Het jy iemand al soveel vertrou dat jy hom met jou persoonlike lewe ook vertrou het, net om later agter te kom dat hy (of sy) ‘n skurk is? Wel, ek het. En ek moet seker nie verbaas wees nie, want ek is geneig om mense die voordeel van die twyfel te gee …
Lees voort “Hy is toe al die tyd ‘n ongure karakter …”Etiket: Tegnologie
533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel
Saterdag 3 April 2021 het Alan Gal, ‘n kubersekuriteitsagent, ontdek dat 533 miljoen Facebook gebruikers se persoonlike inligting gratis in ‘n forum vir kuberskelms gedeel is.
Lees voort “533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel”
My iPad luister in …
Gister stuur vriendin Mia vir my ‘n Signal boodskap uit Kazakhstan. Hi, ek is in Almaty en ek mis jou.
PicCollage vir my titels en foto’s
Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente ‘n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto’s omdat ek ses foto’s in een foto kan plaas in plaas daarvan om hulle apart te plaas.
Tyd om adresboekie skoon te maak …
Met die hooffoto gee ek my ouderdom lelik weg. Ek het so ‘n adresboekie in jy huis gehad, my ma ook …
Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …
Ek was in Januarie 2020 vuur en vlam en het voorstelle vir drie boeke ingestuur. Al drie is aanvaar. Teen middel Maart het ek geweet dat ek drie hoofstukke gaan moet skryf. En ek was vuur en vlam, want dit was goeie nuus en ek het geweet wat ek wou ondersoek.
Lees voort “Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …”