Die afgelope week voel ek goor. Opgeblaas, lusteloos, word nie honger nie en as ek wel eet, voel ek vol as ek skaars aan my kos begin raak het. Asof ek ‘n baie groot bord kos verorber het.
Toe die opgeblasenheid in erge pyn oorskakel, besluit ek dat ek dalkies net eers weer moet gaan opsoek wat die simptome van ‘n maagseer is. Want ek vermoed ek het myself die afgelope ruk oor onnodige goed opgestres.
En vind ek by dr. Google uit dat ek al die blokkies kan afmerk, my maag het beslis in opstand teen my gekom.
Maar waarom? Het ek dalkies verkeerde kos ingeneem?
En weereens word die blokkies afgemerk. Ja, ek het.
Ek het weer koffie begin drink. Nou wel swart, maar omdat ek in Kazakhstan die nare gevolge van laktose weerstandigheid aan die bas gevoel het. Daar het ek net tee gedrink, die meeste van die tyd die kruie-soorte. Dit is mos die land van tee. Ek het al heelwat oor die lekker tee in Kazakhstan vertel, dus het ek koffie glad nie gemis nie. Nou is ek in die land van koffiedrinkers. En voel tee nie reg nie. Of wag, die rede is dalk eerder dat ek snoep is met die tee wat ek saamgebring het. Ek werk baie, baie spaarsamig daarmee …
Ek het weer sjokolade geëet nadat ek dit so lank uit my lewe verban het. My dogter het vir my ‘n blok van die donkerste Lindt sjokolade vir ons huweliksherdenking gegee. En toe eet ek natuurlik die blok op … Nou wel nie op een slag nie, maar wel binne een week.
Alkohol, die doen ek nie. Ek het niks teen alkohol nie, drink dit net nie self nie.
Sterk gegeurde kos? Dit is een ding wat ek soos die pes vermy, my kos hoef net sout en peper op te kry. Maar nou ja, peper het ek beslis ingeneem.
Kaffeïen? Beslis dus ook. En ek was so effens stout. Ek het so paar keer koffie met kondensmelk gedrink.
Peppermint en spearmint? Dit is vreemd, want al die medisyne teen ‘n maagseer bevat hierdie twee bestandddele. Maar ja, ek het ‘n paar van daardie rolletjies peppermint en spearmint lekkers langs die pad gekoop. En dit so op die pad opgeëet terwyl ons stad toe is en terug.
Tamaties? Ek hou nie baie van tamaties nie, maar het die afgelope ruk daarvan ook geëet.
Ek het ook lemoensap gedrink omdat dti al koeldrank in die huis was.
En gaskoeldrank, waarvan ek niks hou nie, op pad terug huis toe.
Wat ‘n fout!
Ek was ook suinig met die pre-biotika wat ek van Kazakhstan afgebring het, die soorte in Suid-Afrika verkrygbaar kom nie naastenby by die soorte wat in Kazakhstan beskikbaar is nie. Ek het ‘n hele paar probeer. My vriendin Mia het juis vir my saamgebring, maar ek kry dit eers teen die einde van Februarie. Ons bly mos nou in Kathu. Sy sal dit by my kind afgee.
Die kans was groot dat ek ‘n maagseer ontwikkel, met stres as ‘n rede en verkeerde kos wat ek sommer so goedsmoeds weer begin eet het. Kan koffie regtig so ‘n groot sondebok wees?
Dus vra ek weer vir Dr. Google. So, watter kos kan ek wel eet as ek ‘n maagseer het. En daar is ‘n hele lys van kos. Maar ek lees twee goed raak:
Kokosneutmelk en heuning.
Aangesien ek kokosneutmelk altyd in my huis het, besluit ek om die twee saam in ‘n glas te meng en te toets.
Ek kry glad nie kokosneutmelk in Suid-Afrika in bokse te koop soos wat mens alle ander alternatiewe kry nie. Soos rysmelk, hawermoutmelk en amandelmelk. Skoondogter het darem al vir my vertel dat mens dit hier in blikkies koop en ek het toevallig ‘n blikkie in die week gekoop. Intussen het ek maar na amandelmelk oorgeskakel omdat ek kokosneut melk nie kon kry nie.
Ek het die blikkie oopgesny en ‘n baie dik vloeistof gevind, wat my heeltemal afgesit het. Dit het my heeltemal te veel herinner aan die medisyne vir ‘n maagseer, ek kan daardie dik vloeistof net nie in my mond verduur nie.
Maar, die pyn was erg en ek het besluit om die melk in ‘n glas met water te verdun. En om so eetlepel heuning by te voeg. En so ontdek ek ‘n kuur vir ‘n maagseer wat besig is om te ontwikkel. Die opgeblasenheid het verdwyn en ek voel weer myself. Binne ‘n dag.
Kokosneutmelk het soveel ander voordele. Met die bestanddele daarin, is dit van die beste medisyne teen ontwatering. Dit het ek by blogvriendin VirgoC geleer. Sy ken al die raad teen ontwatering en droë lug omdat sy in die Emirate verpleeg en baie wys oor sulke sake is. Ek het in Kazakhstan swaar gekry met die droë lug. En dan was kokosneut melk die enigste produk wat my keel weer vogtig gemaak het. Daardie slegte gevoel wanneer mens ontwater het, verdwyn ook baie gou na ‘n glas kokosneutmelk.
Ek hoop dit help jou ook as jy siek voel van ‘n maagseer, te warm gekry en ontwater het, te hard geoefen het of sommer net as jy lus is vir ‘n baie, baie lekker smoothie.
Ek vervang melk en water met kokosneutmelk. Dit is hemels – jy weet, iets soos Pina Colada, sonder die alkohol.
Kazakstan,Kathu,Kokosneut?Klink soos MELK EN HEUNING vir my!
LikeLiked by 1 person
Jong, ek het die alliterasie ook raakgesien, my lewe het baie K’s in die afgelope tyd. Ons trek Kuruman toe die einde van die maand. Hoe vreemd is dit?
LikeLike
Ek stem, voel soos land van melk en heuning. Albei.
LikeLike
Van Kathu tot Kuruman … nog ‘n kans vir interessante foto’s!
LikeLiked by 2 people
Ai Anne, ek gaan gou Kathu se foto’s moet neem. Kuruman is allesbehalwe so mooi soos Kathu. Dit is né, nuwe geleenthede.
LikeLike
Ek is vreeslik geheg aan my goedjies, waar dit staan in my huis, hoe my huis leef. Is die aanmekaar trek nie moeilik nie?
LikeLiked by 1 person
Appeltjie, dit is een ding waarmee ek moes leer saamleef toe ek getroud is. Aanvanklik moes on sop die myn elke keer na ‘n groter huis trak as manlief bevorder word. Tans sukkel ek, ons het veertien jaar aanmekaar in ons stadshuis gebly. Toe gaan woon ons in gemeubileerde woonstelle in Kazakhstan en nou in Kathu. Ons soek huis, tuin, plek vir my honde. En dit is nie die einde nie …
LikeLike
Ek het ook altyd die blikkies melk in ons koskas, maar gebruik dit in resepte. Drink? Nee, ek kry dit nie reg nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is te dik, mang so teen 25:75 met water en sit dan heuning by. Dit is heerlik.
LikeLike
Dit was nou baie interessant. Ek gaan dit deel met ander. Watter lekker tee kan ons in Suid-Afrika koop? Gee bietjie raad asseblief.
LikeLiked by 1 person
San, ek het vier heerlike tees ontdek. Ek sal gou daaroor skryf en deel. Rooibostees.
LikeLike
Baie dankie. Dit klink goed…
LikeLiked by 1 person
Sal môre op wees.
LikeLike
Christa, maak jou eie melk. Jy kan so sterk of flou maak soos jy wil. Maklikste is koop pak coconut shavings (daai wat mens so oor kerrie en rys gegooi het op die basar). 1 Koppie van dit met 4 koppies water. Kook saam vir so 2-4 minute en laat afkoel. Gooi in blender/Nutribullet en meng. Sif deur melkdoek. Ek doen selfde met amandels (laat hulle eers oornag soak in water en gooi dan water weg) . 1 Koppie met 4 kpooies water. Sit in Nutribullet en meng en sif dduer melkdoek. Hou omtrent so 4-5 dae in yskas. Ek maak minder aan en meng dit, amandels breek so bietjie die erge coconut smaak want daar is geen pog by nie. Met blikkies, maak jou eie yoghurt met dit. Gooi blikkie coconut melk uit in glas bak, vat 2 probiotic kapsules en gooi in (poeier) en roer in- nie met metaal lepel nie. Los dit vir 24-48 uur buite (maak toe met kaasdoek), hang af hoe warm dit by julle is, nie in sonlig ie. Dit het nogal ‘n tangy smaak, maar is baie gesond en geen ander gemors in nie. Is heerlik saam met blueberries of enige ander berries, mango, perske, jy noem dit. En baieeeeee gesond vir jou maag. Ek is so bly dit werk vir jou en op die manier hoef jy nooit bekommerd te wees om uit voorraand uit te hol nie. As jy Probiotics soek, daar is Rescue een by Dischem, baie goeie produk. meeste ouens praat twak en is net bemarking oor dat dit soveel biljoen bakterie ens het. Onthou moet nooit iets koud of warm eet of drink binne 30 minute na jy probiotic gedrink het nie.
LikeLiked by 1 person
Hi Virgo, baie dankie vir die raad, ek gaan die joghurt probeer maak. Rescue probiotika? Ek sal uitkyk, ken net die een war vir spanning is. Drink mens probiotika op leë maag?
LikeLiked by 1 person
Ja Christa, altyd. Sal vir jou op Telegram probeer stuur, is van ProbiFlora, Adult Intensive Rescue.
LikeLiked by 1 person
Ek sal in Dischem kyk, dankie, Virgo.
LikeLike