Vandag moet ek oor drie goeie goed skryf wat ek onlangs in my gemeenskap gesien het. En dit is ‘n interessante opdrag, want ek neig al meer om die sleg raak te sien.
Ek het eers gedink ek het niks goeie goed raakgesien nie. Toe ek verder kyk, was daar sommer baie. Ek gaan by drie hou.
Ek stop by Mall@Reds bo, naby Virgin Active. Dit is die naaste wat ek aan gym toe gaan kom … En daar is ‘n lang, maerderige karwag. Die eerste keer toe ek daar gestop het, het die man ‘n sakdoek om die mond gehad, wie onthou nog hoe mense so met die sakdoek om die mond geloop het vir tandpyn? Wel, die man beduie toe vir my dat die tand baie seer is en dat hy nie geld het om dokter toe te gaan nie. Toe koop ek vir hom ‘n pak Grandpa’s vir die pyn. Hy was erg verontwaardig, het geld verwag. En ek was gekrenk … ek het hom niks geskuld nie en die Grandpa’s was duur … en daar is hy ontevrede met die geskenk. Ewenwel, so mettertyd het ek en die man mekaar begin herken as ek daar stop. Sy naam is Dennis, hoe kan ek dit vergeet? Hy het daardie eerste keer vir my vertel hy is Dennis the menace, en ek lag elke keer as ek hom sien en hy die storie weer en weer vertel. Ek begin met Hallo Dennis en dan lag hy en volg hy op met Dennis the Menace. Dennis doen goeie werk in die gemeenskap, pas ons motors op sodat ons inkopies kan doen.
Ons het Donderdag in Parys (Suid-Afrika) gestop vir iets te ete vir die pad. Alhoewel ek dit selde doen, het ek uitgeklim en vir die wit karwag daar ‘n R10 noot in die hand gestop, dit was ‘n koue dag. Hy was so dankbaar daaroor, en vertel my toe hoe seer dit hom maak as mense hom ignoreer. Hy vertel dat hy verstaan en ek probeer verduidelik dat almal na die 18 maande van maskers dra maar kort van draad is. En dat hy hom nie aan hulle moet steur nie. En dit het my ver laat dink. Ek wonder of mense besef hoeveel die karwagte moet verduur om in ‘n parkeerarea te staan en hulle karre op te pas. Kos dit regtig ‘n arm en been om vriendelik te groet? Iets waaraan ek self moet werk …
Dan verwonder ek my ook aan die mense wat in die wind en weer staan om hulle kunswerke te verkoop. Elkeen daarvan kry iewers in ‘n huis ‘n spesiale plek. As ek ‘n kleindogter gehad het, het ek Sondag by die oom in Parys gestop om vir haar ‘n dubbelverdieping pienk pophuis te koop met meubels en al. Dit is so mooi, ek wonder of die man ooit weet hoe lekker dogtertjies daarmee gaan speel? Selfs hulle oumas sou wou saamspeel … Ek wou natuurlik tog stop en koop, net vir ingeval. Manlief het egter volstrek geweier. Eers as sy daar is, mag ek koop …
Dalk kan jy saamgesels en voorbeelde uit jou eie omtes deel? Ek gaan min uit, is meestal tuis. Dus is my voorbeelde beperk.
Een van ons bure het haar tuinier gestuur om die gras op ons agter sypaadjie te;sny; ‘n ander het ons voor sypaadjie skoon gemaak terwyl hy besig was met syne; en daar is mense wat vir die donkies wortels of water gee – dit maak my bly om te sien 🙂
LikeLiked by 2 people
Anne, dit is beslis rede om dankbaar te wees. Dankie vir die saamgesels.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet jou reeks, dit laat ‘n mens dink! Gister het ‘n jongman wat in ‘n winkel werk my so hartlik ‘n goeie dag verder toegewens; ‘n kassiere het spesiaal opgestaan om te gaan soek na iemand wat my kon help; Sondag het ‘n kelnerin op besonder vriendelike dog onopvallende manier na my en my katvriendinne omgesien.
LikeLiked by 2 people
Frannie, en mens raak so gewoond daaraan date mens nie altyd dankbaar is nie. Dankie vir die saamgesels.
LikeLiked by 1 person
By ons Mall is daar ‘n man wat die trollies terug op hulle plek besorg. Hy is altyd vriendelik en hou daarvan om ‘n geselsie aan te knoop. Gister het ek hom geld gegee en daar was soveel
dankbaarheid in sy oe. Het my ook laat dink hoe vermoeiend so ‘n dag vir ‘n ou omie moet wees!
LikeLiked by 2 people
Aletta, dit moet erg wees. Ek kan my nie indink dat ek heeldag daar moet staan nie.
LikeLike
Verskriklik
LikeLiked by 1 person
Dinge waarvoor mens dankbaar is, maar ook dinge wat n mens se dag opkikker
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam.
LikeLiked by 1 person
Yoh, my laat dink die een🌻
LikeLiked by 1 person
My ook, hoor …
LikeLike
Dis beslis ‘n uitdaging om ‘n mens diep in jou binneste kyk en aandag daaraan te gee.
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis, ek dink ek het goed gemis, maar dit is ook goed so.
LikeLiked by 1 person