Gepubliseer in Reisjoernaal

Angus slaghuis in Kuruman ‘n juweel

Ons is mos vreeslik erg oor ons vleis, as ‘n slaghuis se biltong en wors lekker is, dan word hy ons slaghuis. Soos die een in Noordheuwel, wat in die twee jaar wat ons in Kazakhstan was, iets van sy glans verloor het. Die wors is nie meer lekker nie, waarskynlik omdat ons nou gewoond is om ons eie wors te maak.

In Kathu het ons by BFF gekoop, ‘n slaghuis langs die garage, winkeltjie en Steers. Ons wou nog na BFF teruggaan, toe ‘n kollega van manlief aanraai dat ons Angus slaghuis in Kuruman probeer. Self sou ons waarskynlik nie daarheen gegaan het nie, dit is op die hoofstraat wat terselfdertyd deel van die N14 na Kathu vorm. En die hoofstraat word weens diewe ‘n plek om te vermy.

Die slaghuis is – as mens van Vryburg se kant af met die N14 inkom – ‘n entjie na die enigste robot in die hoofstraat. As jy PG Glass en Tops aan jou linkerkant gekry het, is dit soort van skuins oorkant die straat. Net ‘n entjie verder. ‘n Geel gebou met uithangvlaggies aan lamppale. Jy kan dit nie regtig mis nie. Langs ‘n garage waar mens met ‘n geruste hart kan stop om vol te maak. So amper uit die dorp uit op pad na Kathu.

Die buitekant van die slaghuis is geel geverf, mens klim met trappies op na die ingang waar jy die idee van twee groot kamers kry. Links is die biltongstalletjie waar jy Nespresso koffie en yskoeldrank kan koop. Regtig, regte egte Nespresso koffie in ‘n slaghuis. Daarvoor kry hulle 11 uit 10. Die yskoeldrank is die masjiensoort wat mens by flieks koop.

Na die biltongstalletjie, teen die linkerkantste muur, is ‘n hele uitstalling van messe, stelle messe en ook Victorinox messe! Manlief het vir my ‘n stel met broodmes en groot messe gekoop. Ek is so dankbaar daaroor, my gewone Victorinox messe se lemme is vir my soms te kort vir wat ek wil sny. Soos ham. Die messe sny mos so maklik, ek moet nou veral versigtig wees om nie ‘n vinger af te sny nie.

Hulle vleis is goed, die wors heerlik en die droë wors en biltong rede om terug te gaan. Sy sny die biltong soos ek daarvan hou, nie sulke hompe nie. Daar is vir my min goed so sleg soos hompe biltong.

Links is rakke met bevrore hoender, netjies verpak. En yskaste vol vleis wat reeds verpak is. Jy kan ook by die toonbanke vra dat vleis na jou smaak gesny word. Die kassiere en ander smulgoed is aan die regterkant. Ribbetjies, bacon, sosaties, skaap, worsies en sulke goed wat netjies verpak is.

Dan kan jy ook potte, panne, braaivleisspeserye, souse, marinades, konfyte en so aan van die rakke af neem en betaal. Daar is ook koeldranke en water te koop, sommer als wat mens nodig het as jy op die lang pad is in een slaghuis.

Foto: Netjies verpakte vleis, die uithangvlaggies met Tops oorkant die straat, koeldranke, souse en marinades en ander goed te koop in Angus.

Dit is heerlik om by hierdie slaghuis te koop.

Veral as jy Afrikaans is. Want sien, hulle praat die taal van my hart, Afrikaans.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “Angus slaghuis in Kuruman ‘n juweel

  1. Die geskiedenis van die ‘Angus’ sal interessant wees om uit te vind. So baie Skotte het na hierdie land gekom – veral as dominees – en hier getrou en families groot gemaak. Een van my seuns het jare gelede sy doedelsak by ‘n troue in die Karoo gespeel. Die name van baie gesinne daar was Skots, maar niemand kon Engels praat nie 🙂

    Liked by 2 people

      1. Ek dink dit sal seker n van wees.The Aberdeen Angus, sometimes simply Angus, is a Scottish breed of small beef cattle. It derives from cattle native to the counties of Aberdeenshire and Angus in north-eastern Scotland. The Angus is naturally polled and solid black or red, though the udder may be white

        Liked by 1 person

    1. Ai Aletta, dit is so lekker om weer my taal te hoor. Ons het ses maande in Kazakhstan gebly waar enkele mense ons verstaan het. Omdat hulle Engels kon praat. Ons kon basies niemand verstaan nie. En nou kan ek nie waag om iets te sê nie, almal praat Afrikaans in die Noord-Kaap.

      Like

  2. Dit laat my dink aan die slaghuis wat op Upington is/was….was so lanklaas daar dat ek weet nie of hy nog bestaan nie. Ons het met Colemans afgery om by Skaapland te koop. Angus klink my soos een van daardie plekke!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.