Gepubliseer in Joernaal

My verjaarsdagwense

Manlief herinner my die hele week dat ek vandag verjaar. Ek het my geskenk twee weke gelede gekry, Airpod Pro’s dat ek kan werk terwyl hy in vergaderings is. Ek het nogal gesukkel om te konsenteer.

Vanoggend maak hy my baie vroeg wakker, voor my pa kan bel. My pa geniet dit om mens naby vyf te bel, al is hy al amper 90 jaar oud. En die wens is altyd dieselfde, eindig met “en as jy kom te sterwe die koninkryk van die hemel beërwe.” Iets wat aan my gemoed gedruk het toe ek klein was. En nou aan my hartsnare tokkel – ek nader tog maar juis daardie dag.

Soms tel ek die jare vorentoe. My pa is 90, my ma 83. Ek het dus hoop om nog 20 jaar te lewe. Maar, dan vergeet ek dit net so vinnig. Drie jaar terug in Suid-Afrika weet ek jare vlieg te vinnig verby, ek wil nie na 83 of 90 tel nie. Dit gaan vlieg soos wat kleinkinders se mylpale gesien word. Baba, kleuter, laerskool, hoērskool en tweedejaar op universiteit – dan is 20 jaar verby. My lewe?

Iedergeval, hulle het nou nog nie gebel nie. En ek weet hulle het nie vergeet nie …

Maar, manlief het my wakker gemaak met koffie, ‘n pragtige kaartjie – ek weet, ek het jare laas een gekry, met sy gunsteling slot van al die jare sedert ek hom ken. “Met al my liefde! Sy naam en drie xxx.” Netjiese hoofletters, soos altyd, my man wat tale op skool gehaat het, maak bykans nooit spelfoute nie.

Iedergeval, seun, skoonseun en kleinkind bel tweede ‘n stemnota gelos. Hulle het Veels geluk liewe Ouma in Afrikaans gesing. En gehiep-hiep dat hy kan “Hoelé” Al hoe harder, ek is mal daaroor. Toe gevra word hoe oud ek is, was kleinseun doodernstig – “vyf”. Pappa het probeer met 85 (stoutgat), maar hy was sommer ontevrede, sy oums is vyf. Darem een jaar ouer as hy, wat ewe skielik doodernstig is dat hy 4 en nie 3 is nie. Die vingers wys ook voer, mens moet mooi verstaan, geen verwarring nie.

My sus net jonger as ek het gebel, en ons het sommer ook oor gesondheid gesels. Volgens haar moet ek seker maak dat ek nie kwaad word nie. En ek weet dit – ek voel dit in my brein as ek kwaad word. Ek moet ontspan. Ek moenie kwaad word nie, en as ek word, moet dit nie intens wees nie. Ek gaan daaraan moet werk.

Vir nou is dit al die wense, en ek geniet die vooruitsig om iewers vandag die voordeur oop te maak en my gebruiklike bos blomme te kry. Ook om kleinseun vandag vroeg by die skool te gaan haal – dit is ons dag, maar ook ouma se verjaarsdag. En dan die kersie op die koek om saam met manlief, seun, skoondogter en kleinkind vanaand te gaan uiteet. My idee van ‘n partytjie. Net hulle (en natuurlik dollatjie en haar gesinnetjie as hulle sou kon). Al die aandag op my.

Maar veral, al my aandag by hulle. Geen verdeeldheid met ander mense by nie …

Ek deel ‘n gedeelte van die kaartjie, veral omdat ek selde hoor ek is sy fantastiese vrou. Hy wys dit darem altyd. Of, die meeste van die tyd.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “My verjaarsdagwense

  1. Baie geluk, Christa! Ek hoop dit was ‘n besonderse dag – die hele dag! En mooiste wense vir die jaar vorentoe ook. My ouers het altyd ook so vroeg gebel. Darem nie 5vm nie. Dit bly dierbaar, al hierdie gewoontetjies van ons ouers. 🌷🥂🍰

    Liked by 1 person

  2. Hiep-Hiep Hoera 🌸. Baie geluk met jou “vyfde” verjaarsdag!! Ek’s mal oor jou pa se wense – dit is spesiaal. En jou man kry ‘n regmerkie by my vir sy kaartjie aan jou. Ha, Berto sê altyd sy kaartjie aan my kom in die vorm van my gunsteling kos wat hy altyd vir my verjaarsdag maak 😁.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.