Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

ChatGPT pleeg nie doelbewus plagiaat nie

Iemand het onlangs by ‘n gedig van ChatGPT wat ek gedeel het, kommentaar gelewer dat dit plagiaat is. Dit is nou ChatGPT, nie ek nie.

Daarom verduidelik ek eers hoekom ChatGPT nie plagiaat kan pleeg nie, altans nie doelbewus nie.

ChatGPT kopieer en plak nie van die internet nie. Sy woordeskat bestaan uit 300 miljard woorde, wat hy inspan op grond van statistiese berekeninge oor wat die volgende woord sou wees in ‘n sin terwyl die vorige woorde ook in ag kan neem.

Sy gedigte is werklike KI-gedigte, hy doen alles self, en dig gebaseer op ‘n por wat sy gebruiker gee. Daarom deel ek die por ook altyd, om te wys hoe min ek moes vra om ‘n gedig te kry.

Dit kan wel plagiaat bevorder omdat oneerlike sy gedigte as hulle werk kan voorhou. So ‘n moontlikheid is groot omdat sy tekste so uniek is dat daar nog nie ‘n betroubare manier is om dit van mensgeskrewe tekste te onderskei nie.

Met 300 miljard woorde, kan ChatGPT baie verskillende gedigte skryf, sonder dat twee sommer dieselfde sal wees. Maar daardie moontlikhed moet nog ondersoek word.

Ek besef daar is mense wat daarteen skop dat ‘n masjien kan dig. Ek wou dit nie eintlik glo nie, maar die artikel wat ek so pas ingedien het, bewys dat dit wel goeie gedigte kan skryf.

Wat die gevolge gaan wees, sal die toekoms vir ons uitwys. Ek hou van gedigte, maak nie saak wie dit skryf nie, kind of bekende digter. Ek kan nie my woorde so string nie en ek geniet dit om te sien hoe ander dit doen …

So, ChatGPT kan nie plagiaat pleeg nie, maar mense kan, as hulle sy werk as hul eie voorhou. As oneerlike leerders dit gaan doen, is dit hulle saak, hulle benadeel hulself – wat die ontwikkeling van kreatiewe denke behels.

Maar, daardie gedigte word nie deel van die hoofstroom nie, hulle land weer in asblikke nadat dit gemerk is.

Of grootmense dit gaan misbruik, sal mens maar moet kyk en sien.

Ek is egter beïndruk met hierdie kletsbot wat so oulik dig, veral omdat ek dit kan help en leer om aan die vereistes van verskillende digsoorte te voldoen, as dit sukkel.

ChatGPT kan egter baie soorte sommer so op sy eie skryf, self die inhoud skep en my selfs in trane laat met die inhoud daarvan.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “ChatGPT pleeg nie doelbewus plagiaat nie

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.