Gepubliseer in Tegnologie

Tyd om adresboekie skoon te maak …

Met die hooffoto gee ek my ouderdom lelik weg. Ek het so ‘n adresboekie in jy huis gehad, my ma ook …

Ek dreig so lankal om my iMac, iPhone, iPad en windows rekenaar skoon te maak. Ontslae te raak van goed wat ek nie meer gebruik nie. Soon. En skielik het ek baie tyd op hande. Want ek leef in isolasie omdat ek WhatsApp verlaat het.

Soggens as ek my iMac aanskakel, kla hy dat Google Drive toegang tot iets wil verkry. En die skermpie wil nie af nie, kan nie toemaak nie, ek moet daarop kliek. Doen ek dit, sê dit die stelsel wil nie oopmaak nie, dus skuif ek dit weg, my skerm is groot en gaan ek aan. Maar dit irriteer die lewende miere uit my uit.

En toe besluit ek dit is tyd om skoon te maak.

Eers het ek my foon se adresboekie gevat en begin uitgevee. En alhoewel ek nie speurder wou speel nie, het ek ontdekkings gemaak.

Mense wat ek nog nooit gebel het nie, is kontakte op my foon. Kliek ek daarop, is daar ‘n e-posadres. Met al die persoon se besonderhede wat hy of sy op ‘n stadium met een of ander sosiale media gedeel het.

Ek vermoed dit is Facebook se Messenger wat dit doen. Dit het op stadium my telefoonnommer gehad.

Wie gee dit die reg om mense by my adresboekie te voeg? Ek is nog nooit gevra nie, sal beslis weier as so ‘n skerm opkom.

Maar ek was nogal geskok oor wat alles beskikbaar is – adres, kaart met pin om daar te kom, geboortedatum, persoonlike inligting waarvoor ek beslis nie gevra het nie. Het jy al deur jou selfoon se afresboekie gegaan en dit gevind? Is al my inligting so op almal se fone wat my al gekontak het?

En noudat WhatsApp gebruikers verplig word om hulle persoonlike inligting te deel, gaan my boekie ongevraag volgende keer die persoon se telefoonnommer ook bied. Selfs al weier daardie persoon om sy telefoonnommer direk met Facebook te deel.

Waarom pla dit my?

Soveel kinders en oud-studente het nie my telefoonnommer nie. Ek deel dit nie met hulle nie. En nou word my telefoonnommer by hulle adresboekies op hulle fone gevoeg. Ek wil weet hoe!

Die ding is, ek kan nie eens onthou dat ek met sommiges gepraat het nie. Dalk het hulle geluk gewens met my verjaarsdag?

Die ding wat erg pla, is dat ons so ook aan mekaar gekoppel word.

Die sosiale netwerk kan getrek word.

En ek wil nie deel van sommiges se sosiale netwerke wees nie.

Ek is bewus van onderduimse goed waarmee sommige van my oud-studente tans besig is. Een, wat ek as my beste student beskou het, was in die tronk. En hy is direk verbind aan een van die gevaarlikste mense in die land. Omdat ons altwee die student persoonlik ken, is daar een mens tussen my en die gevaarlike mens. Een mens!

Dit het ure geneem, maar my adresboekie is nou skoon. Elkeen wat nou op die lysie is, het ek self bygevoeg.

Dit was hartseer om vriende wat my reeds vooruitgegaan het, se nommers uit te vee. Het oorweeg om te hou, maar dit maak nie sin nie. Die nommers behoort nou aan ander mense.

Ek het sommer ook diegene uitgevee wat ek nie weer gaan kontak nie. Soos agente in Kazakhstan en hier wat nie weer gebruik gaan word nie. Ek het nou sommer ook geleer om nie meer mense by te voeg as ek hulle min gaan gebruik nie. Dan spaar ek myself hierdie moeite volgende keer. Hulle bly ‘n nommer wat gesms of gebel is.

‘n Skoon begin!

Wonderlik om ‘n skoon boekie te hê waarin ek almal maklik kan kry as ek ‘n boodskap wil tik.

Terloops, ek is gek oor Signal. Sommer dankbaar oor die WhatsApp debakel.

Een van my kontakte is die volgende:

Ek kan ‘n vinnige nota aan myself skryf. Hoe oulik is dit nie?

Jy kry dit as die Note to Self as jy ‘n boodskap wil tik en aan jouself stuur. Onder jou eie naam – dit bied dit in plaas van jou eie naam.

Ek het lankal so ‘n oulike toep nodig.

My kontakte op Signal groei teen ‘n stadige spoed.

Maar ek hou daarvan.

Sê so een vir een hallo as Signal klik dat hulle hom nou ook gebruik.

En dit is lekker, want die mense wat nou vir my gewys word, is die wat in my adresboekie agtergebly het na die groot skoonmaak.

Salig.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “Tyd om adresboekie skoon te maak …

  1. Ek het nou in my foon se adresboek gekyk … daar is net die informasie wat ek self ingesit het: naam en nommer. As daar ‘n e-pos adres is, is dit een wat ek ingesit het. Is dit meskien omdat ek nie Facebook gebruik nie?

    Liked by 2 people

    1. Anne, dit is my bekommernis ook. Dat Facebook die in;igtimg in my adresboekie gesit het. Ek vermoed ek met met almal wat ingesit is, per messenger gesels. Messenger lankal van my foon afgehaal, ek vermoed dit is die probleem. Het jy gmail?

      Like

  2. Niks oor FB nie. Ek het my adresboekie van 1998 nou die dag (uiteindelik) oorgeskryf na my nuwe boekie – wat ek ook al ‘n klompie jare terug gekoop het (met die idee om dit te doen), maar die ou rooi boekie het net te veel mense en nommers ingehad en ek het geweet ek moet dit op ‘n stadium net doen. Ek het allerlei persone se name gehad wat met kinders werk wat een of ander leerprobleem werk – vanaf oudioloe-e tot arbeidsterapeute/spraakterapeute/ens ens. So iets bring nogal baie goeie ‘memories’ op van die persone en ek moes maar op die ou en die boekie toe vernietig nadat als (wat van toepassing is) oorgeskryf is. Ek het ‘n paar nommers op my selfoon, maar verkies nog die ‘old school’ way van ‘n mooi boekie. 🙂

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.