Die foto wat ek vandag kies, is my gunsteling troufoto van my dogter. Hulle is tans 14 jaar getroud en my iPad het my weereens voorgespring, die foto namens my gekies.
Sy is my rabbedoe, wat kleintyd veel eerder met haar boeta se karretjies as haar poppe wou speel. Maar, sy was my dogtertjie, mal oor mooi rokkies wat wyd kan swaai. Dan was sy in haar element. Sy het lank pop gespeel, baie langer as maatjies.
Daai mooi bene van haar is te dankie aan ballet, sy het tot matriek ballet, gewoonlik goud op die Eisteddfods gekry, gewoonlik wenner ook. Haar lyfie is iets wat baie interessant is aangesien ‘n vriendin van my beweer dat sy stewige heupe het omdat sy jare lank ballet het. My dollatjie bewys die teendeel, ballet was baie goed vir haar perdebylyfie.
Ek geniet hoe skoonseun probeer om so hoog soos my bokkie te spring, terwyl sy absolute pret het. Ek kyk ook so na skoonseun se lyf, wat deesdae baie meer gespierd is. Hy lyk tans vir my baie soos Bok van Blerk, een van my gunsteling sangers. Die ding is, hy moes maar spring, want my dollatjie doen alles met oorgawe, as sy moet spring, dan spring sy hoog.
Haar troue was soveel anders as boeta s’n.
Sy is by Makietie in Muldersdrift getroud en baie gaste het die troue bygewoon. Ek wil my verbeel ons het vir 200 gaste reggemaak, maar ek praat onder korreksie. Sy het ‘n baie groot gevolg gehad, drie blommemeisies, drie seuntjies, drie strooimeisies en drie strooijonkers. En ek het al die rokke en rokkies gemaak, ook die onderbaadjies van al die manne. Ook kraletjies op hulle rokke vasgeplak, dit was ure se werk. Terwyl ek skoolgehou het, het ek pouses in die klas gesit en ryg en saans vasgewerk. Die rokkies het elk uit twee lae bestaan, dus dubbele werk. Met dun skouerbandjies wat ure gevat het om te maak.
My en haar rokke het ek laat maak, daarvoor het ek nie kans gesien nie. Al het my ma al ons dogters se trourokke gemaak. En al was ek gek oor my trourok, het ek nie kans gesien om hare te maak nie.
Die twee het lank uitgegaan, van universiteitsdae af. Toe het hulle verhouding verbreek en na ‘n rukkie besluit hulle wil trou. Dus het hulle voor ultimatum gestel. Ons sal die troue gee wat hulle vra, maar, as hulle nie ten minste tien jaar getroud bly nie, word die geld proporsioneel terugbetaal. Die troue het ons meer as een arm en been gekos. Dit was sommer spot, want ons weet die twee is lief vir mekaar.
Intussen het hulle vir ons drie kleinseuntjies gegee, waarvan die oudste enetjie vandeesmaansd al tien jaar oud word.
Waar het die tyd heengegaan?
Wat n vrolike foto. . Is dit Coralie se seun?
LikeLiked by 2 people
Haai Seegogga, ja hy is. Ek het vergeet jy ken die skoonfamilie. Oulike skoonseun van my.
LikeLiked by 1 person
Hy lyk soos sy ma se broers! Bly hulle is gelukkig en ja- ej sien die ballerina!
LikeLiked by 1 person
Sy is pragtig!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Seegogga, sy is my dollatjie.
LikeLike
Hulle is baie gelukkig. Interessant, nê, ek het ook gedink hy trek na die ma se kant.
LikeLiked by 1 person
Pragtige spontane troufoto en ek is mal oor jou toeligting daarvan,Christa.Oe! Al daai klere en blinkertjies?!
LikeLiked by 2 people
Sal nog foto deel, dit was ‘n besige tyd hoor.
LikeLike
Dankie,ek sal graag wil sien hoe die gevolg gelyk het,ja!
LikeLiked by 1 person
Ek sal foto plaas. Dalk eerder in telegram?
LikeLike
Ek het nog ‘n foto-storie vir vandag geskryf
LikeLike
Dankie, vriendin, dit is spesiale foto vir my.
LikeLike
Jy het vir baie kans gesien. Sjoe, maar “memories are made if this”
LikeLiked by 2 people
Dankie, Appeltjie, ek het, mens is soms vol talente. Wens ek was nog …
LikeLike
So ń spontane, lieflike foto, Christa. Ons seun trou komende Saterdag, so dis ook weer sulke tyd vir ons.
LikeLiked by 2 people
Una, dit is so ‘n spesiale dag in mens se kinders se lewens. ‘n Vreugde. Sterkte met al die laaste dingetjies, dit is die lekker van die proses – dit hou oor dae aan, al is dit in ure verby.
LikeLiked by 1 person
O jitte, San, ek sal beslis uitchicken hoor.
LikeLike
Dit is ‘n pragtige paartjie. Baie dankie vir die deel van daardie mooi tyd. So bly hulle byt vas en is gelukkig. Wil ook die gevolg se klere sien. Asseblief tog! Laat ons bietjie troue hou ter voorbereiding van Una-hulle se fees komende naweek!
LikeLiked by 2 people
Ek het tweede foto-storie gedeel … moet seker wys ek het rokke gemaak …
LikeLike
Baie dankie, vriendin.
LikeLike
Wat ‘n pragtige foto. My jongste dogter is ook by Makiti getroud, 5 jaar gelede
LikeLiked by 2 people
Ag Positief, en so deel ons nog ‘n herinnering – hoe wonderlik is dit nie?
LikeLike
Pragtig! Jy was fluks om als self te maak!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Nikita. Ek waardeer dit baie.
LikeLike