Ek het al vertel dat die beesvleis hier baie taai kan wees. Ook dat die HR bestuurderes my geneem het om te sien hoe mens vleis op die mark koop. En toe ek vra hoe mens die twee snitte gaarmaak, het sy my verras aangekyk en geantwoord: Jy kook dit vir ses ure.
Lees voort “Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty”Etiket: Maggi
Maggi sakkies in Qazaqstan
Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Lees voort “Maggi sakkies in Qazaqstan”