Vanoggend praat my iMac weer met my, daar is weer iemand wat verjaar. Eintlik twee iemande, Sobek (my Bekka kind) en sy boeta Seth wat aan my seun behoort. Ek praat altyd so van my seun, maar dit is my en manlief se seun. Ons tweede helfte van ons Pigeon Pair.
Maand: Maart 2021
Verdomde Vlieënde Vlermuise
Liewe Persoon skryf oor hoe sy iemand moes red van VVVs, die goed met Vlerke, Voelers en Vere. My VVV is baie meer spesifiek – Verdomde Vlieënde Vlermuise …
Foto-storie #4
Hierdie foto herinner my aan een van die eerste naweke in Kazakhstan toe ons na die inperkings uit ons woonstelle kon gaan.
Die spore wat ons los … Voortrekkers se nuwe lied
Ek was ‘n Voortrekker, in die hoërskool. Alhoewel my skool, Ermelo Hoërskool, baie groot was met 1200 leerders en ongeveer 10 matriekklasse, het EHS nie Voortrekkers aangebied nie. Ons moes na die tegniese skool – Ligbron – gaan vir Voortrekkers. Ek was dan ook Voortrekkeroffisier vir die kleintjies.
Lees voort “Die spore wat ons los … Voortrekkers se nuwe lied”
Veearts het slegte nuus oor BB
Net voordat ons BB by seun gaan haal het, het skoondogter gebel. BB loop op drie bene, maar dan weer op al vier. Moet sy haar veearts toe vat?
Waterloos langs die water
Ek het al vertel van ons twee maande in Kathu. En dat een van die slegste dele daarvan was om elke tweede dag gedurende die dag waterloos te wees. Blykbaar werk Sishen myn aan die waterpype, maar die week voor Valentynsdag was ons vir vier dae sonder water.