Ek lê bykans elke oggend en luister na die reën op die sinkdak van die afdak voor ons woonstel in Kathu. ‘n Warm dorp? Ek het dit nog nie so beleef nie.
Etiket: Suid-Afrika
Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd
Bloguitdaging: Scrapy vra dat ons skryf oor iets nuuts wat ons in 2020 leer doen het.
Kathu – ‘n dorpie in die Noord-Kaap
Ek het nog nie regtig vertel nie, dus doen ek dit eers voordat ek meer oor my nuwe omtes kan vertel.
So – ek is nie ‘n mens nie?
Ek beskou myself nog altyd as ‘n mens.
‘n Mense-mens. Jy weet, een van daardie wat altyd tyd sal maak vir ‘n geselsie met ander. Een wat verhoudings belangriker ag as enige ander vorm van kapitaal. Sosiale kapitaal bring my ver. So word my liefdestenk vol gemaak want ek weet gewoonlik waar ek kan help. En wie my kan help …
Bloguitdaging – geliefde of spesiale klere
Ek het lanklaas aan my blogvriendin Scrapy se bloguitdagings deelgeneem, miskien omdat ek besig geraak het, miskien omdat ek haar kommentaar op my eie blogs, maar veral haar deelwees aan die avonture van Rebusfontein gemis het.
As ouma kleinkinders oppas …
Ek was die afgelope tien dae baie stil. Want manlief het vir eers alleen na ‘n dorp ver van hier gegaan. Om daar op die myn te werk. En vir ons blyplek te kry. Ek moes eers alleen agterbly.