Ons is mos vreeslik erg oor ons vleis, as ‘n slaghuis se biltong en wors lekker is, dan word hy ons slaghuis. Soos die een in Noordheuwel, wat in die twee jaar wat ons in Kazakhstan was, iets van sy glans verloor het. Die wors is nie meer lekker nie, waarskynlik omdat ons nou gewoond is om ons eie wors te maak.
Maand: April 2021
Ek weier om Diablo lekkergoed te koop
Ek sien die afgelope ruk ‘n nuwe lekkergoed in Checkers raak, die naam Diablo. Ek vermoed almal weet ek toets graag nuwe lekkers, maar by hierdie een gaan ek verby hou. Weens sy naam: Diablo.
Woefkinders en onaangename reuke
Hierdie storie is so effens onder die belt, blaai dus asseblief verby as dit jou gaan pla. Dit is vir my baie snaaks en ek wil dit eendag kom lees en onthou …
Bewerasie by Mams Mega Stop in Vryburg
Ons was die naweek rivier toe, dan ry ons oor Vryburg, Schweizer Renecke, Wolmaranstad en Leeudoringstad na Bothaville. So vier ure se ry, wat ons met ‘n pitstop by die Mams Mega Stop net anderkant Vryburg onderbreek – soontoe en ook terug.
Foto-storie #9
Na aanleiding van kommentaar op vandag se foto-storie #8 deel ek so bietjie van dollatjie se troufoto’s, veral omdat vriendinne vra hoe my naaldwerk gelyk het.
Foto-storie #8
Die foto wat ek vandag kies, is my gunsteling troufoto van my dogter. Hulle is tans 14 jaar getroud en my iPad het my weereens voorgespring, die foto namens my gekies.