Ek wou vandag ‘n resep vir hoenderaftreksel plaas. Wat blykbaar baie goed vir die ingewande is. Skoondogter sê mens noem dit prebiotika. Ek wou dit probeer omdat ek die afgelope maand – na intensiewe kursusse antibiotika – ‘n probleem met die goeie bakterieë in my ingewande het.
Lees voort “En toe kan ek nie my hoenderaftreksel eet nie …”Maand: Augustus 2021
In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …
Vandag herinner my foon my aan hierdie foto, van my en manlief in Traktir, ‘n restaurantjie in Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, in Kazakhstan. Geneem op 31 Januarie 2019.
Lees voort “In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …”En nou is dit nie meer my huis nie
Vanoggend herinner my iPad my aan hierdie foto wat in 2011 geneem is. Die swembad van ons huis in Ruimsig Country Estate. Met die piesangbome, wat ek moes uithaal omdat hulle vervuil … Toe was dit al ses jaar lank ons tuiste.
Lees voort “En nou is dit nie meer my huis nie”Spoorloos 3 Steynhof: Wat ‘n kragtoertjie!
Ons het weekliks voor die kassie vasgenael gesit terwyl on Spoorloos 1 en 2 gekyk het. In die twee reekse was een mens vir die verdwyning van kinders verantwoordelik. En die meeste van die kinders het dit nie oorleef nie. En ons kon nie wag dat Spoorloos 3 begin nie.
Lees voort “Spoorloos 3 Steynhof: Wat ‘n kragtoertjie!”Eina! Verdomde Vlieënde Vlermuise (VVV’s)
Ek het al vertel dat ons by die rivierhuis ‘n probleem met verdomde vlieënde voorwerpe (lees vlermuise) het. En dat ek doodbang vir die goed is.
Lees voort “Eina! Verdomde Vlieënde Vlermuise (VVV’s)”Oeps … daar doen ek dit weer …
Ek het die afgelope maand bietjie aan my webwerf gewerk. Aan my skrywes geskaaf. En in die proses het ek meer as een oeps gemaak. Dus kan ek saam met – is dit Britney Spears? – sing: Oeps, daar doen ek dit weer …
Lees voort “Oeps … daar doen ek dit weer …”