Gepubliseer in Joernaal

Ek weier om Diablo lekkergoed te koop

Ek sien die afgelope ruk ‘n nuwe lekkergoed in Checkers raak, die naam Diablo. Ek vermoed almal weet ek toets graag nuwe lekkers, maar by hierdie een gaan ek verby hou. Weens sy naam: Diablo.

Diablo is die duiwel, en ek gaan beslis nie die duiwel in my kosmandjie sit nie. Ook nie die pakkie oopmaak en eet nie. Maar, ek sou tog graag wou weet of die maatskappy bewus is wat diablo beteken.

Dalkies het hulle Bedazzled gekyk? Die 2000 fliek waarin Elizabeth Hurley vir Brendan Frazer wou kry om verkeerde goed te doen. As ek reg onthou, was sy Diablo, die duiwel in die fliek. Maar daar is geen verwysings na hierdie skoonheid op die webblad nie. Terloops, as die naam Bedazzled was, het ek dalk gekoop. Want die duiwel verloor in die fliek.

Maar nee, hulle weet presies wat die naam beteken. Die duiwel.

Volgens hulle is die lekkers duiwelslekker. Ek lees ook dat dit suiker vry is, daarom hoef jy nie sleg te voel oor die klein duiwel met die soettand op jou skouer nie. En ook geen skuldgevoelens te koester nie. Klink al te veel of mens gebreinspoel word.

Ek het geen erg aan kunsmatig-versoete goed nie. Inteendeel, ek vertrou dit nie, het geen idee wat alles daarin is nie. Dan eet ek liewer ‘n sjokolade vol suiker, want my brein waarsku dat ek nie te veel moet eet nie. Anders gaan die skaal vir my lag … Tans kan ek nie sjokolade eet nie, ek word binne twee ure siek, dus gaan die soettand ook getrek word.

Buitendien, volgens die Bybel moet ek die ding wat my laat struikel uithaal en weggooi. Soettand weggooi is makliker as om later met skuldgevoelens te leef.

Hierdie lekkers trek my glad nie aan nie, ek is nie van plan om enige iets te koop en eet wat die duiwel verheerlik nie. Of vir my vertel dat ek die duiwel maar op my skouer kan toelaat nie.

Ek sien dit is al ‘n dekade op die mark, met ‘n hoofkantoor in London. Het geen idee hoe lank dit nou in Suid-Afrika verkoop word nie, ook nie of dit net by Checkers te koop is nie. Maar ek voel op die oomblik selfs lus om Checkers te boikot. Dit word op allerhande in die oog plekke neergesit om aandag te trek. Al wat ek lees, is die duiwel, die duiwel, die duiwel, die duiwel. En sien nie eens raak of dit sjokolade, lekkers of koekies is nie.

Al wat ek weet, is dat die naam van hierdie produkte my nie aanstaan nie.

Inteendeel, dit sal sowaar my soettand genees.

Ek gaan nie help om die duiwel se skatkis vol te maak nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Ek weier om Diablo lekkergoed te koop

  1. Ek het dit nog nie raakgesien nie omdat dat ek deesdae skuins verbyloop- ek wat altyd so lief vir lekkers was. Ek sal dit ook nie koop nie. Dan wonder ek mos ook altyd hoe kan mense hulle kinders name gee soos bv Damian. Laat fit hulle nie aan demon dink nie?

    Liked by 1 person

  2. Ek stem volkome saam. Die naam het my dadelik laat dink aan hierdie storie van die swart luiperd – doen die moeite om die video te kyk op youtube. Soek op youtube vir: ‘The incredible story of how leopard Diabolo became Spirit’ – dis ‘n ongelooflike storie hoe Anna met die luiperd kommunikeer en hoe hy vir haar laat verstaan het dat hy nie van die naam hou nie en dat hy sy naam verander wil he.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.