Gepubliseer in Joernaal

‘n Weirdo ervaring in Qazaqstan

Ek het al vertel dat ons op 2 Maart 2019 die lang pad na Qazaqstan aangepak het. Dit was reeds tyd vir Lente, maar Winter wou haar nog nie toelaat nie.

Daarom was dit ysig. En is Lentedag met kunsblomme gevier, sommer baie daarvan. Vrouedag ook, kunsblomme, selfs die bome het gekleurde kunsblomme gehad. Want sien, as die natuur nog nie vir Lente wil verwelkom nie, dan word kunsblomme hier ingespan om ‘n vrolike atmosfeer te skep.

In die huise was dit snoesig. Ons het met bandjiesbloese en kortbroeke in die huis rondgeloop. Die sentrale verhitting is eers daarna afgeskakel, dus seker hier iewers teen die einde van Mei. Buite was die vriesend koud, so koud dat mens se broek en jas en hare en serp voel of dit gou in die vrieskas was. Binne snoesig, soos ek reeds geskryf het. In restaurante, huise, winkels.

Die somer was nie lank nie. Toe ons in Julie gou ‘n draai in SA gaan maak het om uit ons huis te trek, het ons nog met ligte, warm, gansveerbaadjies in die strate geloop. Ons huise was kouerig nadat die verhitting afgeskakel is, buite het dit begin warm word. Maar nie die warm wat ons ken nie.

Ons het eers Julie en Augustus gevoel hoe warm voel en dit is nogal warm as mens buite is, 38 grade Celsius.

Maar net as mens buite is. In ons huis is dit koel, want daar is die hele dag ‘n briesie wat deur die vensters inwaai. Ons het wel begin om somersklere te dra. Bandjiesbloesies buite gedra. En die son het al vroeer opgekom en al later gesak, voor vyf op, naby tien in die aande af.

Iewers tussen my verjaarsdag (17 Augustus) en vandag het die son al later opgekom. En gisteraand teen halfsewe het die luie mannetjie al weer gaan slaap. Om ons daaraan te herinner dat die dae nog korter gaan word, as dit eers winter is.

Die weervoorspellers beweer dat die eerste sneeu einde Oktober gaan val.

Maar ek is geneig om te wonder. Die temperature gaan teen die naweek reeds na 2 grade Celsius daal, darem net saans as ons al in die bed is. Maar steeds, enige water in die lug sal dan kan begin vries.

Natuurlik het sneeu hitte en koue nodig, dus moet dit ook warm genoeg word vir sneeu. Die vraag wat ek hier wil vra, is hoe warm is warm genoeg. Want sien, as dit -20 is en dit word -10 is dit mos ook heelwat warmer as -20?

Vandag het die son besluit om die hele dag weg te kruip. En ek merk dat die son ook nie meer op dieselfde plek opkom nie, dit het heelwat suid op die horison geskuif. En dit is nogal koud. En dit is waar ek by die titel kom:

Dit is ‘n weirdo ervaring in Qazaqstan.

In die winter, wanneer die kwik na -40 daal, dra ek kort somergoedjies in die huis. Want dit is net te warm om aan warm klere te dink. En in die somer (dit is seker al herfs, maar alles is nog baie groen buite) sit ek agter my rekenaar in my huis met my gaansveerbaadjie aan, lang romp. Langmoubloes. En ek kry steeds koud.

En ek vermoed ons gaan heelwat kouer kry voordat die verhitting aangesit gaan word.

En nou weet ek waarom daar op die kas in die gang ‘n baie dik kombers is. Ek neem aan dit gaan in die somer (herfs) afgehaal word om snoesig te kan slaap … Tot die verhitting aangeskakel word.

Gaan ons koud kry? Ek twyfel glad nie daaraan nie. Dit is klaar tussen 18 en 2 grade Celius, so ons herfs is soos SA winter. Volgende week gaan ons blykbaar die minusse in …

Foto: vanoggend van ons stoepie af geneem, sê asseblief dat jy kan sien hoe koud dit is …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “‘n Weirdo ervaring in Qazaqstan

  1. Dit lyk defnitief koud, Christa. Moet sê, ek kan my glad nie voorstel hoe dit moet wees om met somersklere in die winter in jou huis te kan rondloop nie! Dit klink heel gerieflik en lekker.

    Like

  2. Dit klink koud. Hier is dit ook warm in die huise en buite verkluim n mens amper Gelukkig gaan die temp net tot -7 as dit regtig koud is. Die kort dae en lang nagte in winter en dan weer laaaang dae met kort nagte is ook nogal iets anders. Jy is nog nader aan die noordpool en die son is verder van jul af as dit winter is. Hoe lank sal jul daglig in middel van winter wees? Is daar darem daglig?

    Like

          1. Jong ons Skuif die tyd mos n uur terugof te wel dis day light saving. Dan is dit amper donker as dit vier uur in die middag is. Mens staan ook op in die donker en gaan donker huistoe, Dan is dit nog koud ook. Na tien jaar is ek redelik gewoond aan die donker veral omdat ek al half agt by die skool moet wees.

            Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.