Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty

In Ust-Kamenogorsk kon manlief nie gaan gholf speel nie. Daar was nie gholfbane nie. Of ek jok, daar was een. By die Nurtau ski-oord naby Ust-Kamenogorsk. Nie juis ‘n plek waar ek ‘n gholfbaan sou bou nie. Die sneeu bedek die aarde daar vir ses maande en dalk selfs langer met ‘n laag van so meter of meer dik. Kan meer wees, ek praat onder korreksie. Maar nie minder nie. Hoe moet die fynbesnaarde gras van setperke sulke uiterste koues oorleef?

Lees voort “‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty”