Gepubliseer in Joernaal

Dag 8: WRG se 21 dae van dankbaarheid

Vandag moet ek skryf oor iets wat my opwek as ek af voel. En sommige van my blogvriendinne en -vriende mag dalk dink ek jok.

Ander nie. Want as daar een ding is waaroor ek regtig dankbaar is, is dit die vriende en vriendinne wat ek hier gemaak het. As ek die dag regtig af voel, lees ek hulle werk, lewer kommentaar en kry dikwels sommer dadelik ‘n antwoord. Amper iets soos 911?

As ek die dag af voel, help dit nie om ‘n artikel vir my blog te skryf nie. My afgevoel slaan deur. Daarom volg ek skrywers wat my opbeur sonder om dit eers te besef.

Daar is skrywers wat oor hulle omtes skryf en meer vertel oor die diere, voëls en natuur om hulle. Vrouens soos Anne. Ek geniet haar vertellinge baie.

Daar is skrywers wat hulle stories eerder deur foto’s vertel. Soos Aletta, Adri, Jez, Theo en vele meer. Ek geniet hulle foto’s baie, wens ek kon sulke pragtige foto’s neem. Beleef dit deur my oë, visueel.

Daar is skrywers soos Letty-Anne, Appeltjie, Seegogga, San, Una, Toortsie, VirgoC, Frannie, Woordnoot, Positief, en Scrapy wat stories deel oor hulle lewens en wat hulle doen. En saamgesels as mens kommentaar lewer daarop. Ek geniet die gesprekke baie.

Daar is skrywers wat almal saam ‘n storie vertel. Die Goue Vrouens. Wat as die Towerinne bekend gestaan het toe ek aangesluit het. ‘n Nare voorval het ‘n skeuring veroorsaak. En nou staan die een deel as die Goue Vroue bekend. Alhoewel ek deel van hulle bly, kry ek nie meer tyd om saam te skryf nie. En die lees raak ook agterweë omdat sommiges se dele van die storie nie in my leser verskyn nie. Ek hou nie daarvan om te lees as daar gate is nie en dan vergeet ek later om die storie op Inlinkz te gaan volg. Alhoewel ek sleg voel omdat ek nie daarby uitkom nie, geniet ek die stories baie.

Daar is skrywers soos Andrew Blair – ‘n rou Engelsman van Ausieland – wat my in my eie taal antwoord. En so saam leer aan my taal. Soms wonder ek of ek in Afrikaans moet antwoord, maar dan voel dit soos die regte ding om te doen. Hy praat dan met my Afrikaans. Ek waardeer jou, Andrew, jy is ‘n baie spesiale vriend. Ek geniet jou Christelike artikels baie.

Soms begin ek mense volg, lewer kommentaar op hulle werk omdat ek dit geniet het en dan kry ek geen antwoord nie. Gaan ek terug na die plasing, sien ek dat ander se kommentaar blommetjies kry, met woorde. Dan ontvolg ek die skrywer, want as daar een ding is wat ek nie is nie, is dit ‘n agtervolger. Soos ek geskryf het, ek lees ander se skywes hier in blogland ook wanneer ek af voel. En dit is dan glad nie lekker as daar nie op my kommentaar gereageer word nie.

Iedergeval, ek oordink goed dalk te veel. Maar dit is juis my gunsteling navorsingsveld. Verhoudinge. As ‘n verhouding net in een rigting geskep word en nie in wedersydige verhouding word nie, voel die party wat gee en gee en gee dat dit nie die moeite werd is nie. En verbreek die verhouding. En dit is iets wat ek nie graag in blogland wil doen nie.

Soos ek geskryf het, is ek dankbaar oor die handjievol vriende wat ek in blogland gemaak het deur hulle skrywes. En vir die baie ander wat ek gemaak het terwyl hulle nie self skryf nie, maar op my skrywes reageer.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Dag 8: WRG se 21 dae van dankbaarheid

  1. Dit is nie maklik om oor sulke dinge te skryf nie, maar jy het vir ons ‘n goeie idee gegee wat jou gelukking maak. As ek af voel help dit soms om alleen te wandel of na musiek te luister – of selfs te skryf 🙂

    Liked by 2 people

          1. Dis dierbaar van jou. Doen goed, môre moet ek gaan toets vir vlieg, huistoe, kom pak en regmaak om terug te gaan Zanzi toe dag daarna. Vlg dag vroeg uitvlieg, tyd dat ek my laaste deel gaan klaarmaak en huistoe kom, 🙏🙏

            Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.