Ek en my Bybeltoep

Ek het op 16 April, toe die inperkings hier en in Suid-Afrika verleng is, besluit dat ek die inperking so gaan bestry – deur die Bybel van voor tot agter te lees. Soos wat ek nog altyd wou.

Ek kon so tred hou met die tyd, so amper soos iemand wat in ‘n vliegtuigongeluk was en die merkies op die romp van die vliegtuig maak, om te weet hoeveel dae al verby is, soos Bondels vertel (sit asseblief skakel na die storie in die kommentaar, Bondels). Of soos sommige van die Survivors merkies in boomstamme maak, om te weet hoeveel van hulle 40 dae oor is. Dit is mos veertig dae?

Toe het ek nooit gedink dat Suid-Afrika tans as meer as 100 dae in ‘n grendelstaat sou wees nie. Toe ek hierdie inskrywing begin het, was ek amptelik by dag 74 en besig met Numeri, Lukas en Psalms/Spreuke. Ek hou van hoe dit saamgestel is: Ou Testament, Nuwe Testament en Psalms of Spreuke vir elke dag.

Nie-amptelik was ek by dag 76, twee dae voor, omdat ek wou seker maak dat ek nie agter raak as ons trek nie. Intussen het ek nie weer aan die artikel gewerk nie, dus is ek nou vandag, toe ek weer skryf, al by dag 89, ons is al twee weke in Almaty!

Vandag se deel van die leesplan om die hele Bybel te lees, het sulke belangrike woorde gehad. Ek het die boekmerk en die kleurmerke gebruik om dit aan te teken. As jy dan op meer kliek, kan jy na jou boek- en kleurmerke kyk om weer te lees.

Mens kry ook kentekens vir jou leeswerk of vordering met die toep, beslis iets wat help om elke dag te onthou om die Bybel te lees.

Vir die halfjaarlikse uitdaging moes ek ‘n leesplan kies wat ten minste een week duur en dit in Julie voltooi. Ek het, en toe kry ek die kenteken. Die hele Bybel ene is heel onder, ek is darem al by dag 90, maar sal eers in April 2021 met die ene klaar wees, as dit die Here se wil is dat ek so lank lewe, natuurlik.

Dit is een ding wat die inperkings ons geleer het, ons kan glad nie meer soos voorheen beplan nie. Nie eens om my familie op my verjaarsdag te sien nie. Om soos gewoonlik ‘n familieverjaarsdag te vier nie.

Dit is nie meer in my hande nie.

En ek vertrou ook nie diegene in wie se hande dit is nie. Dit is slegs in die hande van die Here, dit is die een gegewe waarop ek my toekoms op die oomblik bou. As die Here wil, sal alles geskied. Ek moet net geduldig wees. Hy maak so stuk-stuk deure oop wat ander nie kan sien nie. Intussen word almal in ‘n kokon gehou, om hulle te beskerm.

Manlief werk byvoorbeeld vandat ons na Almaty gekom het van die huis af. En dit het gehelp dat ek maklik hier aanpas. Strykwerk is vir eers minimaal, ons dra somerklere in die huis, geen langbroeke en langmouhemde vir hom nie.

Ek kan aandag gee aan die hoofstukke wat klaar moet kom. Maar iewers verdwyn die lus. En toe raak ek sommer weer opgewonde toe een artikel wat ek in hierdie lang grendeltyd tyd geskryf het, so pas goedgekeur is om in LitNet Akademies te publiseer.

Een van die bestes wat ek nog geskryf het, lyk dit my. Die kommentaar was so positief, ek het amper knop in my keel gekry. Want dit is een ding wat ek geleer het. Ek is baie goed met kritiese leeswerk, kan foute op myl sien en aanbevelings maak.

Maar as dit by my eie werk kom, lees ek oor foute. En ek dink ek weet waarom. Dit is omdat ek elke keer wanneer ek weer begin lees, anders skryf, beter maak en dan nie sien dat ek nie ‘n tikfout raak wat ek toe gemaak het nie. Soos om byvoorbeeld soos ‘n apie een woord te herhaal … Dan lees ek weer, redigeer ek weer en so gaan dit aan. Elke keer is daar kans vir ‘n tikfout …

En nou gaan ek eers die hoofstukke vir die dag lees. Sien nog ‘n dag of twee het verbygegaan voordat ek hierdie een gepubliseer kon kry. Numeri is amper klaar, dan is dit tyd vir Deuternomium. En as ek weer sien, het ek een derde van die Bybel deurgelees.

Terloops, hierdie inskrywing was geskeduleer, dus is ek al by dag 91.

Ek hou nie daarvan om dieper in verse in te delf nie, ek geniet dit om die Woord te lees soos dit voor my staan. En te merk waar ek verse weer maklik wil opspoor.

In Julie was daar ‘n halfjaaroefening. Ek moes ‘n leesplan wat ten minste 7 dae duur voltooi om die kenteken te verkry. Dit het ek gedoen, saam met die hoofstukke vir die dag. Om hierdie kenteken te kry.

Ek lees egter nie vir die kentekens nie, ek lees omdat ek die Bybel een keer wil deurlees. Van die begin tot die einde. Omdat dit my begeerte is, nie omdat ek belonings wil kry omdat ek dit gedoen het nie. Dus verkies ek die telling wat vir my gehou word bo die kentekens. Ander mag daarby baat as hulle belonings nodig het. Probeer dit dus gerus.

Dit is ook lekker om te sien hoe die balkie groei om die doel te bereik. 365 dae.

En ek bid … Mag hierdie tyd ‘n einde kry.

As jy die toep ook wil gebruik, kan jy op hierdie skakel kliek om dit af te laai.

7 gedagtes oor “Ek en my Bybeltoep

  1. Ek het vroeg in my vernuwingsfase die Bybel ‘n paar maal deurgelees en uiteindelik vir 13 jaar ‘n studie gemaak van hoe die NT saamgestel is, wanneer, hoe, deur wie en hoekom. Meer nog: wat is weggelaat, wat is ingevoeg. Ook maar goed my ou blog op ‘n ander platform is verlore. Die ooms sou in hulle snuiftwak verstik.

    Like

          1. Nee, dit was die FICA-wet en ‘n rassisiese Xhosa-bankklerk wat my bankrekening opgevoeter het, toe kon borge nie geld stuur nie. Ek het meer as 1,1 miljoen lesers gehad.

            Die ander blog met sesduisend vyfhonderd lesers is uitgevee terwyl ek hondnaar was van beroerte. Mens kan nie sulke tye dink nie. Ek kon nie lees, skryf of spel nie.

            Like

          2. Hehehehe ek kan my ook soms vererg en dan wil ek sommer ‘n 747 in die gebou laat land.

            Like

Laat 'n boodskap na Pete Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.