Hierdie artikel volg op ‘n plasing in ‘n naaldwerkgroep of FB, asook ‘n vriendin se plasing op haar eie FB-muur. Spotprente wat twee naaldwerksters gedeel het oor hulle houding as iemand met hulle naaldwerkskêr gerwerk het.
Daar is erge prente op die internet beskikbaar waarin beweer word dat die ongemagtigde gebruikmvan ‘n naaldwerkskêr ‘n geldige rede vir ‘n egskeiding is. Of waarin die toestand van ‘n ongemagtigde gebruiker na die tyd uitgebeeld word.
As mens nie self naaldwerk doen nie, sal jy glad nie verstaan waarom die gaafste naaldwerksters in katte met skerp naels verander as hulle jou met hulle naaldwerkskêr betrap nie. Of selfs net vermoed dat jy wel die skēr in die hande gehad het.
Om die eerlike waarheid te sê, ek het self gedink my ma word onnodig kwaad as ek haar kosbare besitting gebruik het om hou ‘n prentjie vir ‘n taak uit haar gunsteling boek te knip. Gits, nog iets waaroor sy gou kwaad kon word. As sy ‘n artikel nie klaar gelees het nie en een van die vyf dogters het die hele bladsy uitgeskeur om ‘n skooltaak te voltooi.
Die vies oor naaldwerkskêre het my eers jare later jare oorgekom toe ek self sukkel om materiaal met my skêr te knip, wat gister nog vlymskerp was.
As jy nie self naaldwerk doen nie, soos manlief, dink jy wat de ongeluk! Dit is net papier (lisensieskyfie is gewoonlik die sondebok), pleister of dies meer.
As jy ‘n naalwerkster is, weet jy dat dit skêre stomp maak. En dat jy skêr wat gister nog soos ‘n warm mes deur botter gegly het, skielik so steeks is soos ‘n donkie. Maar meer nog, jy weet watter gesukkel dit gaan afgee om ‘n nuwe skêr te gaan koop.
Dit is nie in alle winkels beslikbaar nie. Ek moes in Suid-Afrika na Metro en Chamdor toe ry om een te gaan soek. En dan kos daardie skêr ‘n arm en ‘n been. Letterlik, dit is baie duur artikels, daardie soort geld wat ek verkieslik net een keer per leeftyd vit uitgee om my stokperdjie te kan beoefen.
‘n Skêr moet skerp wees.
Om ‘n patroon uit te knip, moet mens presies om rondings knip, fyn puntjies uitknip, fyn snytjies maak wat as merkies dien waar twee pante aan mekaar moet las.
As die skēr stomp is, moet jy harder druk en as die skêr gly, is die kepie te diep en moet jy die pant weer uitsny. Daardie ongeluk kan nie reggetoor word nie. Dit is ‘n groot probleem as jy, soos ek, nie baie ekstra materiaal koop nie. Want dié lē kaste vol omdat mens eendag ‘n lappieskombers daarmee kan maak, wat natuurlik nooit gebeur nie. In my geval.
Die lem moet skerp wees, anders gly die skêr weg van die patroon en dan is die patroon nie reg uitgeknip nie. En pante wat nie reg las nie, is ‘n ramp. Jy kan dit nie sommer regkarring nie, die beste is om maar weer uit te knip. Rede vir ‘n wilde hartklop as jy nie ekstra materiaal het nie.
Fyn materiaal skuif ook makliker as denim onder die skêr weg.
Ek het vriendinne wat anders werk. Hulle sit materiaal op dik plat vlak, dan sny hulle met ‘n ander kontrêpsie uit. Dit het ek nog nie gedoen of probeer nie, maar ek neem aan dat daardie kontrêpsie ook nie gebruik kan word deur manliewe wat gou lisensies wil uitknip nie.
‘n Skêr mag nie soos ‘n saag wees nie, dit moet knip, vinnig en sekuur.
My manlief verstaan na baie jare steeds nie waarom ek my so vererg oor ‘n skêr nie. Dus is my skêre veilig gebêre. So veilig dat ek soms self moet gaan soek na my skêr.
Ek verkies dit egter so, sal seker later moet begin om notas op my foon te maak oor waar ek my skêr bêre.
Want dit is nou een vraag wat manlief met ‘n lag beantwoord as ek sou vra of hy my skêr gesien het. “Nee, hy weet nie, hy mag dit nie gebruik nie. En hy is reg. Hy mag nie.
Intussen geniet ek dit om met ‘n skêr te sny wat kan sny.
En nou moet ek vertel.
Die Qazaqs weet nie van goeie skêre nie. Of liewer dan, ek kon nie in Öskemen een te koop kry nie, dalk het Almaty. Sal nie weet nie, winkels is gesluit vandat ons hier gekom het. Sal dalk 3 Augustus oopmaak.
Hulle verkoop ‘n naaldwerkskêr sommer in daardie geskenkpakkies van my jong dae. Skêr, vingerhoed (jy het reg gelees), koppiespelde wat maklik stomp word, en so paar ander noodsaaklikhede vir naaldwerksters.

Hierdie skêr is egter nie eens regtig geskik vir papier nie.
Ek het die Sjinese make in die winkels so gekyk en toe besluit om ‘n Jenome by Jenome self te gaan koop. Was nogal verras om die winkeltjie in Ust te ontdek. Ek het al vertel dat die aankoop van ‘n naaimasjien met ‘n les in Russies gepaard gegaan het. Lees gerus, dit was ‘n interessante ervaring.
Hier koop jy mos nie ‘n masjien nie, jy koop ‘n hele dit proses. Eintlik behoort hulle mens ekstra daarvoor te laat betaal. Alle masjiene word, nadat jy gekoop het, uit die boks gehaal. Elke partjie word gewys, ook waar dit gebêre word. En as jy ‘n naaimasjien koop, word sy en hoe sy werk eers gedemonstreer voor jy huis toe mag gaan.
Amper soos wanneer mens ‘n nuwe babatjie kry. Jy moet weet hoe om die nuwe dingetjie op te pas.
Ek het al van my verleentheid oor die worsmasjien vertel. Toe ek nie die twee ander groottes van die meulwieletjies kon kry nie. Terug winkel toe, net om gewys te word waar dit in die masjien gebêre word. Oulik, en sy het my die dag gewys, maar ek wou net dat sy klaarkry, dus het ek nie opgelet nie. Dink ekke.
Die eerste ding wat ek gedoen het toe ek in Suid-Afrika kom, was om by Metro in Menlyn aan te gaan en ‘n skêr te koop. En toe sien ek nog ‘n goeie een by Chamdor in Randburg en koop hom ook. Myne was ver verpak en tyd vir bokse gaan uitsoek was daar nie. So is die twee kosbare kleinnote veilig in my groot tas saamgebring.
Ek het so gestres dat iemand hulle graag sou wou hê en uit die tas haal. Maar dit is veilig deur alle lughawens hierheen gebring.
Dus kyk ek gister op Facebook so na die spotprente oor vrouens en hulle naaldwerkskêre. En ek verstaan hulle passie oor ‘n naaldwerkskêr. My vriendin Stoffie het die een gedeel.

Ek het so lekker gelag. Ja, daar is. Ek skat elke naaldwerkster is so oor haar skêr. Myne word nie uitgestal hy, hy word diep weggebêre.
Voor ek tot daardie uiterstes gaan, word myne maar veilig gebēre. Op plekke waar mans nie sal dink dat mens ‘n skêr kan bêre nie.
Anders word sy wel gebruik. Om enige iets te knip wat geknip kan word.
Ek moet sê, ek is dankbaar dat ek die skêr self veilig bêre, wil nie graag soos in die prentjie, wat ek op FB gaan leen het, onthou word nie (hooffoto).
Dit is natuurlik seker te sê as die arme oortreder daarna gaan onthou?
Twee spotprentfoto’s geleen op FB, ek weet nie wie dit geskep het nie.
‘n Tienerseun ontdek ‘n meeswonderlike skêr om mee te knip vir sy skoolprojek. Min het hy geweet hoeveel pyn, hitte en verdriet dit tot by sy ore sou bring. Net een skêr se knip.
LikeLike
O goeie genade, dit is dan waar? Ek sou nie my skêr gebruik nie.
LikeLike
‘n Tong is skerper as ‘n skêr….
LikeLike
Jy weet dan, daai goeters is heilig. Mens kry nie maklik weer een nie.
LikeLiked by 1 person
My twee ore het weer teruggegroei en die spitbraai oorleef.
LikeLike
Lag ek nou lekker, jy wou mos …
LikeLiked by 1 person
en geleer mos, die man respekteer daai lapknippers
LikeLike
Nou nog? Dan was daai vrou baie, baie kwaai. Spot sommer, myne los myne ook.
LikeLike
my ma was vyf voet en ‘n regte lady totdat jy papier met haar skêr geknip het
LikeLike
Weet presies waarvan jy praat. Ek het ‘n naaldwerkkamer gehad en bewaar die een wat dit sou durf waag om aan my skêr te vat. Oplossing… het vir elke kind (6 van hulle) hulle eie skêr gekoop… en dan nog ‘n skêr vir die kombuis. Dus was daar geen rede om in die naaldwerkkamer te kom rondkrap nie.
LikeLike
Daai is goeie idee, ek was ook heilig oor my plek. Siestog, dit is seker waarom my dollatjie nie aan haar masjien raak nie, het hom jare gelede vir haar gekoop.
LikeLiked by 1 person
Ekself het drie naaldwerk skêre…al doen ek glad nie meer naaldwerk nie, jy los my skêr uit….
LikeLike
Selfde die kant, daai skêre word nie maklik vervang nie.
LikeLike
Ek ken ook van die seker stories. Nou nog moet ek keer dat my naaldwerksker nie gebruik word nie. Net gou die pakkie oopsny! Ha, hiers n sker. GRRR, nie daardie een. Moet ook wegbere as ek klaar geknip het Al bly ek op my eie. Dis net as ek hom op tafel Los dat Boeta kom kuier en net gou…
LikeLike
Oe, ek verstaan dit. En dan is dit stomp.
LikeLiked by 1 person
Ek ken ook van die sker stories. Nou nog moet ek keer dat my naaldwerksker nie gebruik word nie. Net gou die pakkie oopsny! Ha, hiers n sker. GRRR, nie daardie een. Moet ook wegbere as ek klaar geknip het Al bly ek op my eie. Dis net as ek hom op tafel Los dat Boeta kom kuier en net gou…
LikeLike
Ek verstaan daardie een beslis. En mens kan nie help om kwaad te word nie.
LikeLike
Veral as die skêr tog gebruik word sonder dat jy dit kan keer. As jy weer wil sny is daar n plekkie wat haak en dis verby met Doris Day. Ek het n goeie storie herblog. Jy kan gerus lees. Amos is nogal n skrywer na my hart. Het al drie v sy boeke gekoop.
LikeLike
Ek sal bietjie gaan lees. Ek geniet goeie stories.
LikeLiked by 1 person
Ek stem. Los ons skêre uit. Skêre wat aan lap kou, ruk die lap heen en weer en jy moet oorsny en, en ennn… Jy moet dit beleef om te verstaan!
LikeLike
Daai is waar. Veral as jy haastig is.
LikeLike
Ek koop ook gereeld skêre. Seker die vrou met die meeste skêre in haar huis – sodat my naaldwerkskêr uitgelos kan word.😄
LikeLike
Hmm, inderdaad, hier koop manlief dit omdat myne weggesteek is. Ek wil ‘n masker maak en nou kan ek nie – ek moet eers gaan kyk waar het ek my snyding gesit?
LikeLike