Ek dra tans my derde Apple horlosie. En sy jaag my sowaar ook rond.
Ek het in 2015 my eerste Apple horlosie deur Discovery Health “verdien”. Ek kan nie onthou wat die inkoopbedrag toe was nie, maar ek het nou R1 000 betaal vir ‘n horlosie betaal waarvoor ander mense R9 000 betaal. Die een met die groter gesiggie en GPS.
So, laat ek eers vertel hoe dit werk.
Mens moet lid van Discovery Health wees en ook ‘n Discovery Kredietkaart hê, met ‘n limiet van ten minste R15 000. Dan kan jy na iStore gaam waar hulle jou help om die voordeel in Discovery toep aan te skakel. Daarna betaal jy R1000 en stap met jou horlosie uit. Jy moet jou horlosie dan verdien deur te oefen. Jy verdien hom so:
Jy moet elke week ‘n aanteal oefenpunte insamel of vir daardie week betaal. Hulle stel vir jou ‘n doelwit, wat die hele tyd opskuif. As jy die doelwit nie bereik nie, moet jy as volg inbetaal:
- Al vier weke doel bereik – betaal niks
- een week nie behaal – betaal ‘n kwart van maandelikse bedrag
- twee weke nie behaal – betaal helfte van maandelikse bedrag
- drie weke nie behaal – betaal driekwart van maandelikse bedrag

Die doel is dat mens op ‘n stadium 900 punte per week verdien. Ek val nie onder die twee ander kategorieë nie. Is nie sieklik om net 600 punte te benodig nie en ook nie superatleet wat 1 200 punte moet verdien nie.

Die punte werk so:

Ek het in 2015/16 my eerste horlosie verdien en vir my dogter gegee. Toe verdien ek in 2017/18 my tweede een. In die tyd het ek my erg gewip, want die doelwitte het onmoontlik hoog geraak. En ek het al harder gedruk om nie in te betaal nie. Ek sien dit is goed deur dokters aangevat, daar is nou die drempel van 900 punte wat bereikbaar is.
Ek het einde 2018 my tweede ene vir my dogter, by wie die eerste een laat breek het, gegee en na Garminoorgeskakel. Want ek was seker my Apple horlosie sou my dood veroorsaak met die onmoontlik hoë eise.
Ek het die Garmin Sapphire Fenix 5 S (small) gekoop en dit was werklik ‘n fees om my horlosie net een keer per week te laai. Ek is nie ‘n oefenhorlosie snob nie, maar die ander horlosies het net nie gebied wat Garmin bied mnie. Tevrede kon ek nie wees nadat my Apple horlosie my so bederf het nie.
Apple se horlosie moet egter elke liewe dag gelaai word. Dus elke aand op die laaier, waar ek met my Garmin kon slaap om slaappatrone na te gaan.
Maar, die Garmin is nie so goed met die hartklopmetings nie en sou eerder my dood as die Apple horlosie beteken. Ek stap teen ‘n pas wat my naar laat voel, dan is my hartklop volgens die Garmin onder 90. Wat beteken dat ek geen moeite ingesit het nie.
En toe raak ek so drie weke gelede weer lus vir ‘n Apple horlosie. Gaan na iStore in Centurion en stap uit met die GPS horlosie. Mens kan kies tussen sellulêr met kleiner gesiggie en GPS met groter gesiggie. Sellulêr beteken dat die horlosie ‘n digitale simkaart het en sonder jou foon by jou oproepe kan maak. Ek verkies GPS met die groter gesiggie. Voel steeds vroulik, my Garmin was een massiewe, swaar holosie.
En raai aan wie se arm pryk my Garmin nou? My tweede Apple het ook al lankal by haar gebreek. Weer by my dollatjie. Het dit al die pad Kaap toe gestuur vir haar. Sy is koekoes, hardloop in die berge en selfs die Otter staproete in iets soos 6 ure, waar ander mense dit in twee dae stap. Sy is veral erg oor berge … En die Garmin gee vir haar die profiele soos sy soek.
Ek is werklik beïndruk met alles wat my horlosie bied.
Sy kan my suurstofvlak in my bloed meet, akkuraat, net soos wat die oksimeter dit meet.
Sy kan my vingerpunt gebruik om my pols te meet. Volgens haar het ek ‘n sinus pols, dus geen hartprobleme wat sy optel nie.
Sy kan my manier van stap meet en bepaal of ek ‘n geneigdheid het om na een kant oor te leun, wat impliseer dat ek maklik kan val. Ek doen nie.
Sy sorg dat ek elke uur vir ten minste een minuut staan.
En natuurlik kan ek my foon nou weer op my arm antwoord. Dit is besonder lekker om nie my foon die hele tyd by my te dra nie. Of uit my handsak te haal nie. Ek gesels sommer lekker op my arm. Skoondogter is van mening dat dit klink soos op die foon.
Ek geniet dit ook as ek bestuur en sy tik teen my arm met die geluid van ‘n flikkerlig, daan weet ek dat ek gaan iewers draai. Dit help baie.
O ja, en iets irriterends vir pligsgetroue mense. Sy besef dat mens hande was, dan hou sy ‘n 20 sekonde telling om seker te maak dat jy jou hande vir 20 sekondes was. Ek misbruik daardie funksie vir handeroom aansmeer, dan weet ek ek het genoeg gevryf dat dit mooi in getrek het …
Daar is veel meer, ek leer nog so tussen-in.
Wat ek wel weet, is dat sy my weer aan die gang kry. Eintlik weer druk? Ek stap nou elke dag ten minste 30 minute.
Wat my pla, is dat ek dink dat die Apple Health toep heeltemal te veel inligting oor my insamel, ek moet seker maak dat ek tevrede is met die instellings. Dat die inligting nie gebruik kan word om my te monitor nie. Ek is nie ‘n robot nie, behoort ook aan niemand op die aarde nie.
Dit is wel lekker om al die data beskikbaar te hê, ek is mos ‘n navorser, Maar dit moet dan steeds my privaatinligting bly. En nie met derde partye gedeel word nie.
Ewenwel, ek is weer in vir ‘n ding, ek moet my horlosie oor ‘n tydperk van twee jaar verdien …

Sal so nou en dan vertel, want Apple en Discovery gebruik “gamification” om mens aan te moedig om toe oefen. Dit is wanneer elemente van speel gebruik word om mense aan te moedig om te leer, in die geval om te leer om jou spiere meer te gebruik. Dit is oulik, ek het die wapens wat ek gereeld gekry het nogal gemis.
Een gedagte oor “My Apple horlosie jaag my weer aan”