Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Dag 10: WRG se dankbaarheiduitdaging

Op dag tien moet ek vertel van iets moois wat iemand vandag of hierdie week vir my gedoen het.

Vandag wil ek sommer oor seun en skoondogter skryf. Ons bly sedert Augustus naby hulle, bykans stapafstand ver. As ons land veiliger was, sou ek en manlief daarheen kon stap. Ons gaan in Januarie bietjie verder trek, maar nader aan skoondogter se werk. En vir seun op pad huis toe. En dit is heerlik hoe hulle ons deel van hulle lewens maak. Dit doen my hart goed.

En dit is juis oor die tweetjies wat ek vandag wil skryf.

Ons sien hulle gereeld, meer as twee keer per week. Vrydagaande kuier hulle na werk by ons en eet hulle saam met ons. Dan maak ouma en kleinkind kos wanneer hy wakker word. En kuier ons tot hy moet bad. Dikwels bad hy sommer klaar hier, of is hy klaar gebad omdat die doek volgens ouma te vuil was dat slegs lappies die boudjies mooi skoon kan maak.

Ons bestel ook dikwels kos om by die huis afgelewer te word. Dan “eet ons uit” in ons eie huis.

Maar ek wil eintlik oor die tussenin dae gesels.

Ons twee word saamgenooi wanneer hulle na die plaasmark gaan. Dan stap ons saam, eet ietsie soos pannekoeke daar en laai hulle ons weer tuis af.

Ons twee word vir Parkruns saamgenooi, maar het nog nie so ver gekom nie. Ons sal dit waarskynlik in die nuwe jaar doen.

Ons twee word na die skoonfamilie se spesiale dae genooi en dit laat my spesiaal voel as ek so by hulle uitgebreide gesin se lewens ingetrek te word.

Ek en my kleinkindseuntjie kuier twee dae per week heerlik saam, hoeveel ek na my kleinkinders aan dollatjie se kant verlang het terwyl ons in Kazakhstan gebly het, sal al my lesers weet. Hierdie kindjie was toe nog nie gebore nie.

Dit is een van die beste dinge wat hulle vir my doen – die voorreg om ‘n kleinkind gereeld aan my sy te hê.

Ek wil nie oppas skryf nie, want die mannetjie dink mos hy is al 21. Werk reeds gemaklik op my iPad as hy na ‘n YouTube Kids storie soek. Blaai, blaai en klik op die een wat hy wil kyk. Moet nog net leer om op die prentjie te klik om dit te laat speel. Maar nie nou al nie, ouma geniet die leer- en saamspeelproses te veel.

Loop agter sy ouma aan en druk laaie wat nie diep genoeg ingedruk is nie, toe. Soos sy pa en sy oupa, wie se naamgenoot hy is. Word karaktertrekke ook ingebore? As ‘n kasdeur effens oopstaan, word dit oopgemaak, ingeloer en toegedruk. Sy ma sê hy doen dit by die huis ook. Sy maak ook nie laaie en deure mooi toe nie, dan doen hy dit as hy verbystap en dit operige laai of deur sien …

Die lysie kan aan en aangaan. Ek dink my lesers verstaan waarom ek darbaar is oor die goed wat die twee kinders van ons vir ons twee doen. Saamwees is soveel beter as enige geskenk.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Dag 10: WRG se dankbaarheiduitdaging

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.