak.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Ek is gedaan in en uit die rivierhuis getrek

  1. Ja, ek kan 100% verstaan dat dit uiters frustrerend moet wees en baie hartseer as jou huis en goed so deur vloedwaters verniel moet word. Dit deur ander se onkunde en onwilligheid om hul werk reg te doen.

    Liked by 1 person

  2. Commiserations. I think I mentioned that we once lived in a flood prone are, subject to 3 floods per year. Though we were not affected by water since we had bought land on very high ground we were cut off from the Mainland and needed to row to the local shop. It was magnificently built up on high concrete platforms and never flooded. Flood mitigation and a river wall prevented flooding there once built but sent the flood over to the Mainland.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.