Gepubliseer in Reisjoernaal

Pragtige kouse in Qazaqstan

My man se Russiese medewerker het ons met ons aankoms hier na ‘n open market geneem waar alle soorte kosse, melkprodukte en vleis onder verkoop word. En klere bo.

Nadat Elena vir ons die aanwysings gestuur het, sit ons af daarheen. Wens ek kon manlief in die RSA so maklik in ‘n kar kry. Hier is hy soos daai tweetjies op die TV met hulle Duster. Ons het mos nou ook een.

Ek kan dit verstaan. In die week kom sy drywer hom soggens oplaai en saans aflaai. Een van sy perks. Aangesien parkering by die werk beperk is, verkies hy hierdie byvoordeel. Met die gevolg dat Dusty vir wie ons so gespaar het, in die week staan en stof vergader …

Ek dwaal weer af. So sit ons toe gister af na die open market. Kan nie eens onthou waarvoor nie. O ja, vir melk en botter. Ons stap deur die vleisafdeling, sien eerste perd. Sien dit op afstand, baie donker vleis.

Die vrou probeer my aandag trek, maar my lus vir vleiskoop is weg! Ek sê vir manlief ek wil uit! En daar gaan ons. Niks gekoop nie. Hy het egter langs een van die glas geboue in die parkeerarea gestop en ek wil so lankal sien wat binne is.

Binne is die mooiste handdoeke. Sagte onderkleertjies en die mooiste kouse. En dit is eintlik wat ek vandag wou vertel. Ek weet nie of daar in die RSA ook sulke kousies is nie. As daar is, lewer maar kommentaar en sê vir my.

Ek het sewe pare gevat, kon nie kies nie. Daar is nog baie meer soorte. Ek deel die prentjies met julle!

Kyk die oulike deurskynende deeltjies!

Hierdie laat my aan babakousies dink.

Die Kazakhs hou nogal van geskrewe deeltjies.

Amper soos sykouse, maar fyn geborduurde blommetjies. Het dit vandag aan en voel baie vroulik!

Soortgelyk aan vorige paar.

Laat mens ook aan babakousies dink. Tot jy dit aantrek! Daai fyn gevoel is lekkerder as fyn onderkleertjies!

En ek kan hulle lus vir fyn kousies verstaan. Hulle dra tekkies en toe skoene. Aanvanklik was dit vir my baie lelik. Nou verstaan ek. Dit is die laaste maand van lente en dit is nog koud.

Ek wat van fyn sandaaltjies hou het bes gegee. En dink nou al selfs hulle skoene is mooi. Vandag drie gesien wat ek wil hê. Laas oë toegeknyp en gekoop omdat dit prakties is!

Fyn sandaaltjies gaan nie hier werk nie. Dus pak die lus my ook beet. Om sulke skoene te dra.

As die skoene lelik is, maak jy die binnekant van jou skoene fyntjies! Dit is ‘n noodsaaklikheid om mooi kousies aan te hê as jy gaan kuier, hier word skoene by die voordeur uitgeskop. En dan loop ek op die fyn goedjies rond.

Dit hou baie lank en kos so R30 per paar.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Pragtige kouse in Qazaqstan

  1. Ma sê sy sal daai winkel leegkoop met daai mooi kousies. Die eerste fotos lyk nes balletskoene. Dis tog te oulik! Sy hou ook van sulke tipe kouse. Op een stadium het hul kouse met tone verkoop en sy was mal daaroor, nou sien sy dit nie meer nie. Dankie vir die deel van die mooi kousies. 🙂

    Like

  2. Te mooi, ek sal vir dit net wil uitstal. Kan jy dink as ek uiteindelik my droom bewaarheid van my eie Air b&b, en saam met die handoeke wag daar so mooie pr kousies vir my dames gaste op die bed. Hulle sal mos meer as bederf voel as hulle so pr kousies hul eie kan maak.

    Like

    1. Sjoe, ek sê jou, hulle sal jou lief! Ek voel soos koningin as ek ‘n paar aan het. Ek het mooi gekyk, ek sien nie die sokkies by die lelike skoene uitsteek nie. Ek dink mens loop daarmee in die huis. Ons loop mos sonder skoene hier! Skoene word by die voordeur gelos …

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.