Gepubliseer in Joernaal

Downton Abbey, goeie plaasvervanger vir When Calls the Heart

Ons het Engelse sepies hier ontdek. Omdat ons nie op Amazon Prime Video of Netflix Afrikaanse sepies kan sien nie. Weet nie of hulle daar is nie, want baie van die goed het mos geo-sperrings op.

Op geo-sperrings mag ek nie kommentaar lewer nie, want ek sper toegang tot my eie Arend toep vir onderwysers in sekere lande om kunerkrakers weg te hou. Dus leef ek maar met die geo-versperrings hier saam.

Ek het al vertel dat ons hier op When Calls the Heart afgekom het. So ‘n goedvoelreeks. En toe wou ek weet wat ons daarna kan kyk. Want vir skop-skiet-en-slaan sien ek nie kans nie. Ook nie vir lief en bedrieg reekse nie.

‘n Blogvriendin het Downton Abbey aanbeveel.

Ma se kind! Die eerste episode van die eerste reeks het ons amper na ‘n ander reeks laat soek. Onthou, die episodes is ‘n uur lank. Dit was marteling.

Hoge Engels, eeu gelede se aristokrate. Ek kon nie vereenselwig daarmee nie. Maar toe besluit ons dat dit aanbeveel is. En dat ons tog maar na die tweede een gaan kyk.

Gou was ons aan die reeks verknog. Het so pas met reeks vyf begin. Net soos met When Calls the Heart het ons van daardie mense geword wat sommer drie of vier episodes na mekaar kyk.

Kon nooit dink wat seun en sy vroutjie in die Netflix reekse sien nie. Hulle kyk natuurlik wilder goed as ons.

Ons hoor genoeg van moord en doodslag in Suid-Afrika en die wêreld.

Wanneer ek na ‘n reeks kyk, is dit lekker om saam met die goeie mense ‘n goeie lewe te lei. Is dit lekker as die goeie die kwaad oorwin. En wil my hart nie toelaat dat ‘n man wie se vrou onteer is, hang omdat hy die ander man die ewigheid ingestuur het nie. Dit is nou te sê as hy het?

As jy ook na ‘n reeks soek waarin die goed die kwaad oorwin, volg gerus Downton Abbey. Mens raak gou aan die taal gewoond, ek geniet dit eintlik. Die reis in die verlede in.

Het saam met hulle die koms van die telefoon en die draadloos gevier. En vliegtuie was nog nie ontdek nie, hulle reis sover nog met pragtige treine, ou motors en skepe!

Foto-krediet: https://m.imdb.com/title/tt1606375/

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Downton Abbey, goeie plaasvervanger vir When Calls the Heart

  1. Downton Abbey! 😊 Ek was MAL daaroor! My seun het dit vir my afgelaai op ‘n stokkie en ek het nagte deur gekyk tot op die end.
    Ek het nog nie weer ‘n plaasvervanger daarvoor gekry nie. Ek sal bietjie soek vir hierdue een.

    Like

  2. DIs die onding van al die episodes wat dadelik beskikbaar is…mens hou nie op kyk nie!!! Geniet Downton…goeie reeks!

    Like

  3. Ek het Downton van die begin af gevolg en weer oorgekyk ook. Nou wag ek vir die fliek. Ek kon weer nie lekker vat kry aan When Calls the Heart en het sommer vroeg boedel oorgegee.

    Like

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.