Manlief is ‘n boer, ‘n man wat van braaivleis, bier en biltong hou. En natuurlik die Blou Bulle.
DSTV het nog nie in Qazaqstan uitgekom nie, dus is ons op ‘n VPN aangewese om dit wel te kan kyk. Maar die selfoonskermpie is klein en ons soek ons sepies en sy rugby op ‘n groot skerm. En dit kan blykbaar met Apple TV gedoen word.
So vra ons baie mooi dat iemand in Almaty vir ons een koop (R5000) en saambring, ons kon nie wag dat dit eers ‘n week later afgelaai word nie. Maar o weë, ons kry dit nie gewerk nie.
Dus is ons na twee maande steeds op die selfoon aangewese om sepies en rugby te kyk.
Laas week sukkel ons om onsies te neem. Die selfoon teen my handsak is baie laag op die grond, maar ons het tog hierdie een geneem gekry.

En hierdie ene …

En toe dink ek dat ‘n driepoot in my handsak die ding kan doen om onsies te neem. Dié is gekoop en die aand word hy sommer ook ingespan as staander vir ons piepklein TV om sepies te kyk.

Tot nou toe was manlief se hand ons staander! Wat nie altyd stil was nie. Veral nie as ons Dinsdae binge met Binnelanders. Suidooster, Getroud met Rugby en Arendsvlei op die kerfstok nie!
En nou het manlief ‘n nuwe staander om rugby te kyk …

terwyl hy braai


of om TV in die huis te kyk.
Dit gaan net tot die einde van die maand moontlik wees omdat ons ons DSTV gestop het, in meegevoel met die vyf manne van Die Land waarvan ‘n Ghoema gesteel is. En my sangheld, Steve Hofmeyr. Vir ons gaan dit vir die voortbestaan van Afrikaans.
Ons gaan die sepies mis, maar dink wel iets sal gebeur dat ons dit kan kyk. Sonder om DSTV R1000 per maand te betaal om hulle mag te versterk.
Indien nie, gaan ons ook nie lang trane huil nie. Dan is dit tyd om weer die leesboeke uit te haal. Dit het ons gedoen voor TV oorgeneem het en ons net prentjies hoef te kyk.
Dalk moet jy Netflix probeer… daar is nogal heelwat om te kyk. Maar ‘n goeie boek is natuurlik nie te versmaai nie.
LikeLike
Ons het gekry, maar ek kry nie Afrikaans daarop nie. Sommer hartseer, maar ek is seker Afrikaans gaan ander kanaal skep.
LikeLike
Daar is n Afrikaanse kanaal maar ek kan net nie so vinnig onthou wat dit is ne…sal probeer uitvind
LikeLike
Baie dankie!
LikeLike
Lees is baie lekkerder en ons koppe vat ons soveel verder as wat ‘n tv kan. Maar o weë my man sou verseker gehuil het as hy nie kon sport kyk nie. Al wat ek sal mis is van die golf, F1 en tennis. Maar vir die res neh…
LikeLike
My man mis, maar gaan oor dit kom. Hier is nie alternatiewe nie. Twee Engelse kanale, CNNen nog een. Res is Russies en Kazakh!
LikeLike