Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Om tee in Qazaqstan te bestel

Twee van ons klein winkeltjies verkoop ‘n nuwe etiket tee. Curtis. Ongelukkig hou beide net enkeles daarvan aan. Nadat elke geur aanvanklik op die rakke was.

Noudat my smaakkliere aan ander geure gewoond geraak het, het ek verskeie kere gaan kyk of dit op die rakke is. En niks gekry nie.

Toe besluit ek om moed bymekaar te skraap om te vra dat my geure bestel word.

So skryf ek die name op ‘n papier en bewapen ek myself met die vertaaltoep om ‘n bestelling te plaas.

Mieken het die vorige keer vir my bestel. By Mieken is die tee ver agter ‘n toonbank in ‘n rak. En staan mens soos ‘n skaap en beduie watter een jy wil hê.

Want ek sê Curtis, hulle verstaan nie. Ek sê Orange Chocolate, wat op die boks staan. Hulle verstaan nie. Ek vertaal met die toep Orange Chocolate na Russies en die liggie gaan aan.

Nee, toe nie! Sy kom toe mos terug na die till, kyk aan haar anderkant en gee vir my sjokolade aan net lemoen geur. Ek dog ek slaat net daar dood neer!

Moes weer terug beduie na die rak met tee. Weer by Curtis kry. Weer op en af beduie soos daardie mense by karnaval langs die ou wat ‘n poppie of teddiebeer van ‘n rak af moet vang.

Die keer vasberade. Ek sien die tee en ek mag nie omstap en help nie. Hoe dom is dit?

In elk geval, ek het toe bestel. Maar ek moes verskeie kere teruggaan voor dit daar was. Tot die vrou wat my gehelp het die dag gewerk het.

Omdat ek en Mia saam bestel het, het sy die laaste keer voor my gaan vra of dit al daar is. En is sy verplig om vir al die tee te betaal al het ek en sy apart bestel.

Nou wel net na mekaar, maar dit was apart.

Hierdie keer besluit ek om eerder by Gastronom oorkant die straat te bestel.

Gastronom is een van my gunsteling klein winkels omdat mens kan instap en op die rakke kan kies wat jy wil koop.

Met groot gesukkel kry ek die een helper om te verstaan wat ek wil hê. En sy is agtertoe. Met ‘n chas (wag ‘n bietjie). En het ek gewag!

Snaaks hoe almal mens aankyk as jy staan en wag en nie rak toe loop, vat en gaan nie.

Naderhand gaan bekyk ek maar die tee op hulle rakke. Om nie so bekyk te word nie.

Na ‘n baie lang ruk kom sy terug met ‘n papier waarop Monday evening staan. Ek sou ‘n hele week daarvoor moes wag.

Maandag was baie koud en toe gaan ek maar die volgende dag. Dit was ook koud, maar ek het bestelling geplaas en moet dit gaan haal. Voor dit verkoop word.

Ek is in die koue uit om te hoor dat dit nie daar is nie want die maatskappy het nie.

Ek het nie geweet wat dit beteken nie, of die maatskappy Gastronom is of Curtis.

Ek het wel gehoop dat Curtis nie al my geure gestop het nie. Hoe simpel sal dit van hulle wees? As dit is, is dit g’n wonder die Qazaqs hou nie van die tee nie. Net as jy gewoond is, is die geur nie meer beskikbaar nie.

Dus is ek dié week met nuwe papiertjie na Mieken toe. Die French Truffle is op die rak, maar sy vertaal met haar toep vir my dat sy vir my sal bestel.

En gaan aan met haar werk. Beteken dit sy gaan bestel?

Ek vra wanneer, sy verstaan nie. Ek wys tydperk met my hande en sy sê Vrydag. Twee dae se gewag is seker nie erg nie?

Vrydag voel ek goor, het in die week in die nag van koue op my rug wakker geword. En soos gewoonlik maak koue tussen my blaaie my siek.

Nie dat siek wees hier probleem is nie. Hulle verkoue medisyne is die beste!

Терафлу, uitgespreek as Terraflue.

Werk soos ‘n bom. Wonder ek nou waar die uitdrukking vandaan kom. Klink eintlik lelik. Maar dit werk.

So is ek Vrydag af na die apteek onder ons om die medisyne te koop. Laat mens aan medlemon dink, dit is ‘n poeier wat met warm water aangemaak word.

Na vyf sakkies voel ek vandag beter en is ek en manlief af na Mieken om die tee te kry.

Dit is vir my eenkant gehou. Sien ek. Maar dit is ‘n ander verkoopsdame.

Ek wys met vertaaltoep dat ek my tee kom haal. En sy stap daarheen, kom met een pakkie terug en wil oplui. Ek beduie nee, ek soek al daai tee (vyf pakkies) en sy staan verbaas stil.

Ek beduie met hande wat sirkel vorm, die ander vier pakkies is ook myne. Sy kyk my ongelowig aan, maar gaan haal die res. Ek glimlag dankbaar dat ek nie eers op toep moet sukkel nie.

Ons betaal en glimlag vir haar.

Ek sal dan van nous af my tee by haar bestel.

Foto: van my gunsteling geure Curtis tee.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Om tee in Qazaqstan te bestel

          1. Ek het nooit eintlik koffie gedrink nie. My ma het altyd moerkoffie gepuf-puf op die stoof. So sterk soos yster en dan gekookte melk daarin. Nee dankie as ek daaraan dink word ek sommer naar.

            Like

          2. Ek het tot 8 koppies gedrink, getel deur ander mense. Kan meer wees … toe moet ek melk los en swart koffie trek my so min soos tee met melk. Nou is ek amptelik gelukkig met tee. Voel nie meer of ek te na gekom word nie …

            Like

          3. Ja-nee so kom sekere dinge tot n end. Ek drink bv swart tee en met melk in is ook nie my cup of tea too. Ek sal darem nadat ek “baie”geëet het n klein swaer koffie drink net om gemaklik te voel. Is jy allergies vir beesmelk?

            Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.