Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel

Saterdag 3 April 2021 het Alan Gal, ‘n kubersekuriteitsagent, ontdek dat 533 miljoen Facebook gebruikers se persoonlike inligting gratis in ‘n forum vir kuberskelms gedeel is.

Hierdie inligting sluit telefoonnommers, land van herkoms, geslag, geboortedatums, adresse en ook e-posadresse in.

By navraag het Facebook gesê dat dit ou data is. Die probleem – wat die kuberskelm in Augustus 2019 toegang tot die data van 533 miljoen mense gegee het, is toe reggestel.

Dus het Facebook in Augustus 2019 al geweet dat die data van 533 miljoen gebruikers vanaf 109 lande gesteel is. Sonder om ‘n enkele aankondiging te maak om die gebruikers teen kuberskelms te waarsku nie. Te waarsku dat hulle versigtig moet wees want hulle data is nou in die hande van kuberskelms.

Die vraag wat gevra moet word, is hoe oud is die OU data?

En waarom dink Facebook dat ou data nie ‘n probleem is nie.

Ek weet van baie Facebookgebruikers wie se telefoonnommers van toeka se tyd af al dieselfde is, so ook hulle e-posadresse. As hulle nie hulle e-posse en telefoonnommers sedertdien verander het nie, besit die kuberskelms regte data waarmee hulle die gebruikers kan pla en selfs kan maak asof hulle die gebruikers is. Verder wil ek graag weet hoe oud is data oor geslag, ouderdom, name en adresse? Dit is nie oud nie, dit is relevant en bruikbaar!

Dit is waarom “dit is ou data” ‘n baie dom en onverantwoordelike antwoord op die navraag is. ‘n Groot persentasie Facebookgebruikers verander nooit hulle telefoonnommers of e-posadresse nie.

Facebook het nie stelsels in plek om data te beskerm nie, dit is ‘n baie groot probleem as soveel mense se persoonlike inligting met kuberskelms gedeel word.

Maar, daar is ‘n webwerf waar jy kan gaan kyk of jou e-posadres gesteel en gedeel is. As dit is, sal dit ook vir jou wys waar jou data heen is en van watter webwerwe jou data gesteel is.

Klik op hierdie skakel om daarheen geneem te word: https://haveibeenpwned.com/

Tik jou e-posadres in en klik op pwned? Dan sal die antwoord kom. My een e-posadres was nog nooit gepawn nie, maar ek gebruik hom ook baie spaarsamig en glad nie om by enige webwerf in te teken nie. As jou data op ‘n stadium gesteel is, kan jy sien waar dit gebruik is. Ook van waar dit gesteel is.

Soos jy kan sien, is Facebook gelys onder van die grootste datadiefstalle en ook onder die nuutste datadiefstalle. As jy jou persoonlike inligting soos adres en telefoonnommer met Facebook gedeel het, moet jy dadelik jou wagwoord verander. Ek sou selfs aanbeveel dat telefoonnommer en adres ook van Facebook verwyder word. Maar, wees bedag daarop dat datadiefstal plaasgevind het. En dat jy die teiken van identiteitsdiefstal en ander bedrog kan word. Mense wat jou -er telefoon gaan kontak.

Dit is belangrik om vir elke webwerf waar jy aansluit ‘n eie wagwoord te kies. Die diewe gebruik die wagwoord wat gesteel is om te bepaal of jy dieselfde wagwoord vir ander webwerwe gebruik het. Dit help hulle om dan ook in daardie webwerwe in te gaan – onder die voorwendsel dat dit jy is wat ingaan. Om nog verder te steel, bedrieg of slegte dinge vir jou te beplan.

Waarvoor die diewe dit soek, sal mens mettertyd uitvind.

Bronne

https://www.businessinsider.co.za/stolen-data-of-533-million-facebook-users-leaked-online-2021-4?r=US&IR=T

https://cloudtweaks.com/2021/04/533-million-facebook-users-had-their-data-stolen-and-leaked-online/

https://edition.cnn.com/2021/04/05/tech/facebook-data-leaked-how-to-tell/index.html

https://localnews8.com/money/2021/04/05/was-my-facebook-data-leaked-heres-how-to-tell/

https://www.paymentsjournal.com/stolen-facebook-data-is-leaked-and-leaked-again/

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.