Blogvriendin Aletta het onlangs ‘n foto gedeel van wolke wat reguit die lug ingaan. En ek het geskryf dat dit ‘n vliegtuig se werk moet wees. Wel …
Ons was die naweek by die rivier. En ek het die voorreg gehad om te kyk hoe ‘n vliegtuig van OR Thambo of Lanseria (Gauteng) se kant af die streepwolk (hooffoto) maak soos wat dit die pad na Kaapstad vat.
Want … ons het al so oor ons huis gevlieg en afgekyk op die brug oor die Vaal, ons huisie onder die romp van die vliegtuig versteek. Alhoewel dit lyk of die vliegtuig opstyg, is hy al op hoogte wanneer hy oor die Vaalrivier gaan, dit lyk bloot vir die oog so.
Kyk hoe oulik lyk dit wanneer die streep begin meng met die omliggende lug. Soos kant. Of ‘n visgraat?

En hier lyk die vliegtuig soos ‘n pyl wat afgeskiet is … deur die wolke.

Sien jy die vliegtuig? Die wit puntjie? Na ‘n blerts strepie, so op sy eie in die lug? Hy mik net bokant die regterkantste onderste hoek van die foto … Nadat hy geen streep gemaak het deur die vlieswolkies nie en toe so hier en daar ‘n kolletjie-streep gemaak het.
Ek is mal oor wolke. Seker maar omdat ek op ‘n plaas groot geword het? Daar waar jy by die huis kon uitstap en die lug bokant jou in alle rigtings tot in die toekoms in kon bekyk het? Waar geen geboue langs jou die onderganende op opkomende son wegsteek tot hy al ver op sy pad gevorder is nie. Daar waar geloof in God jou elke dag herinner dat wolke noodsaaklik is om boere aan die lewe te hou …
Dalk omdat ek Geografie 3 geswot het? Ek het dit tot in standerd 7 gehaat met ‘n passie. Waarom ek elke land se hoofstad se naam en die riviere en berge daarin se name soos ‘n robot moes leer ken, kon ek nie verstaan nie. Ek wou leer oor die aarde – grond en wolke en so aan. Toe kry ek vir meneer Hoek, wat ‘n absolute liefde vir die vak in standerd 7 gekweek het. Ek dink egter ek was selfs so bietjie verlief op die mooi onderwyser van my. Iedergeval, ek het hard gewerk, sy topstudent geword en in standerd 9 en 10 (vandag se graad 11 en 12) met die prys vir die topstudent weggeloop. Op skool en universiteit het ek meer oor wolke geleer. Cummulus en Cirrus en Stratus en so aan, met hulle onderafdelings. Ek is egter nie akademies oor wolke nie, hulle vorms en prentjies wat ek daarin sien, trek my soos ‘n magneet.
Dalk omdat ek ‘n Geografie onderwyseres was? Daar het ek kinders van wolke ook geleer.
Mensig, waarom seker kinders die vak kies, weet ek regtig nie. Hulle besef blykbaar nie dat dit onder die wiskundige en wetenskaplike studierigtings hoort nie. Dink dat dit ‘n leervak soos Geskiedenis is. Dit is nie. En dit besef hulle eers wanneer ons met kaartwerk en weerkaarte begin werk het. Kennis moet toegepas word.
Dankie Christa! Ek is mal oor wolke en kan my verkyk aan al die soorte vorms wat mens kan kry!
LikeLiked by 1 person
Ons het lekker baie in gemeen.
LikeLike
Jou fotos is so mooi!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anne, ek probeer by jou en die ander byhou. Eendag as ek groot is, gaan ek vir my spesiale kamera koop. Vir nou is my iPhone net altyd naby genoeg.
LikeLiked by 1 person
Altyd lekker om meer van die natuur te lees of te leer.
Ek weet nie of dit iets te doen het met die feit dat ek van die platteland kom of miskien omdat ek op ‘n plaas grootgeword het dat my oë nog soek na die vliegtuig as ek hom hoor. Baie keer help die wolkstreep “voetspoor” die vliegtuig maklik opspoor.
Ek kannie wag dat vliegtuie weer hulle “normale” vlugte vlieg nie….vrede vir almal.
LikeLiked by 1 person
Ai Philip, dit is so waar. Ek dink ons is gewoond aan die ooptes. En ek vang my my kleinkind leer in die lug opkyk na wolke en vliegtuie. Hoe gaan dit daar?
LikeLike
Baie interessante onderwerp
LikeLiked by 1 person
Dankie Woestynkind, ek is absoluut verlief op wolke.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook mal oor wolke en neem elke naweek deel aan ‘n uitdaging om te sien wie die beste wolke het. Ek sien baie dinge in hulle. Ek hou ook van die roetes wat die jets maak.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit is goeie Afrikaans, ek is trots op jou! Ek sien ook baie dinge in wolke, het al paar foto’s gedeel waarin ek goed in wolke sien. Soos soldate se bene, of een baie groot, kwaai voël.
LikeLike
eenkeer, toe ek ‘n kind was, het ek Moses en die Israeliete gesien wat die Rietsee oorsteek.
LikeLiked by 1 person
Dit moes ‘n wonderlike ervaring gewees het.
LikeLike