Ek was op universiteit gek oor koeksisters. Was van 1979 tot 1981 in Madeliefkoshuis by Tukkies. En ek is werklik dankbaar dat die Universiteit van Pretoria Madelief se naam laat bly staan het. Want in my tyd het ons Madelief se kleuterjare gevier. Sy het drie en vier en vyf geword en elkeen daarvan het met partytjies gepaard gegaan.
Lees voort “As manlief koeksisters belowe …”Etiket: ust’-Kamenogorsk
Drie brabbelgesprekke
Ons lag gereeld omdat manlief se werkers vergeet dat ons al ses maande hier is. En oorneem as ons iewers saam is. Om die uitlanders te help bestel of koop.
Lees voort “Drie brabbelgesprekke”So bly ons warm as dit sub-zero raak
Toe manlief die aanbod kry om in Ust-Kamenogorsk (Öskemen) te kom werk, wou ek nie kom nie. Qazaqstan was voorheen deel van Rusland. En Russies of Qazaq verstaan ek nie. Verder het die kwik einde Januarie toe hy gekontak is na -38 grade Celsius gedaal. En my brein wou nie glo dat mens nie dood sal vries in hierdie land nie.
Lees voort “So bly ons warm as dit sub-zero raak”Ust-Kamenogorsk, woonplek van die werkers
Scrapy het ons uitgedaag om meer oor ons huidige blyplek te vertel. Hier is myne.
Lees voort “Ust-Kamenogorsk, woonplek van die werkers”Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop
Ek het ‘n Bernina tuis. En ek lief haar. Was altyd Elna-aanhanger, maar toe bied Bernina beter diens in Roodepoort. Maar my omkapmasjien is steeds ‘n Elna. Die twee moes tuis bly toe ons na Qazaqstan toe kom. Omdat die twee make nie hier te koop is nie.
Lees voort “Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop”Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan
Ons is mos op 2 Maart 2019 met ons vier groot tasse (32 kg elk, Lufthansa besigheidsklas), vier klein tasse (8 kg elk) en my handsak na Qazaqstan om vir drie jaar hier te kom woon en werk.