Gepubliseer in Joernaal

500 ste artikel vanoggend geplaas

Ek kan dit nie glo nie, maar ja, ek het die 500 ste artikel vanoggend geskryf.

Aanvanklik het ek vir ‘n gehoor geskryf, en was ek soort van ontnugter toe mins mense kommentaar lewer. Baie het gekyk, dit weet ek. Maar die saamgesels was min. En dit het my min laat skryf. Want vir wie skryf ek nou eintlik?

Toe trek ons Kazakhstan toe. En skryf ek so elke dan en wan stories oor ons lewe in die vreemde. Vriende het my aangemoedig om ‘n boek te skryf en ek het besluit om die makliker paadjie te volg. Eerder op my blog daaroor te skryf. En daar was die lewe soveel anders as hier dat ek bykans elke dag van die week geskryf het.

Terug in Suid-Afrika voel dit so half of die lus om te skryf opgedroog het. Ek is steeds karloos en manlief stop nie so geedelik soos in Kazakhstan dat ek foto’s kan neem nie. En toe kry ek die boodskap vanoggend van WordPress. Ek het so pas my 500 ste artikel gepubliseer.

Dit is soveel makliker as om akademiese artikels te skryf. Heelwat minder woorde. Dus is ek nogal dankbaar om te skryf dat nog ‘n artikel van my so pas vir publikasie in LitNet goedgekeur is. Ek kan net dankbaar wees. Hy is in Januarie vanjaar geskryf, ek het gesukkel om tussen die trekkert en blyery in ander mense se erf te konsentraar. En tog het ek vir hom die beste terugvoer nog van eweknie-evalueerders gekry.

Dankbaarheid, dit is wat ek voel.

Want, die jaar is nog skaars aan die gang en ek het drie publikasies:

  1. Die een in die nuutste Sarie oor my lewe in Kazakhstan
  2. Die een vir LitNet
  3. Die hoofstuk in ‘n internasionale boek.

Die laaste twee is my werk … my inkomste.

Ek wat op skool van take maak gehou het maar nie ‘n lus vir opstelskryf kon ontwikkel nie ….

Dankie vir elkeen wat my blog lees en kommentaar lewer om saam te gesels. Ek waardeer dit regtig baie. Ek kan nie soggens wag om te kyk wie saamgesels het nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “500 ste artikel vanoggend geplaas

  1. Geluk met jou blog en ander skryf werk. Dit is moeilik om in die begin ‘n artikel op jou blog to pos en niemand ‘antwoord’ nie en, soos jy opmerk, is dit makliker wanneer jy ‘n idee het dat daar mense is wat wel lees en graag kommentaar lewer. Ek sien uit na die volgende 500 🙂

    Liked by 1 person

  2. Christa, net soos jy kan ek nie soggens wag om te kyk wie saamgesels nie. Maar skoolhou en nuwe huis hou my so besig, ek kom nie by my blog uit nie. Dus gryp ek tyd op die toilet soggens, ‘n aar minute tydens pousetye en Saterdagoggende vir die blog. Ek het nou 46 followers. En ek is opgewonde daaroor! dis vir my absoluut wonderlik.

    Liked by 1 person

    1. Ek stem saam met jou, volgers maak dit die moeite werd. En Appeltjie, my tyd is ook skielik baie beperk. Ek moet artikels skryf, dit is my werk. En ek het verlede jaar net-net genoeg geskryf. Verder is ek nou mede-studieleier van ‘n PhD en dit vat baie van my tyd, effens buite my veld, dus moet ek die hele tyd seker maak sy werk is reg.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.