Daar is twee weerverskynsels wat Suid-Afrika soms lig en soms swaar tref, naamlik La Nina en El Nino. Laasgenoemde sorg vir droogtes, La Nina vir kouer weer en baie reën, soos wat ons nou aantref.
Etiket: Suid-Afrika
Doringdraad Kontrei-Kuierplek
Ek weet ek het dadelik jou aandag: Ons is mos nie die kuiersoort nie, en dit klink soos ‘n kuierplek op die platteland. Die naam laat mens aan rugby dink. Wat was daardie naam nou weer? Kamp staaldraad?
Uit my prille jeug … pret met water
Scrapy daag ons die week uit om oor avontuur met water te skryf … en dit vat my na my kinderjare terug, veral omdat sy gesels oor ‘n weghardloop en -kruip episode op ‘n boot. Daarom het ek so bietjie afgedwaal van avontuur ….
Waarom kies ek Signal?
Ek dink ek kan met sekerheid sê dat Signal die toep van my keuse is. Wat my persoonlike veiligheid en sekuriteit betref. En wat die maklike gebruik daarvan ook betref.
Hoe veilig is WhatsApp?
Mark Zuckerberg het WhatsApp vir ‘n aardige bedrag gekoop, ek lees vandag dat dit hom $55 dollar per gebruiker gekos het. In 2016. Sedertdien probeer hy om mense se WhatsApp inligting te bekom. Uiteindelik het Brian Acton, die een ontwikkelaar van WhatsApp uit sy posisie by Gacebook bedank. Het selfs $50 miljoen in die ontwikkeling van Signal gestoot. Omdat hy weet wat Facebook met persoonlike inligting wil doen?
Wie lees my Afrikaanse blogs?
Ek voel al ‘n geruime tydjie om hierdie vraag te vra, want ek kyk so na die statistiek wat WordPress gee. Verwag om Suid-Afrika op die kaart te sien, net Suid-Afrika. En dan is lande wêreldwyd pienk gemerk om aan te dui dat my werk oor die grense van die land gevlieg het.