Ons nuwe blyplek se twee badkamers was vol miere. Hulle was nie daar toe ons kom kyk het na die huis nie. En ek kan ook nie onthou dat hulle die eerste dag daar was nie. Maar, toe ons die tweede dag en daarna in die badkamers kom, is hulle oral.
Maand: Maart 2021
Dit waardeur akteurs en aktrises moet gaan …
Ek het onlangs oor die nuwe TV-reeks op Woensdagaande geskryf.
Foto-storie #3
Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word.
BB verjaar vandag – ‘n hele 11 jaar oud
Ek is vrot met die onthou van verjaarsdae. Moet ‘n oor gereeld knoop om te onthou. En daarom is verjaarsdae op my almanak.
500 ste artikel vanoggend geplaas
Ek kan dit nie glo nie, maar ja, ek het die 500 ste artikel vanoggend geskryf.
‘n Vinnige trek na Kuruman …
Ons het mos eers vir twee maande in ‘n woonstel in iemand se erf in Kathu gebly. Belaglik duur, elektrisiteit uitgesluit en water net elke tweede dag. Soms vir 4 dae aanmekaar net saans water, hulle maak pype iewers reg. Voeg daarby ‘n pad vol slaggate, wat by die dag erger geword het en ons het rede gehad om Kuruman te wil aandurf.