Almal wat my volg weet, as daar rede moet wees waarom ek die rivierhuis wou verkoop het, was dit VVV’s …
Verdomde Vlieënde Vlermuise.
Ek is doodbang vir die goed, kan nie verstaan waarom hulle ‘n beskermde spesie is nie. In Suid-Afrika kan kinders maar aan mensehandel onderwerp word, renosters horingloos in die veld agtergelaat word, al is hulle ‘n bedreigde spesie. daar is geen beskerming vir hulle nie. Maar o wee, waag dit tog net om ‘n vlermuis iets aan te doen … hulle word beskerm.
Ek wonder of die beskermers weet hoe dit voel as hierdie VVV’s besluit het jou huis is hulle huis ook?
Ek twyfel, dus wil ek eers gou vertel.
Hulle piepie so ver soos hulle vlieg. En dit val sulke wit kolle tot op die vloer. Jy kan maar was en skrop en skuur, die kolle is steeds daar as die vloer droog word. Logies piepie hulle nie net waar vloere is nie, hulle piepie op beddens, beddegoed, kombuistafels, wasbakke en baddens in badkamers. Kos op tafels. Oral! Ek sou graag so deur die beskermers se huise wou vlieg en alles natpiepie – maar dit sou nie veel help nie. My piepie was maklik af. Dus sou hulle vloere nie vol wit kolle wees nie.
Tweedens poef hulle oral – in hope onder die dakbalk waar hulle nesmaak, maar dit is ook oral. Op beddens, in baddens, in wasbakke, op vloere, oral. Op kos. Die goed vee makliker uit, maar het een of ander gom wat dit laat plak, mens sukkel om dit teen kaste skoon te maak. Ek sou dus graag deur die beskermers se huise wou gaan en poef net waar ek kom, op tafels ook, maar in sulke klein bolle wat met moeite skoongemaak word. En natuurlik ook met die bykomende eienskap dat dit potensieel dodelik is.
Maar, ek sou net daar van kant gemaak word – ek is mos nie ‘n beskermde dier nie.
Dus moet VVV-beskermers en liefhebbers mooi verstaan – die goed is nie welkom in my huis nie. Nie by die rivier nie en so wragtig beslis ook nie in my huis in die stad nie.
Ons bly nou twee jaar in ons huis in die groot stad. Voel so onwerklik, amper asof ek oor moet gaan tel. Maar, ons het nie verlede Desember gepak en getrek nie, dus is dit sowaar twee jaar.
Ek weet hier is vlermuise op die landgoed, het per ongeluk ontdek toe ek een aand skemer gaan stap het. En daarom gaan stap ek nie na donker nie. Hulle vlieg dan onder die bome, vang seker goggas. As ek op die baan gholfbaan self stap, was ek veiliger. Maar, ek het met spoed huis toe gestap.
Soggens maak ek vir my woewe oop. Hulle slaap buite in mooi warm hok met kussings en komberse en alles. Maar, nie in die huis nie. Ek staan te laat vir hulle op en dan piepie Bekka in die huis. My skuld. Hy doen dit net daar waar hy nie kon uitkom om buite te gaan piepie nie. Dit is nie ‘n grap nie, dus slaap hulle liewer buite.
Verlede week maak ek oop, stap kombuis toe en sit die ketel aan. Om om te draai en die kenmerkende gesirkel van ‘n vlermuis te sien. Tussen my en die deur terug kamer toe. In die eetkamer, oor die sitkamer se meubels. Dit is baie laag, die dak is baie, baie laer as die dubbelvolume van die rivierhuis weens sy grasdak.
Ek staan nog so verskrik en kyk, toe die ding besluit hy gaan oor die kombuis kom draai. Toe is ek onder die tafel in en manlief word geroep om van die gevaarte ontslae te raak.
Na angswekkende minute waarin ek gedink het dat dit op my gaan land, is dit uit die huis verban, Om nooit weer deur VVS’s gepla te word nie. Die deure word nou saans voor skemer dig gemaak, en soggens eers oopgemaak wanneer die son die VVS”s bed toe gejaag het.
Ons gaan nooit vrinne word nie.
Kostelik! Ek is met jou. Daar is min dinge wat my groter angs besorg as ‘n vlermuis. En ek het nie eens geweet van die piepie nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is doodbang vir hulle.
LikeLiked by 1 person
Bly daar is nog iemand soos ek.
LikeLiked by 1 person
Ons het ook vlermuise, en waaroor ek dankbaar is, is dat hulle die muskiete vang. En ja, ons rietdakke is vir hulle hemels. Ek stem saam, Christa, hulle mors regtig net te veel! Ons gaan nou huisies vir hulle opsit, hier doen almal dit en dit werk glo. Sal maar sien, ek is lekker skepties daaroor.
LikeLiked by 1 person
Ag Una, ek is doodbang vir die goed. Ek het geen idee of die huisies gaan werk nie, maar ons het ook daardie raad gekry.
LikeLiked by 1 person
Ek sal jou sê as dit werk…🤨🧐🫣🤔😉😂
LikeLiked by 1 person
Moet net, ek wil nog by jou gaan vakansie hou. Maar, vir vlermuise sien ek nie kans nie.
LikeLiked by 1 person
Reg so, julle kom sodra die vlermuise onder beheer is. Sal so lekker wees!
LikeLiked by 1 person
Dalk oorwin ek die vrees, maar laat weet asseblief of die huisies werk.
LikeLiked by 1 person
Ek is egter gewoond aan vlermuise by rivier, as ek onder ‘n muskiernet slaap kan hulel maar na hartelus vlieg.
LikeLiked by 1 person
Genade ons, wat ‘n gedoente. Sal nie sê ek sal hul as inwoners wil hê nie. Klink my maar ‘n morsige klomp. Ek sien duidelik die prentjie van jou onder die tafel. Nog nooit gehoor van hul eie huisies nie. Wonder hoe lok mens hulle daarheen as ‘n huis dak reeds hul blyplek is?
LikeLiked by 1 person
Ek het geen idee nie, Scrapy, maar, ek weet dit gaan nie help om hulle poef daar te gooi nie. Hulle gooi dit uit vir my .
LikeLiked by 1 person
Dis nou ‘n poef storie.
LikeLike
Ek hou ook nie van vlermuise nie. Maar noudat ek mooi daaroor dink, ek het nog nooit regtig van hulle in die natuur raak geloop nie (ook maar goed). Dis interessant om van Una te hoor dat hulle muskiete vang (dis ‘n bonus), maar dit maak nie dat ek veel van hulle hou nie! Ek het so saggies gegiggel oor jy wat onder die kombuis tafel ingeduik het … maar dis waarskynlik waar ek ook sou wees!
LikeLiked by 1 person
Ai, dit is moeilike lewe as vlermuis jou huis inneem. Aangesien ek weet watse peste hulle is, boender ek hulle uit. Ek moet eerlik sê, ek verkies muskiete bo vlermuise, en dit sê baie. Hulle steek my dat ek vol kolle is.
LikeLiked by 1 person