Gepubliseer in Reisjoernaal,Resensies

Gholf by Kalahari Country Club Kathuy

Ek dink almal dink al ek speel gholf, manlief dink ek is sy eie spotter en ek weet ek gaan net saam om gholfbane te bewonder en foto’s te neem. Dus gaan daar balle verlore, want die spotter het iets gesien wat ‘n foto werd is.

Ons het by hierdie baan ‘n oulike gholfkarretjie gekry, het tot plek vir die balle. En vir baie, jy sal later verstaan waarom.

Buitendien, as mens met ‘n gholfkarretjie ry gaan gholf mos so by elkeen van die 18 gaatjies

  • sit die bal op ‘n stokkie
  • kop af, swaai en slaan
  • soek die bal (as hy nie op die gesnyde gras is nie, wat hy gewoonlik vermy)
  • slaan, slaan en slaan weer tot hy op die sagte gras is
  • mik dan met die putter om hom in die gaatjie te kry.

Op die korter gaatjies is die houe minder. Gewoonlik.

Ek kan nie verstaan waarom daar rowwe gedeeltes moet wees nie, veral omdat daar blykbaar pofadders op hierdie baan se rof is. Hulle het ons nie daarteen gewaarsku nie. Dus het ons twee aanvanklik in die lang gras bal gesoek.

Toe vertel ‘n ou op die baan vir ons ons kan verby gaan. En die twee mans soek saam in die gras. Die ander een met stok. En vertel vir ons daar is pofadders, daarom die stok in die hand.

Daarna het manlief mooi gemik, ons gaan nie weer in nie. Hier is ‘n paar foto’s van die mooie baan.

Die diere en voëls op hierdie baan is baie vriendelik. Die twee eende het na my aangestap gekom. En wat doen ek? Gee pad en neem op ‘n afstand. Want sien, ek het op ‘n plaas grootgeword. Eende jaag mens, gaanse jaag mens, makoue jaag mens. En ek gaan nie soos lawwe ding karretjie toe hardloop dat almal vir my lag nie.

Ek dink Anne gaan van hierdie foto’s hou, vertel haar gereeld dat sy my soort foto’s neem en dan deel ek nie. Boombas trek my soos ‘n magneet – die Kameeldoring se bas. Dooie bome lê oral en dit is vir ons twee baie mooi. En tok-tokkies (wat is hulle naam nou weer, ek dink mierleeus) onder die boom. Ek wou nog met stokkie roer en sê: “Tok- toktokkie kom uit” soos toe ek klein was, maar toe doen ek dit nie.

Die toktokkie gaatjies het my egter skoon met heimwee na my kinderdae laat verlang. Ons niggies onder die bloekombome op oupa se plaas. En natuurlik na die manna, soet en heerlik. Nie na die misgissings as die wit nie manna was nie, maar voëltjie mis.

En natuurlik kan ek nie weerstaan om die bome teen die blou lug af te neem nie. Twee ure later het dit erg gesous. En die laaste foto’s. Manlief by die toe kroeg, dit is mos al weer inperkings. Ons karretjie se nommer, ‘n dooie boom, pragtige baan. Raai waar het die bal geland? En manlief se stokke wag dat ons betaal voor ons gaan.

So van die os op die jas, dit is ‘n goedkoop baan om te speel.

Manlief is pensionaris, betaal R100 en die karretjie vir ons twee het R250 gekos.

Ek weet, dit klink baie, maar loer na die pryse in Johannesburg en Pretoria. Daar getaal jy R700 en meer vir die karretjie vir die oggend. En baie meer vir speel.

Daar is gholf ‘n rykmansport, maar darem goedkoper as in Almaty. Ek het mos al vertel dat dit ons daar R5000 gekos het …

Hier is dit goedkoop en pragtig.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

29 gedagtes oor “Gholf by Kalahari Country Club Kathuy

    1. Verseker….maar daar’s min dinge wat mens so goed laat voel soos een monsterdryf van die bof af, ‘n goeie “chip”, of ‘n set van etlike meters wat in daai blikkie val.

      Liked by 1 person

        1. Nou kan ons uiteindelik met die storie begin. Waar was ek nou weer? Ek gaan probeer om myself minder in die rede te val, jammer as dit u, die geagte leser irriteer, maar ek probeer om soveel inligting moontlik te gee, soms ook sintuiglike waarneming dat u uself kan inleef. Hou vas, daar gaan ons.

          Die tweede jaar wat ek in Saudi is, hou ek skool in Jeddah. Ek is deel van ‘n span wat die skool “oopmaak”. Alles is nuut en toegerus met die nuutste tegnologie. Party nog in hulle verpakking maar alles wat kan oop- en toemaak is daar. Werkers skarrel om oral die laaste afrondingswerk te doen. Die helderste kleure, mens ruik nog die verf so vars is dit. Groot luukse, sê maar Italiaanse teëls, blink op die vloer. Die projek is agter, en die skool moet oopmaak. Ons beloofde luukse verblyf by die skool is nognie klaar nie, maar ons word ingeboek in ‘n hotel naby die skool. Luuks, maar selfsorg.

          Die skool begin en dis ‘n geskarrel. Ek werk saam met die interessantste of sal mens eerder se eienaardigste mense. Die hoof, ‘n Brit, vra dat ons net moet help om meubels te skuif een oggend. Mr. Bob steek sy hand op en se: “Excuse me sir, I am here to teach and not to move furniture”. Mr. Bob, een van die interresantste mense wat ek ooit ontmoet het, hou nou skool in Thailand, Phuket. Hy’s eintlik ook daar “vasgekeer” agv die reisbeperkings. So klein kort bleskop met ‘n boepmagie wat al in meer lande skoolgehou het as waarheen ek gereis het. Skoolhou het hom plekke laat sien.

          Ek sien een dag die advertensie van die eerste “groot” golftoernooi in Saudi. Groot name, die wêreld se bestes, sonder TW. Dis nou Tiger Woods vir die wat nie weet nie. Later hoor ek die uwe wou meer as $3miljoen hê net om te kom speel. Die toernooi is deel van die Sonskynreeks, en verskeie Suid – Afrikaners waaronder Ernie, Zander Lombard en nog ‘n hele paar ander hulle staal kom wys. Die toernooi is by Royal Greens. Nou enige naam wat die eerste deel van die baan se naam het, laat mens al klaar herinner aan weelde. Dis nie enige ou wat in Saudi daardie naam het, of kan gee nie. Opgewonde, maak ek drie vriende bymekaar en vertel van die “once – off” wat ons kan beleef. Die baan is by KAUST. Ek gaan nie die hele naam uittik nie, maar hy begin met King Abdulazziz…..Dis soos ‘n dorp, maar sluit ‘n hipermoderne universiteit in. Dan natuurlik die baan, en estate. 100 km en ons besluit ons gaan Uber.

          Dis tyd vir ‘n blaaskans.

          Word vervolg…..

          Like

  1. Lyk na ‘n fantastiese baan. Wow! Golf neem mens na interessante plekke. As ons in ‘n vreemde dorp of omgewing is geniet ons dit ook om altyd te gaaan loer na die golfbaan en klubhuis. Gewoonlik baie goeie waarde vir geld by die halfweghuis vir eetgoed. Ek het ‘n baie lang storie om te vertel, maar ek gaan die kommentaarkas laat oorloop.

    Geniet dit….daar is min dinge so lekker soos ‘n ontspanne dag op ‘n golfbaan.

    Liked by 1 person

      1. Reg, hier gaan ons maar ek gaan dit kort hou. Maak vas die veiligheidsgordels, hier gaan ons.

        Ek werk my tweede jaar in Saudi Arabië. Soos altyd besoek ek elke golfbaan in my omgewing. Daar is nie baie nie, wat verstaanbaar is. Die verskriklike Somershitte en skaarsheid van reënskaarste maak dit ‘n duur storie op ‘n lappie gras lewendig te hou, wat nog van ‘n golfbaan. ‘n Suid-Afrikaanse vriend werk op Nofa, so 70 km Suidwes van Riyadh, Mecca se rigting. Nou die “plekkie” behoort aan ‘n sjeik. Ek gaan ‘n prentjie van die plek probeer skets, maak asb. die verbeelding se teuels los. Die sjeik of prins is een van die superrykes in die wêreld, wat o.a. een van die grootste melkerye in die wêreld besit,(google gerus) en dit in Saudi.
        Ek en twee jarelange vriende gaan vir die naweek na die plaas, op uitnodiging natuurlik. Nie self genooi nie.
        Ons ry met hulle Jeep. Nie veel om te sien tot mens nader aan die “oase” kom nie. Op die oase is 6 boorgate wat ongeveer 450 m diep is. Elkeen is toegerus met ‘n pomp wat lyk of die vir ‘n groot dorp kan water gee. Diesel was tot onlangs nog verskriklik goedkoop. Ek gaan jok as ek sê hoeveel. So ek gaan maar eerder nie sê nie. Elkeen het ‘n 32 000 liter dieseltenk om die motor van brandstof te voorsien. Groot goed. Hoekom van die mense met die lang wit rokke altyd wil wys hulle kan die grootste, hoogste en vinnigste met sekere dinge wees. Seker omdat hulle kan. Dit word mooier soos mens verder ry. Sien die groen kolletjie, tussen ‘n see van sand.
        Die plaas is ook een van die sjeik seperdeplase. Arabiere, resiesperde en springperde, meestal die resiesperde wat op pensioen is. Letterlik honderde perdestalle wat meer soos ‘n luukse hotel lyk. Vier voltydse veearste wat kyk dat hulle tip – top is, en nie virusse onder lede kry nie. Perdesport en spesifiek -resies is, soos Kameelresies, baie groot in Saudi. Alhoewel daar nie verwed word nie, is daar prysgeld vir die plekke wat gehardloop word. Die prysgeld is astronomiese bedrae. Baie meer as wat mens dink. Ek weet nie eers met hoeveel nulle mens daardie bedrag skryf nie.

        Word vervolg.

        Liked by 1 person

  2. Lekker padkos geëet, draai geloop, hande “gesanitise”, maskers aan…..laat die wiele draai.

    Wynand en sy vroutjie Joey, egte Suid-Afrikaners wat dink en glo soos ek, verwelkom my. Vind dadelik aanklank by Wynand se manier van vertel hoe hy al 7 jaar lank sitrus produseer in glashuise. Dis nou amper soos tonnels, maar van glas gemaak. Wynand is trots op wat en hoe hy dit doen, maar hy is nederig. Een van daardie vriende wat altyd mens se vriend sal wees. Hulle bly in a “soort van mansion” met ‘n gym en swembad wat gebruik kan word vir die Olimpiese Spele. Hy’t daardie strepe en ek dink amper hy’t die “wegspringblokke” ook. Kan nie so lekker onthou nie, maar nietemin, ons is daar vir die naweek. Wynand gaan wys vir ons die plek.
    Daardie naweek speel voor my af soos ek hier tik, maar ek tik te stadig om alles te vertel wat ek wil vertel, ek stotter. Die plek lyk amper soos ‘n jong dorp. Vanaf die huise van die werkers na die stalle en golfbaan en wildsplaas en die “Africa” speelplek, is daar sulke … mense wat van ‘n plaas kom sal weet wat ‘n beesdip is, sulke dippe….groot, waarmee jy met jou voertuig deurry sodat die goggas, wat saamry, wat aan die bande en onderstel vashou, kan afval. So ry ons eerste na die “Afrika speelplek” – vandag ‘n Radisson lodge, julle kan google: Nofa African Resort.
    Damme water met spuitfonteine begroet ons, palmbome en….75 Afrika – grasdakhuisies, elkeen met sy eie swembad. Ongelukkig geen braaigeriewe nie, Alles staan leeg. Die sjeik het dit laat bou want sy dogter wou ‘n Afrika tema hê vir haar troue so paar jaar tevore. Weereens swembaddens en glyplekke wat mens aan Sol se vermaaklikheidsplekke laat dink. Daar is ‘n dieretuin, van cheetahs tot ystervarke, tog te oulik, en hulle bly in “weelde”. Goed versorg en mens kan sien hoe gelukkig hulle is.
    Daarna ry ons na die perderenbaan. ‘n Regte een. Dit voel of ek by die July is, ‘n eerste vir my. My oë kannie glo wat hulle sien nie. Die klubhuis…en restaurant met sy massiewe glas voorkant laat my meteens besef hierdie is KLAS. Luuks soos in luuks. Die sjeik is elke jaar gasheer vir die koning tydens sy eie geborgde perdewedren. “n Hoogtepunt op die kalender in Saudi. Die klubhuis het alles wat oop- en toemaak. Ek wou my nog gaan weeg waar die joggies hulle inweeg, maar ek was bang ek breek die skaal. Hy’s vir klein mensies gemaak. Die hele plek is vol trofeë. Regtes. Nie die plastieksoort wat ons deesdae oral sien nie. Ek weet, want ek het, met toestemming ‘n foto met ene geneem, en gevoel en gemeet aan die massa, moet dit goud wees.

    Ons eet by hulle deftige restaurant – nie oop vir gewone publiek nie, maar ons is mos uitsoekgaste.
    Almal vriendelik, hulle dink seker ek het geld…hahaha…

    Aan die binnekant van die resiesbaan is 9 putjies….en ‘n paar van my golfballe.

    Word vervolg….

    Liked by 1 person

  3. Handrem los, hier gaan ons.

    Ek gaan vinniger moet vertel, ek’t nognie eers met die storie begin wat ek wou vertel nie.

    Ons beplan om Saterdag die 18 putjie baan, een van net ‘n paar in Saudi, aan te durf. Daar is nie ‘n 19 de putjie nie, nêrens in Saudi nie. Daar maak jy jou eie of jy loop droog. So gaan ek en Johan, my ander Suid-Afrikaanse vriend wat in tale kan praat as daardie bal nie gaan waarheen hy gemik het nie. Ons spandeer ‘n rukkie by die luukse “pro-shop” om te bespreek en te betaal. R1500, wat nie te buitensporig is vir so baan nie. Ons reël ‘n karretjie ook – Jy WIL nie loop in ekstreme toestande nie. (Selfs die karretjies kry swaar).

    Vrydagaand braai ons en ons word wreed bederf met monster T – bene (moontlik kameel) en malvapoeding. Ons ruil stories uit langs daardie vuur. Los die wêreld se probleme tjop-tjop op. So laat mens voel ons is familie.

    Saterdagoggend. Nou een ding met golf is – jy daag NIE laat op vir ‘n afspraak nie. Jy kan laat die skare of gaste wag by jou troue – maar vir golf is jy betyds. Weet nie of ek dit al genoem het nie, maar ek is geneig om by top bane my beste golf te speel. Dis dalk hoekom ek graag op die top bane wil speel.

    Ek en Johan speel op ons eie, tweebal. Die veld is redelik vol, maar dis net sosiaal. Eintlik ontspanne. Met die eerste afslaan sien ek Johan het ‘n baie unieke swaai. Wat dit meer uniek maak is dat Johan se swaai elke keer verander. Ek besef gou dat hierdie ‘n effe langer dag in die veld gaan wees en dat ons waarde vir ons baanfooi gaan kry, maar bid ook terselfdertyd dat ons genoeg balle het. Die watergate, wat nogals volop is, is soos ‘n magneet as Johan aanlê na die vlaggie. Dit daar gelaat. ‘n Slegte dag op die baan is nogsteeds baaie beter as ‘n goeie dag by die werk.

    Ons speel ‘n rustige rondte. Ek “verloor” een bal, nogals op die skoonveld…..

    Saterdagaand braai ons weer. Wynand en Joey is “uitgehonger” vir lekker gesels. Bitter goeie mense. Sondag groet ons en ry terug na Riyadh, die hoofstad, om ons dagtaak weer aan te durf.

    Nou kan die storie uiteindelik begin…..

    Word vervolg….

    Liked by 1 person

  4. Jammer vir die onderbreking. Ek het twee maal die opvolg getik en geplaas, maar weens tegniese redes het dit nie “geland” waar dit moes nie. Ek vermoed ek’t te veel geskryf. So hierdie is ‘n toetslopie. Ek wil so graag my storie klaar vertel. Vriendelike groete. Word vervolg ….

    Liked by 1 person

  5. Jammer vir die wag…onnodig, maar onvoorsien. COVID het ons lewens so effens omgekeer. Ek kla nie, eks baie bevoorreg. Ek sal die golfstorie weer tik…. dis ongelukkig ‘n lang storie, maar ek sal deurdruk. Ek’s seker julle kan nie meer wag nie. Geniet die naweek en veilig wees.

    Liked by 1 person

      1. Daarsy, so gebeur dit dat op faceboek raaklees dat die eerste gholfkompetisie wat deel is van die Sonskynreeks in Saudi gaan plaasvind. My mond water behoorlik.
        Ek maak op faceboek vriende met die Royal Greens Golfklub. “Like” hulle bladsy in facebook.

        Ek besef dat ek nie sommer alleen sal kan gaan nie, die baan is meer as 100 km van Jeddah, waar ek skoolhou. Dis amper ‘n “dorp”, meer as ‘n landgoed. Dis by KAUST, ‘n baie groot universiteit, wat veral puik ingenieurs oplei. My plan is om ‘n uber te reël, en dan saam met nog drie of vier entoesiatiese vriende te gaan, wat kan help Die baan se naam is Royal Greens. Nou, vir die wat nie weet nie, enigiets met “Royal” het te doen met die koninklike familie. Swierig, “extravagant”, en alles wat te doen het met superluuks.

        Ek en drie vriende wag die oggend vir ons voorafbespreekte uber. Bespreek sonder ‘n eindbestemming, want die baan is buite die “range” van die ubernetwerk, wat dinge toe interessant maak. Die luukse Land Cruiser daag op. Almal is verbaas, want ubers is mos nie gemerk soos taxi’s nie. Ek het een van my Callaway golfhemde aan en ‘n Cleveland pet moet my gesig teen die vel son beskerm. Dis ‘n perfekte dag vir golf. (Terloops, enige dag is perfek vir golf). Een van die vyftien Suid-Afrikaners loop voor. Zander Lombard. Ernie het ongelukkig nie die “cut” gemaak nie. Dis Saterdag, die toernooi se finale rondte is Sondag, maar dan hou ons skool. Super opgewonde nader ons die besondere baan, reg langs die potblou rooi see.
        Ons is vroeg. Vir golf kom jy NIE laat nie.

        Die sekuriteit by die ingang groet vriendelik. In Arabies. Reuse hekke gaan oop. Luuks is nie die regte woord vir wat ons te wagte is nie, maar kom ons bly maar eers by “luuks”. Nog hekke gaan oop soos ons die toernooi nader. Die Cruiser laai ons voor ‘n gebou af wat soos die klubhuis lyk, of eintlik meer soos ‘n luukse mall. Ons het nognie ons R300 per persoon ingang betaal nie. Oral skarrel beamptes om alles in gereedheid te kry vir die dag se spel. Ek vra waar ons moet betaal. Een van die beamptes, ‘n Engelsman verduidelik dat ons by die eerste hek moes betaal het. Moet ons nou teruggaan, want die man met die uber se horlosie staan nie stil nie. Gelukkig sien die beampte dat ons kranige golfentoesiaste is. Die beamptes het gedink ons is spelers.
        Met groot glimlagte groet ons die man van die uber, nadat ons gereël het dat hy ons op ‘n spesifieke tyd by dieselfde plek kom oplaai.

        Word vervolg..

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.