Ons moes bank toe, maar Dusty is mos verkoop. En manlief hou nie van taxi’s nie. Ek moet half saamstem.
Taxi’s moet weens die parke, die president se woning, en eenrigtingstrate draaie ry om by die plek te kom waar ons wil wees. Dusty moes ook. Busse is maklik. En daar is gereeld busse, op sommige roetes selfs elke 6 minute.
Ek het, toe die gids die metro-treine vir my gewys het, by haar gehoor dat ek ‘n buskaart nodig het. En dat ek dit nie by die metro stasies kan koop nie. Wel by koerantwinkels. En dié kry ek en manlief nêrens nie.
So is ons Ramstore toe, dalk is daar een. Maar nee, daar is nie. Die plekke is mos nog naweke toe ook. Ek sê ons moet een van die meisies by die toonbanke van Ramstore om hulp vra.
Hy vra bus card?
Sy kyk hom aan asof hy ‘n aap is. Geen idee wat ‘n buskaart is nie.
Ek soek toevallig op my foon terwyl hy probeer verduidelik en sien dat hulle dit ‘n transport of transit card kaart noem. Sy verstaan en beduie waar ‘n winkel is. Ons verstaan niks nie.
Sy vra 2GIS? Ons het die toep op ons fone en sy kry die plek waar ons kaart kan koop. So is ons af in Nazarbayev straat in die rigting van die ou dorp. Die plek is toe.
Ek sē ons is naby Abayi metro stasie, ons moet maar daar gaan uitvind. En ek sien nie die toonbank waar ek vir die metro munte betaal het nie. Maar daar is ondergrondse stalletjies waar die metro ryers kos en so aan koop.
Die jong man by een van die stalletjies is gewillig om ons te help. Los sy stalletjie net so, niemand sal sy goed steel nie. Dit is Kazakhstan.
Eers moet ons deur die skandeerders, waar manlief by die toonbank twee geel buskaarte koop.
Dan na die masjiene buite waar hy in gebaretaal en stadige aksie vir ons beduie hoe om geld op die kaarte te sit. Want die kaart kos 500 tenges (so R12.50) wat net een rit insluit. Die res van die geld is deposito – seker om seker te maak dat mens jou kaart oppas. Goeie idee klink dit my. Jy kry die res van die geld terug as jy jou kaart later gaan ingee.
Ons laai 1000 tenges op elke kaart, want dit kos maar 80 tenges vir hoe lank jou rit ookal is – met die kaart. Geen kontant. Kan met toep op foon ook betaal. Ek verkies die kaart. As jy afklim, moet jy weer betaal as jy weer opklim. In Ust hou jou kaartjie vir die hele dag. Jy wys net weer.
Die stelsel is anders as in Ust. Daar kom ‘n tannie op die bus jou geld by jou haal. Hier sit jy jou kaart teen een van die drie masjiene wat teen pale in die bus vasgesit is en dan gooi die masjien ‘n geluid en ‘n groen regmerkie ui – jy het betaal. Of ‘n skreeugeluid, saggies maar almal kan die geluide hoor, uit. Dan betaal mens by die bestuurder met kontant. Heelwat duurder – 150 tenges, amper dubbeld.
Almal op die bus weet dus ook of jy betaal het – of nie. Die groen regmerkie wys op jou gesig so helder is dit.
Mens kyk op 2GIS waarheen jy wil gaan, dan wys dit vir jou op watter bus om te klim en by die hoeveelste stop jy moet afklim. Dan loop jy tot by die naaste busstop, wat aangewys word, wag vir die bus met die regte nommer, klim en daar gaat jy. Dit wys ook hoe jy verder moet stap om te kom waar jy wil wees.
Ons het nou twee keer die bus gevat.
Ons ry gereeld verby ‘n restaurant langs die een hoofpad met die naam van Little Brazil. En ek wou nog daar gaan eet.
Saterdagaand het ons toe ons. HR bestuurderes daarheen vir ete gevat. Om dankie te sê dat sy ons so mooi help om alles in plek te kry om huis toe te gaan. Sy bly ver van ons af en het taxi geneem. Ons het die bus gevat. Dit was heerlik om so dankie te sê.
Little Brazil maak heerlike kos, ek sal nog van die plek vertel. Hier is busfoto’s.

Mens mag net op elke tweede plek sit. Sommige busse het plakkers op om stoele oop te hou. Die geel masjien is duidelik op die groot foto sigbaar.
Ons het ons die bus ook in ‘n ander koers gevat om by die bank uit te kom. Ons is in on K-Way baadjies, dit is al goed koud.
Baie vreemde konsepte hier.
Die busstop en die plekke waar ons wou wees, is om hoeke. Dus het ek aangeneem ons klim op een bus tot by ‘n hoek en klim af om weer een te kry wat dwars ry. Maar nee, beide busse het ons opgelaai, om die hoeke gegaan en in die ander rigting gery. Hoe oulik is dit nie?
Jy moet net op die regte bus klim.
Manlief kyk ook hoe mens oor die straat moet kom om te wees waar jy wil wees.
Ek was Saterdag nie lus vir bus nie. Het mooi rok aangehad en wou nie van die busstop stap tot by die voetoorgangbrug en dan oor en dan weer terug nie. Want die busstop was verby Little Brazil. Maar ek het geen keuse gehad as hy op ‘n missie is nie.
Ook nie toe ons lekker vol geëet weer af moes stap na die busstop by Esentia Mall langs die Hilton hotel nie. Reg gelees – hier is ‘n Hilton hotel in Almaty.
Van die bank af het ons al die pad teruggestap. Met die wortel van ons eet sommer ietsie oppad huis toe.
Ons het by Urban Coffee gestop. Dit was heel lekker, ek het van die oulike plekkie vertel.
Ons is toe weer op die bus, die keer na die Green Bazar toe om persentjies te gaan koop. Bus 127 geneem tot daar, dan wys die toep hoe jy moet stap tot by die mark. Elke tweede sitplek het ‘n plakker opgehad, jy mag nie daar sit nie.
Op pad terug klim ‘n vrou met hierdie oorpakkie op die bus, kom by elkeen om en ons moet ons buskaartjies op haar masjien sit, dat sy kan seker maak dat ons wel betaal het.

Ek het nogal gewonder hoe dit werk. Want mense klim op en party se kaarte wil nie werk nie. Dan stap hulle deur die bus en toets elke meter teen die paal. Onderste woord op haar baadjie is Russies: kontroler uitgespreek. Die boonste een is Kazakh en word iets soos bakulaoeshu uitgespreek. Baie verskillend.
Ek wonder of ek die letters gaan onthou as ek eers weer lank in Suid-Afrika is. Miskien moet ek dalk as ek daar is meer aandag aan die leer van die taal gee?
Bus ry in die winter is heel anders. Die vensters wasem toe, jy kan nie sien waarheen jy gaan nie. Dus moet jy die stoppe tel. En by die regte een afklim. Kophou is noodsaaklik as jy nie koud wil stap nie. Dit het ek en Mia agtergekom toe ons in Ust bus gery het.
Gister was weer warm, maar dit is kouerig saans. Ek gaan die winter vir seker nie mis nie. Inteendeel.
Ek dink nie ek sal weer in Suid-Afrika kla as ek warm kry nie …
Hooffoto: die busroete na Little Brazil. Hoe oulik is dit nie dat die busse so om hoeke ry nie?
Julle sal seker selde, of ooit, ‘n bus hier gebruik – geniet dan julle ervaring daar.
LikeLiked by 1 person
Ja-nee, Anne, Suid-Afrika is nie so ingerig vir publieke vervoer soos hier nie. Daar verkies ek maar my eie kar.
LikeLiked by 1 person
Nou raak die tydjie erg kort.
LikeLiked by 1 person
Ai, Toortsie, dit voel baie stadig.
LikeLiked by 1 person
Toemaar wat. Wees net asb op die vliegtuig. Die res maak nie saak nie. ❤️
LikeLiked by 1 person
Dit is so. En dit is amper tyd. Ons is opgewonde.
LikeLiked by 1 person
Kaapstad se MyCitibus werk omtrent dieselfde en lyk net so van binne. Ons het dit sommer baie gebruik (wanneer daar nie stakings is nie) en almal ry ook op die Quantums, toeriste inkluis. Dis soms ‘n heel vrolike ervaring en veilig, anders as die ervaring in Bellville. Ek onthou nog die lekker sag geveerde Mercedes-Benz-busse van Pretoria in die 1970s. Het baie van Waverley of Annlin gery Sunnypark of Sterland toe as ek by neefs en niggies gaan kuier het tydens skoolvakansies.
LikeLiked by 1 person
Ek ook, oral in Pta gery in die vroeë 80’s. Ek sal onthou van die busse as ons weer in Kaapstad is.
LikeLiked by 1 person
Ons het graag van Adderley af gery tot in Melbosstrand, daar piekniek gehou en draairoomys (my oorle oom het die ‘wolfdrolle” genoem) gaan eet en dan die sonsondergang gekyk voordat ons weer stad toe is. Geen gesukkel met snelstrikke, parkeerplek, ens., nie. Ons was ook tot in Atlantis om te kyk hoe dit nou daar lyk.
LikeLiked by 1 person
Ons het ook baie trein gery, ek wil nog die blou trein doen, is net baie ver bokant my vuurmaakplek.
LikeLiked by 1 person
As jy eendag Die Bloutrein wil ry, praat net met my………………..daar is planne te maak.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek sal beslis. Wil baie graag.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop ons het volgende jaar of later hierdie jaar weer sulke aanbiedinge; ons as agente moet baie slim werk want ons kan nie doen wat ons wil nie en daar is Ts en Cs ook vir ons, maar mens kan buite die boks ook dink. Die Lady loop tans net as “charter train” en nie op ‘n skedule nie; seker eers as die noodtoestand verby is.
LikeLiked by 1 person
Goed so, ek sl eers ook maar versigtig wees vir reis. Dankie.
LikeLiked by 1 person
Laat daar maar nog water in die see loop. terloops, nog steeds is die sterftesyfer laer as diabetes (wat dokters steeds misdiagnoseer) en doodgewone, outydse griep. En ingeligtes in medies ekring voer aan die ding is ‘n bakterie en nie ‘n virus nie…….sal ons ooit die waarheid weet?
LikeLiked by 1 person
Nee ons gaan nie weet nie. Behalwe dat ons wel weet dat die WGO die wêreld regeer, saam met Microsoft en Facebook. Ek wil beide ophou gebruik.
LikeLike
Microsoft, saam met Samasung, is verban. WhatsApp en Instagram behoort aan FB en daarom gebruik ek tien jaar al Telegram – natuurlik en Linux op my laptop.
LikeLiked by 1 person
Ek hou soveel meer van Telegram, maar al my mense is op WhatsApp.
LikeLiked by 1 person
mense is tropdiere en die een skaap volg die ander; soms frustreer die breindood slaafse navolgery my vreeslik. wat help ‘n IK bo 50 iemand wat dit nie kan benut nie?
LikeLike
daai 666 ding het naby gekom…………..alreeds is dit gekeer deurdat trump verkies was en nou weer. hilary het goed beplan saam met haar partner in crime wat al in die wit huis gewoon het en sy nasie verdeel het en die vyand ingevoer het
LikeLike
Busry klink na pret. In Amsterdam het jy ook sulke kaartjies ek jy scan dit ook as jy van die perron af uit die stasie wil gaan. Dan maak daar sulke hekke oop en jy is uit. Natuurlik gebruik Anna-Marie soos gewoonlik haar linkerhand en my hek wil nie oop nie- maar die hek vir die persoon aan my linkerkant vlieg toe wel oop! Daar is ek toe gestuck in n Jamy Uys funny people movie!
LikeLiked by 1 person
Ai Anna-Marie, ek sou saammet jou gelag het. Dit klink heerlik.
LikeLike
Dankie dat ons dit saam met jou kon beleef,Christa.
LikeLiked by 1 person
Ek is blyjullegeniet dit, daar is nog jare se foto’s vir stories, nou verlang hierdie hart net na my huis. Uiteindelik mag ek sommer openlik sê ek verlang. Dit lank net weggesteek in my hart om te kan oorleef.
LikeLiked by 1 person
Hier het ons ook buskaarte wat jy skandeer as jy inklim en uitklim. So met die uitklim betaal jy vir die stuk wat jy gery het, Ons noem dit n snapper-kaart. Nou met die COVID ding het busbestuurders geen kontant hanteer nie. Jy moes n kaart kry om te ry. Hul wil nou dieselfde kaart vir treine ook gebruik. Ek is in n bevoorregte posisie om n Gold card te hê. Ek ry gratis trein en bus van half tien tot drie uur die middag.
LikeLiked by 1 person
Dit is aangenaam, en dan is mens ook sommer buite spitsverkeer.
LikeLike
Presies.
LikeLike
Dit klink soos ons Gautrain busse en treine. Dieselfde stelsel. Selfs die materiaal van die sitplekke is eenders!!! Die busse in Skotland werk ook so. Reken dis die maklikste manier.
LikeLiked by 1 person
Woordnoot, dit is waarom ek so tuis in die bus gevoel het. Dankie daarvoor.
LikeLike
Ek het nog altyd die gerief van busse en treine geniet. Wens ons was in SA so geseënd! Dit is so goed dat julle die HR uitgevat het. Sy klink vir my na ‘n wonderlike en behulpsame mens!
LikeLiked by 1 person
Sy is van die beste, Gedigte. Sy is ‘n baie spesiale mens in hierdie maatskappy.
LikeLike